Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
nou dat daar met sekerheid gese kan word dat 'n wit bakkie is uit soos 'n bier drink in die konsestorie nou wat van 4x4 teenoor 'n 4x2 difflock en 'n gewone bakkie?
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
220, Taf....
Glo julle nou dat daai gekwakifaaide jakke kom gebore uit die "wit bakkie jagter" se doen en late of sal julle dit eerder toeskryf aan ander slegte of verkeerde jaggewoontes?...Dalk van manne met regte bakkie kleure, wat maar net Cowboys met roepers is??
Kom ons vat 'n fiktiewe jagter, noem hom sommer Mr Millir. Ons neem aan hy is een van die top 5 Jak jagters in die land tov syfers en speen persentasie in die gebiede wat hy konstant jag.
Nou gebeur iets met sy trokkie en hy is genoodsaak om in 'n wit, leentrokkie te werk. Gaan die man die pyp kan rook? of gaan die wit kleur trok hom nou skielik onprofesioneel laat?? Lê die issue nou by die kleur van die trok of die by die persepsie van die klient?? Gaan die Millir se naam nou skielik skinder gange toe??
Ek wonder of dit nie dalk net 1dag 'n poefie jagter in 'n wit trokkie was wat die slegte konnitasie by die mense gelos het nie.
Ek luister graag na julle insette.
Cheers

Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)

-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
NicoSmit wrote:nou dat daar met sekerheid gese kan word dat 'n wit bakkie is uit soos 'n bier drink in die konsestorie nou wat van 4x4 teenoor 'n 4x2 difflock en 'n gewone bakkie?
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Cobus
Dit is nou net hier waar ek my baie duidelik wil maak:
1. Witbakkie gaan jou nie onprofessioneel maak vir 'n paarkeer se noodgedwonge gebruik nie. Witbakkie mag tot die probleem oplos, maar gaan al die kliente daarmee tevrede wees? Ek reken om jou maand te rek sal jy tog die bakkie moet kamoefleer om maksimum dae/nagte te kan jag. Ek het reeds dit in vorige post genoem dat een jagter op witbakkie dit moeilik kan maak(dit gebeur reeds en daarom het ek die topic begin) vir jagter wat regtig die donkerste maan kies om met so ongekamoefleerde bakkie te jag.
2. Dit is tog so dat 'n gekamoefleerde bakkie net meer prakties en sagter op die oog van die klient sal wees. Dit gaan ook beter in die veld werk waar dit saakmaak.
3. Dit is gevaarlik om dit as praktyk te doop in vandag(220 Swift se woorde) se "moeiliker jakkalse" wat moeilker word.
4. Skindergangpraatjies word deur onsuksesvolle jagters aangevuur! Dadelik word gewere en teleskope, kleur van die bakkie as verskonings gesoek, NOOIT by jagter self nie.
Mooiloop

Taf, jy sit dit mooi uiteen.
My grys bakkie ry ook maar deesdae met 'n coat waterverf soos Blok ons geleer het.
Verbaas my net dat hier net so paar manne is wat hier op Jakkie onderwerpe saampraat...tog (soos op daai foto)...staan die wit bakkies in rye....
As ek vinnig terug dink na die laaste 2 opse...Cradock daar by julle, en Red die Veld lewe, hier by ons laasmaand, is die verskil in bakkies baie duidelik...ek glo nie daar was meer as 2 wittes in Cradock nie, tog hier in Gauteng is wit en silver baie alledaags.
Ek het iewers op 'n ander post genoem hoe ek oor 'n buurman(Boer) se wit bakkie lig, dan sien ek oge en kry 'n vokale reaksie van 'n jak, so 60 tree skuins agter hom, ook genoem dat Jakke hier by ons nie 2km ver loop nie dan is hy al oor 'n teerpad of iets dergliks.
Jy onthou self hoe naby ons aan daai garage of iets hier in Pta was toe jy daai 3 ingeroep het.
Net soos (iemand het dit al gepost) 'n jak in die ligte van 'n trekker rondhol en speel, muise jag, omdat hy nie die trekker met gevaar assosieer nie, net so dink jakke nokkol van bakkies hier by ons...(as hy nie al slim geskiet is nie)
Daar by julle glo ek is dit 'n moerse verskil..Ek sien al my vriend Jassie in 'n wit bakkie....dit sal die ou se dood beteken...
Daar by julle is die jakke so skugter, daar word selfs paaie gebou na hulle toe....(Cassie)
Nous my broek lekker vêr afgetrek vir slae...maar nou ja, so gesês ons maar saam saam...
PS, as jou bakkie regte kleur is, jou ligte is lightforce, jou geweer is regte kaliber, en jou scope is reg vir nagjag.....dan kan net jy, die jagter, die aap wees.

.220 Swift
- Full Member

- Posts: 167
- Joined: Sun Jan 17, 2010 8:36 pm
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Ons kibbel nou oor kleinighede.
Kleure, klanke, wind, maan, dimmers, silencers, newbies, pro's ens ens ens is elkeen 'n bespreking op sy eie werd.
Kom ons staan eerder bietjie terug en kyk na die groter prentjie: dit word al hoe moeiliker om jakkalse te jag in die skaapboer wereld van die Karoo .
Hoekom?
Miskien moet ons by die geskiedenis begin. Jakkalse en katte was nog altyd 'n probleem as die prooi "domesticated animals" is. Tog was daar 'n tyd toe boere nog 'n lewe uit skape kon maak sonder geelektrifiseerde drade. (Klink my van al die opsies op die tafel, is dit die beste - en duurste?)
Maar dit was ook in 'n tyd toe almal met skape geboer het. Geen naweek boere nie, geen wild boere nie, geen beesboere nie. Net skape. En die skaapboere het die ondiere as 'n kommando gejag. (Lees gerus Louis Botma se boek - Losbaadjiesak - om 'n idee te kry van hoe ernstig die probleem benader was.)
Duidelik is daai era verby en ander reels geld nou.
My mentor om jakkalse te jag, was John Finch. Dit was in die 90's. Miskien is daar ouens op die forum wat hom nog onthou? Van alle dinge - n Ingelsman! John het wel 'n wit Toyota Hilux gery. 4x4. Dubble cab. Maar slegs om hom tot in die jagveld te kry. Sy voete, fluitjie, 243 met Harris bipod, Lightforce met rooi filter en dra battery was sy enigste toegewing aan tegnologie. En vir 'n Soutie kon ou John bleddie goed skiet.
Ouens soos John het baie meer jakkalse uitgehaal as wat hy geleer het. Selfs vandag nog kan sy tegnieke nie kritiseer word nie omdat dit so "suiwer" was.
Toe kom Hein, Hendrik en Taffie. Ook Tewis, met sy "caller". Die manne het tegnolgie "gepush" tot waar dit vandag staan. En as skuts kan hulle die tegnologie "backup". Die koms van die internet en forums soos die, het kennis wat aan 'n paar "experts" behoort het, allemans kennis gemaak. Ewe skielik is jakkalsjag sommer in dieselfde klas as springbok jag.
Baie meer ouens jag nou jakkalse as ooit tevore. Tog is ons nie besig om die "fight" te wen nie. Inteendeel, in my beskeie opinie, die jakkalse word net al hoe meer skelm.
Hoekom?
Iemand is besig om hulle te leer. Kannie die voltydse ouens wees wat 'n lewe daaruit maak nie. Hulle het potentieel te veel om te verloor en uit hoofde van die feit dat hulle wel 'n lewe daaruit maak, is hulle bone fides bo verdenking. Dit moet dus die res van ons wees - die wat 'n beroep, werk of besigheid het en wat dit as 'n "hobbie" beoefen. Die van ons wat niks het om te verloor nie. Ons is nie die boer wat die verlies ly nie en ons is nie die jakkalsjagter wat dit al hoe moeiliker vind om 'n inkomste uit die skiet van jakkalse te verdien nie.
Wat is die antwoord?
Kursusse, natuurlik! Dis 'n wen-wen resep. Aan die een kant is dit vir die "expert" makliker en ek neem aan - winsgewender - om 'n kursus aan te bied as om jakkalse te jag, (but stand to be corrected) En aan die ander kant bereik die kursusganger mos nou vinniger "expert" status. Die jakkalse is bestem om in groot getalle in die stof te byt. Reg?
Net een klein probleempie, die fantasie van 'n uitkoms sien ek nie met reelmaat afspeel in vlaktes van die Karoo nie! Wat ek wel sien is dat daar ver te veel jakkalse is wat ver te veel weet van wit bakkies, ligte en klanke. Iemand het hulle geleer. My gevolgtrekking is dat ons almal skuldig is. (Ek is jammer maar 'n foto van 'n ry wit bakkies met skietstoele agterop saamgetrek by 'n "kursus" - soos elders op die forum - sou ou John Finch in sy graf laat omdraai.
Want wat die kursus jou nie kan gee nie, is die "karakterdefekte" wat jy nodig het om die "hobbie" jaar in en jaar uit te geniet. Waarvan om 'n ''loner'' te wees, die belangrikste eienskap van die lot is. Stoksielsaligalleen jakkalsjag moet vir jou lekkerder wees as golf speel, lekkerder wees as rugby kyk, lekkerder wees as om met jou vrinne om 'n braaivleisvuurtjie te kuier. Al skiet jy vir weke niks nie, moet die genot wat jy uit die die geselskap van die sterre en die naggeluide kry, genoeg van 'n trekpleister wees om jou dit weer-en-weer te laat doen.
As jy in jou hart weet dat dit nie jy is nie, bly dan maar eerder uit die veld uit weg. Spaar jou geldjies vir daai duur stel gholfstokke. Skiet eerder springbokke. Want jy gaan dit nie kan volhou tot jy 'n "expert" is nie, en jy gaan nie daar wees om die gebakte pere van jou "pogings" uit die vuur te krap nie.

Boskamper
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Sat Nov 09, 2013 5:50 am
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
.220 Swift, ek het "Drietoon van die Vrystaat" gelees en dis lank terug. en so dink ek jakkies word net slimmer en die agterlosige manne maak hulle net nog slimmer en leer daai reukies ken,
sal like om te leer maar nie op kursus nie, n een man kursus, by iemand wat sy kennis wil oordra, omdat ek "WIL" die goed skiet.

Mooiloop met skerp oge en spits ore
Se sommer Nico
Llama 38 spesialtjie
WP (Province) Stormers
kyk waar staan die Beker
Se sommer Nico
Llama 38 spesialtjie
WP (Province) Stormers
kyk waar staan die Beker
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
.220 Swift
AMEN
AMEN
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
cobus jy vat dit goed saam.ek wil by jou aansluit.party dele van die land gaan n wit bakkie ook goed werk,maar suid en wes vrystaat,karoo en ander skaap dele waar jakkals al dekades gejag word sal dit nie werk nie.ons kry nie jakkals in die trekker se ligte nie,nie eers in die bakkie se ligte as jy ry nie.so volgens my is wit bakkie uit hier.ek verloor r60000 n jaar aan jakke so ek kani waag met wit nie.wat dink julle van die bruin/sand kleur van die cruiser vir roep?Cobus(Cobb) wrote:Taf, jy sit dit mooi uiteen.
My grys bakkie ry ook maar deesdae met 'n coat waterverf soos Blok ons geleer het.
Verbaas my net dat hier net so paar manne is wat hier op Jakkie onderwerpe saampraat...tog (soos op daai foto)...staan die wit bakkies in rye....
As ek vinnig terug dink na die laaste 2 opse...Cradock daar by julle, en Red die Veld lewe, hier by ons laasmaand, is die verskil in bakkies baie duidelik...ek glo nie daar was meer as 2 wittes in Cradock nie, tog hier in Gauteng is wit en silver baie alledaags.
Ek het iewers op 'n ander post genoem hoe ek oor 'n buurman(Boer) se wit bakkie lig, dan sien ek oge en kry 'n vokale reaksie van 'n jak, so 60 tree skuins agter hom, ook genoem dat Jakke hier by ons nie 2km ver loop nie dan is hy al oor 'n teerpad of iets dergliks.
Jy onthou self hoe naby ons aan daai garage of iets hier in Pta was toe jy daai 3 ingeroep het.
Net soos (iemand het dit al gepost) 'n jak in die ligte van 'n trekker rondhol en speel, muise jag, omdat hy nie die trekker met gevaar assosieer nie, net so dink jakke nokkol van bakkies hier by ons...(as hy nie al slim geskiet is nie)
Daar by julle glo ek is dit 'n moerse verskil..Ek sien al my vriend Jassie in 'n wit bakkie....dit sal die ou se dood beteken...![]()
![]()
Daar by julle is die jakke so skugter, daar word selfs paaie gebou na hulle toe....(Cassie)
Nous my broek lekker vêr afgetrek vir slae...maar nou ja, so gesês ons maar saam saam...
PS, as jou bakkie regte kleur is, jou ligte is lightforce, jou geweer is regte kaliber, en jou scope is reg vir nagjag.....dan kan net jy, die jagter, die aap wees.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13647
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Nie een van daardie jagters (ek ken hulle almal) jag met 'n wit bakkie nie. Almal maak gebruik van nette en waterverf. So, Oom John kan maar rustig in sy graf lê..220 Swift wrote:Ek is jammer maar 'n foto van 'n ry wit bakkies met skietstoele agterop saamgetrek by 'n "kursus" - soos elders op die forum - sou ou John Finch in sy graf laat omdraai.
Goed, beter, 6millimeter!
- Katefbessie
- Hero Member

- Posts: 778
- Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Dankie Geno! Ons wat in Gauteng bly en ongelukkig met 'n das en formele broek met 'n blerrie GP nommerplaat rond ry se bakkies is wit, maar ek kan belowe dat meeste van ons wat op die forum is en al 'n kursus of twee bygewoon het het die boodskap gekry en ons doen ons bes om nie met daai wit bakkie in die veld te stop nie hetsy ons hom verf of toegooi.Geno wrote:Nie een van daardie jagters (ek ken hulle almal) jag met 'n wit bakkie nie. Almal maak gebruik van nette en waterverf. So, Oom John kan maar rustig in sy graf lê..220 Swift wrote:Ek is jammer maar 'n foto van 'n ry wit bakkies met skietstoele agterop saamgetrek by 'n "kursus" - soos elders op die forum - sou ou John Finch in sy graf laat omdraai.
Natuur die enigste rusplek vir die siel
.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
-
jak101
- Jr. Member

- Posts: 69
- Joined: Sat Aug 21, 2010 12:29 pm
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Geen weermag in die wereld gebruik spierwit camo's in oorlog nie(moontlik in die sneeu wel), 'n bokjagter doen nie "walk & stalk" met spierwit jagklere aan nie so hoe kan 'n jakkalsjagter dan dink hy kan jakkals jag met wit bakkie? Al help die "gecamo" van die bakkie jou net 10% van die tyd terwyl jy jag, is dit mos tog die moeite werd.
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Swift, ek het nogal jou inset geniet. Lyk of jy al die ding bietjie deurdink het. Maar t.o.v. dit wat ek aanhaal hierbo:.220 Swift wrote:.....Kursusse, natuurlik! Dis 'n wen-wen resep. Aan die een kant is dit vir die "expert" makliker en ek neem aan - winsgewender - om 'n kursus aan te bied as om jakkalse te jag, (but stand to be corrected) En aan die ander kant bereik die kursusganger mos nou vinniger "expert" status. Die jakkalse is bestem om in groot getalle in die stof te byt. Reg? ......
Dit lyk of jy dink die motief van diegene wat kursusse aanbied mag dalk onder verdenking wees? Lees ek jou reg?
Die beste leermeester bly maar eie ervaring, 'n kursus sal nooit van jou oornag 'n Boffin-jagter kan maak nie. 'n Kursus help maar net om jou op die regte pad te sit. Dis hoe jy die teoretiese kursus-kennis aanwend, wat jou vinniger uitbring waar jy wil wees. Sommige doen dit beter en sommige doen dit minder goed.
Hoe ver dink jy kan 'n jakkals 'n roeper windaf hoor as jy lekker hard roep?
Mooiloop
Louis
-
.220 Swift
- Full Member

- Posts: 167
- Joined: Sun Jan 17, 2010 8:36 pm
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Louis102
Ek spreek my nie uit oor ander ouens se motiewe nie. Ek is seker alles is goed bedoel. Ek is egter nie oortuig dat die uitkomste wel aan die goeie bedoelings voldoen nie.
Ek staan by my observasie van wat tans aan die gang is: die jakkalse word in die huidige sisteem, al hoe slimmer. Erens doen ons iets op groot skaal verkeerd. Wat bygekom het die laaste paar jaar, is die aanbied van kursusse landwyd. In my opinie is daar 'n verband. Ouens wat liefs maar net op die forum toeskouers moes wees, vind dit te maklik om ingetrek te word by die "hobbie" wat die minderheid enduit sal volg.
Ek weet my stellings is aanvegbaar. Ek nooi enige iemand uit om met 'n tenargumente te kom
.
n Vakleerlingskap by 'n "expert", sou die ideaal wees, eerder as die oppervlakkige deelname aan 'n kursus.
Op windstil aande het ek honde hoor reageer wat ek weet omtrent 3 - 5 km ver van my af is. As dit nie windstil was nie, sou ek hulle nie gehoor het nie. Veder as 5 km kan my ore nie meer honde of jakkalse hoor nie. Ek vermoed egter dat die klank windaf, baie ver deur roofdiere gehoor kan word. Ek gaan my egter nie oor die presiese afstand uitspreek nie. (Ek kry egter die idee dat jy die antwoord klaar weet - deel dit gerus met ons.)

"" GOOD JUDGEMENT COMES WITH EXPERIENCE.
EXPERIENCE COMES FROM BAD JUDGEMENT.""
EXPERIENCE COMES FROM BAD JUDGEMENT.""
Natuur die enigste rusplek vir die siel
.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Manne, ek het geen ervaring van roep nie, ek het die naweek van die 15de Nov vir die eerste keer probeer, en dit sommer met my laptop met sy speakers, so dit was baie sag eintlik (dink ek). Ek het in n hide gesit, so 5meter hoog, en het 3 blourug jakke geskiet in so 6ure wat ek gesit het.
Ek moet byse, daar is nog nooit op die plaas geroep nie, en daar is heng baie jakke, ons skiet gewoonlik sommer van die bakkie af as ons rondry.
My logika se vir my n wit bakkie gaan die goed afskrik, n bok sien n wit bakkie raak, wat is die verskil dan dat n jakkals hom nie gaan sien nie? Selfs hessiene material sal beter wees as jy n "camo net" vir die bakkie maak, en dis baie goedkoper as camo material.
Ek moet se, ek begin dit oorweeg om toerusting aan te skaf, dis nogal lekker fun!!

Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Ek wil nie julle draad kom omkrap met my onkunde oor jakkalsjag nie, maar wil graag 'n raaiskoot waag...
Ek sien dit in dieselfde lig as die polemiek oor lang afstand jag. Mens gaan ongelukkig altyd daai cowboys kry wat 'n "sneak preview" van iets kyk, aanvaar dis maklik en dan die veld invaar met hulle bietjie kennis. Van wat ek hier op die forum gesien het, lyk dit of mens 'n paar rand moet spandeer aan die regte toerusting en eers dalk 'n kursus of twee moet loop vir die agtergrond en dan saam met 'n "kenner" moet skiet om daai "teoretiese" kursus kennis prakties toe te pas!
Ongelukkig is daar altyd die mense wat kortpaaie kies en dis dalk hulle wat die jakke slim maak....

Aim small, miss small
-
Boskamper
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Sat Nov 09, 2013 5:50 am
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
.220 Swift, daai sal ek graag wil doen, die appieship loop, daai kan werk, 1-1 want te veel reuke en ander goete werk nie, laat weet as jy appi soek, "ek volenteer" en sal betaal daarvoor.
Mooiloop met skerp oge en spits ore
Se sommer Nico
Llama 38 spesialtjie
WP (Province) Stormers
kyk waar staan die Beker
Se sommer Nico
Llama 38 spesialtjie
WP (Province) Stormers
kyk waar staan die Beker
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Nee Swift, ek weet nie, maar raai dit is nogal baie ver, etlike kilometers. Beslis verder as wat 'n mens normaalweg 'n jakkals sal inroep en beslis verder as wat jy sal weet 'n jakkals hoor jou. Ook beslis baie verder as wat 'n mens 'n roeper kan hoor. Mens hoor ook 'n jakkalsroep wat oor 'n roeper gespeel word heelwat verder as wat jy die ware Jakob sal hoor roep..220 Swift wrote: ......Ek gaan my egter nie oor die presiese afstand uitspreek nie. (Ek kry egter die idee dat jy die antwoord klaar weet - deel dit gerus met ons.)....
Nou hier is die ding: Ek vermoed 'n groot deel van die "probleem" is dat roofdiere nou baie meer geleentheid het om die assosiasie tussen die roeper / ligte / bakkie / geweer / reuke te maak, juis omdat daar deesdae so baie roepers in die veld is (om nie eens te praat van verkeerde praktyke nie). Soos jy dit stel, baie jagters hou meer van roepjag hou as bv. rugby kyk en hierin is daar ook 'n risiko. As so 'n jagter naweek na naweek op die selfde gronde gaan jag om sy stukkie genot te kry, eerder as om met 'n volhoubare plan te werk, is dit presies waar die probleem begin (maak nie saak hoeveel hy weet nie). Ons roeper se klanke, reuke en ligte se strale trek mos oor plaasgrense heen en bly nie net op die stuk grond waar ons roep nie en dis die verdure risiko.
Dus, maak nie saak hoe goed die roepjag-praktyke is wat die individu volg nie, indien daar te veel op veral kleinerige stukkies grond en/of naby plaasgrense geroep word en buurmanne werk nie saam om roofdiere se blootstelling aan 'n roepery volhoubaar te beperk nie, is dit 'n probleem wat net groter gaan word.
Hierdie risiko word beslis op my kursus (en ander s'n) beklemtoon. Maar of kursus gangers wel ag daarop slaan, is seker debateerbaar. Feit is dat roepers en klanke is vrylik beskikbaar en die ware Guru's soos Taffie (en miskien jy) maar min is om vir almal vakleerlingskappe aan te bied. Manne met roepers gaan roep, maak nie saak of daar 'n kursus beskikbaar is of nie.
So, ek dink daar is plek vir kursusse en ek dink dis 'n goeie ding, want ek is seker goeie praktyke en risiko's word tog op sulke kursusse verkondig.
Oplossing? Ek weet nie, behalwe dat daar dalk 'n groot opvoedingstaak vir die eienaars van gronde moet voorlê. Ek dink baie groneienaars weet nie regtig wat goeie praktyke is nie en laat hulle gronde heeltemal oorroep, sonder dat daar behoorlik voetwerk vooraf gedoen is.
My stukkie slimmigheid vir die dag.
Mooiloop
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Ruan, chips net vir daai free wash&go....behalwe vir die Alice cooper of iets se klank op 'n roeper, was daai seker een van die beter poetse gebak op 'n jakkals trip...mind you...iewers het iemand 'n gunsak vol klippe in 'n kluis ingeboek ook.....Katefbessie wrote:Dankie Geno! Ons wat in Gauteng bly en ongelukkig met 'n das en formele broek met 'n blerrie GP nommerplaat rond ry se bakkies is wit, maar ek kan belowe dat meeste van ons wat op die forum is en al 'n kursus of twee bygewoon het het die boodskap gekry en ons doen ons bes om nie met daai wit bakkie in die veld te stop nie hetsy ons hom verf of toegooi.Geno wrote:Nie een van daardie jagters (ek ken hulle almal) jag met 'n wit bakkie nie. Almal maak gebruik van nette en waterverf. So, Oom John kan maar rustig in sy graf lê..220 Swift wrote:Ek is jammer maar 'n foto van 'n ry wit bakkies met skietstoele agterop saamgetrek by 'n "kursus" - soos elders op die forum - sou ou John Finch in sy graf laat omdraai.
Ek het gedink die topic is lankal al 'n moddergooi en vingerwys, maar dis lekker om te sien almal kan nog lekker oor 'n topic gesels, dankie aan almal se lekker insette,,,,
Ek dink nie 'n ou mag veld toe gaan na 'n kurses sonder dat hy saam met 'n meer gevorderde ou eers veld toe was nie...my leerskool was Geno en Peet fisies in die veld...die probleem is dalk, dat 'n ou hulle "slegte" gewoontes opgetel het, en daar waar Hennie bv weer saam my uitry, hy weer my "slegte gewoontes" optel...
Ek doen roep en skiet as 'n deel van my jag "repertoire" en sal altyd 'n amateur bly en dit nie pofesioneel vir inkomste kan doen nie....maar as ek strewe om die beste amateur te wees, is daar mos niks of niemand vir wie jy hoef terug te staan nie.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Louis102 wrote:.220 Swift wrote:
Oplossing? Ek weet nie, behalwe dat daar dalk 'n groot opvoedingstaak vir die eienaars van gronde moet voorlê. Ek dink baie groneienaars weet nie regtig wat goeie praktyke is nie en laat hulle gronde heeltemal oorroep, sonder dat daar behoorlik voetwerk vooraf gedoen is.
My stukkie slimmigheid vir die dag.
Mooiloop
Tussen al jou slimmigheid sover is die seker jou grendste stukkie. Ek en PJ het al so inligtings daggie aangebied vir wildboere en glo my meeste van die boere en wildsboere daar buite verstaan nie mooi die moets en moenies nie.
Ek dink werklik soos ek al op n vorige topic gepost het dat dit nie n sleg idee is om boere ook n kursus aan te bied nie. Nie so seer oor hoe om te roep en skiet nie, maar meer hoe om sy jakkalse te bestuur en hoe die regte roep en skiet metodes toe te pas.
Ek dink dit behoort n goeie begin punt te wees om as die boer weet wat reg en verkeerd is op so manier die kansvatters en slim makers n briek aan te draai.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Blok, daai is beslis nie 'n sleg idee nie! Maar sal die "teiken" boere so iets bywoon, of sal dit maar net weer die "reeds ingeligte" manne wees wat so iets bywoon?
Aim small, miss small
- roux cf
- Full Member

- Posts: 202
- Joined: Sat Mar 26, 2011 7:38 pm
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Manne,
Daai inligting vir die boere is n bakgat idee!
Kan daar nie n cd opgeneem word deur 1 van die meer senior jagters nie,
Ek sal betaal vir so cd en op boerevereniging vergaderings vertoon.
Sodoende word die boodskap oorgedra tot voordeel van ons almal wat jag vir n lewe?
"Cobus" ek sal seker nooit die einde van daai sak vol klippe hoor nie? Hahahaha
Daai inligting vir die boere is n bakgat idee!
Kan daar nie n cd opgeneem word deur 1 van die meer senior jagters nie,
Ek sal betaal vir so cd en op boerevereniging vergaderings vertoon.
Sodoende word die boodskap oorgedra tot voordeel van ons almal wat jag vir n lewe?
"Cobus" ek sal seker nooit die einde van daai sak vol klippe hoor nie? Hahahaha
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
CF
Nou die aand in Pretoria moes ek dit weer hoor. Dit was skreeusnaaks(weer) gewees en dankie vir die nice attitude
Die manne begin lekker gesrls, al self so 2 of 3 keer probeer reply en elke keerweer uitgevee. Sal nog so rukkie duur voordat ek die soldate in 'n ry kry.
Mooiloop
Ps. Waar is Danie243 dan nou, toe nou ou tjom, kom gesels en ek weet jy kan.

Danie Lombard .243
Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies
Ek lees rustig saam. Soos ek se, die donker kleur bakkie of camo is die regte ding by uitstek. Die ou wit bakkie het ook al baie kere sy ding gedoen.
Gun my die geleentheid om so n staaltjie of meer met julle te deel. Die stories is nie om n persoon te benadeel of te bespreek nie maar om n gebeurlikheid te deel met julle.
In die tyd toe ons nog met bakkie radio en tapes geroep het-het die omie wat die tapes hanteer jet deurmekaar geraak met die haas tape, die roep tape ens ens. Hy sit toe perongeluk n tape van n SA dames sanger in die bakkie radio en daar bler die dame se sopraan stem die vlaktes is. Onmiddelik het die jak terug getjank en hy het bakkie toe gehol en is stilbaaie toe. Die betrokke jakkals was n flippen skelm ou gewees wat die omie goed besig gehou het.
Paar jaar gelede kry ek en jagmaat n besoek van n pro ongedierte jagter van Tvl wat graag sy vermoe wil kom toets hier in die rooigras vlaktes. Donker groen camo bakkie, beste duurste skiet stoel wat ek ooit gesien het. Ligte van verskeie groote en rooi lense, remote roepers. Alles wat oop en toe maak, van die beste. Roep hier en roep daar. Ek en jagmaat is op standby so ent weg met wit bakkie. Ons sien oog inkom met ons wit lig, ghuru met camo bakkie sien niks, hy gee op. Ons ry nader met wit bakkie, vra of hy iets gesien het, hy se nee. Ons ry met wit bakkie klompie meter vorentoe en skiet n monster groot rooikat mannetjie wat in gras le.
Jakkalse mors met jagmaat se lammers. Ons jag jakke maar sukkel om die groot sondeboke te kry. Gaan roep op n aand op n heel ander plek, hoog bo op knop by baken wat se hoogste punt in area. Jak reun en teef kom in met groot spoed, reun voor en teef agter. Ek skiet agterse teef eerste, ek skiet tweede en derde skoot mis op reun wat laat waai. Dit was met wit bakkie. Volgende aand vroeg terug by dieselfde plek met wit bakkie, roep jak alleen roep. Daai reun wat die vorige aand mis geskiet het kom soos mak hond na sy baas aangehol bakkie toe. Hy hol vol spoed, staan niks stil nie, ek is bang hy ruik ons. Ek vat kans met skoot, skiet mis, voor hom vas, jak toe onder die stof, hy kom steeds nader gehol bakkie toe, neus die hele tyd op die grond so asof hy ruik en na iets soek maar hy kom oop en toe aan. Tweede skoot is raak.
Twee van my stad maters wil bitter graag elk n kans kry om jak te jag. vry aand hoor ek jak roep suidekant toe by stoor by rantjie. Ek bel en se hulle moet sat by my wees met hulle skiet goed. Son sak is ek met hulle by die plek. Roep, wit bakkie. Jakkals verskyn, ek gee ouer broer eerste kans om te skiet. hy skiet raak en baie bly oor sy raak skoot. Ek en twee broers stap na jak toe , klim deur draad en gaan haal jakkals. Dit praat en beduie en die oudste broer vertel van sy skoot en hoe bly hy is oor die goeie skoot. Die twee skud blad, vat jakkals en ons stap die ent terug bakkie toe. Jak op bakkie,twee broers klim op bakkie, ek agter die stuurwil in, gaan ry. Start bakkie, soek lig skakel aan. Een broer slaan hard op die bakkie dak. Daar waar ons oomblikke terug jak opgetel het sit ander jak op sy gat en beloer die lig. Jonger broer terk los en skiet jak. Twee oudste reun en teef jakke wat ek in jare gesien het. Beslis nie so oud geword omdat hulle dom onosil was nie.
So is daar vele vele verhale wat ek al beleef het van jakke wat heeltemal anders optree as wat mens ooit sal verwag hulle sal.
Dan het ek al tedoene gekry met van die skelmste jakke in die wereld.
Te veel om op te noem.
Jakke is skelm en versigtig en baie skepties en onvoorspelbaar maar nie slim nie. Net baie skelm en versigtig. As hulle slim was het hulle self met skape geboer en te lekker gevreet.
Gister moes ek 'n jong koei uitsit wat baie swaar gekalf het en weens die droogte baie maer en swak was. Ek moes die kalf ook uit sit. So te se dood na die lang kalf proses. Ek het die kalf hanteer met my hande wat diesel opgehad het van trekker filter bloei. Vanoggend is die kalf opgevreet. Die verhaal dat jakke niks vreet wat deur n mens hanteer is of naby n bakkie of mens was is onwaar. Dit het ek al te veel kere in my lewe gesien.
Ongedierte het net een baas. Dit is sy pens en pens se drywer is honger. As ongedierte honger is sal jy verbaas wees oor sy manier en taktieke maar weet gewis, niks slim nie, net baie skelm, versigtig en honger.
NS Camo donker bakkie is beter.
Danie