Baie geluk. Mooi bok.J le Roux wrote:Hierdie Waterbok bul was nou 'n lekker gelukkie.
Ons het 'n vinnige jagnaweek in die Bylsteel omgewing gereel. Met ons eerste trippie veld toe het ons heelwat Nyalas en Koedoes gesien. Ek het egter gehoop om my eerste waterbok bul te skiet.
Later het ons gelukkig 'n paar waterbokke van die bakkie af gewaar, ons het verby gehou en ek en die eineaar se seun is 'n hele ent verder afgelaai. Na wat na 'n ewigheid voel het ons die koeie raakgeloop. Die Bul was nie in sig nie. Toe die koeie ons opmerk het hulle op 'n draffie laat spaander. Die bul moes nog in die area wees en ons het verder gesoek.
So paar minute later het ons hom opgespoor, oppad watergat toe. Ek kon nie my geluk glo toe ek 'n mooi plankdwars skoot kry nie. Ek wou geen kanse vat nie, en het laat loop toe die S&B Klassik my 30-06 Howa vertel dis nou middel-blad tyd. Dubbel long skoot met 180gr Nosler Accubonds. Die bul het nog asem gehaal toe ons by hom kom, en die breinskoot is gegee omdat my 3 messe nog veilig in my jagsakkie by die kamp laat le is.
Ek is nie 'n trofee man nie, maar is dankbaar vir die mooi vleis en die 28 duim horings.
2019 Jag. Kom deel jou geluk.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3941
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3941
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
So wat jy sê is dat jy eintlik 'n softy is wat omgee oor ander menseDiesel Dog wrote:We get orders from friends and family and a treat for employees and the local old age home.Dale SH wrote:DD
What do you do with all that meat ?
DD
Great gebaar en deel so jou genot van jag se opbrengs.
Is darem lekker as jy so die eerstebok laat val en die ander beweeg nie te ver nie of hulle is nie bewus waarvandaan die gevaar kom nie en jy kan so 3-4 bokke op dieselfde afstand en posisie skiet.
Baie geluk.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Diesel Dog wrote:
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190727/60da67e34e13d06cfffd29a4025cb08f.jpg
Daardie HK moes eerder 'n .243AI gewees het dan sou daardie hou darm bietjie hoër gesit het...
Goed, beter, 6millimeter!
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Hy wou die horings heel hou manGeno wrote: Daardie HK moes eerder 'n .243AI gewees het dan sou daardie hou darm bietjie hoër gesit het...
- JacquesT (Stompe)
- Hero Member

- Posts: 948
- Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Ons het die afgelope naweek tussen Clarens en Fouriesburg in die Drakensberge as 'n familie gejag. Ons gesin het saam albei my ouers en my niggie se man en seuns gegaan. Dit was heel moontlik een van die beste jagtogte van my lewe omdat ek dit met my hartsmense gedeel het.
My vrou het haar eerste bok geskiet met my 308 gelaai met 155gr Kriek. Die Rooihartbees bul was so 150m gewees en sy het die perfekte hartskoot geskiet. My bors het redelik geswel van die trots, totdat sy die aand vir my gevra het wat sy volgende kan skiet... Ek het besef my kwota bokke per jaar het sopas drasties veminder en sy sal die skietwerk begin doen
Sy het ook kleintjie in die arm haar inlywing gevat, maar nie sonder om my te oorreed om saam haar te eet nie, sy het gewen.
Later die middag was ons uit en opsoek na 'n alleen loper Springbok ram. Die spesifieke bok is kwaai wild en hulle het gesukkel om nader as 500m te kom. Ons het hom op 780m gekry waar ek hom kon plat trek. Die was vir my veral baie spesiaal omdat my pa en vrou daar was om dit te beleef. Die boer het die rangewerk gedoen en my vrou het my app bestuur.
Die bokke het afsonderlik vanoggend by die slaghuis 69kg en 20kg geweeg.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190729/63fa74b070da006552254d933585bc9a.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190729/09d8b4711a6069e9585e68b2f00d8ac3.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190729/2283a0c494c6b9bec1c0c839cd9b2c8b.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190729/a40910b99e73520324efa78d6d090a16.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190729/4b4208638b7e1409758f27968ef3825b.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190729/74ca61d325cf2f13bc450f715060311c.jpg
My vrou het haar eerste bok geskiet met my 308 gelaai met 155gr Kriek. Die Rooihartbees bul was so 150m gewees en sy het die perfekte hartskoot geskiet. My bors het redelik geswel van die trots, totdat sy die aand vir my gevra het wat sy volgende kan skiet... Ek het besef my kwota bokke per jaar het sopas drasties veminder en sy sal die skietwerk begin doen
Later die middag was ons uit en opsoek na 'n alleen loper Springbok ram. Die spesifieke bok is kwaai wild en hulle het gesukkel om nader as 500m te kom. Ons het hom op 780m gekry waar ek hom kon plat trek. Die was vir my veral baie spesiaal omdat my pa en vrou daar was om dit te beleef. Die boer het die rangewerk gedoen en my vrou het my app bestuur.
Die bokke het afsonderlik vanoggend by die slaghuis 69kg en 20kg geweeg.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190729/63fa74b070da006552254d933585bc9a.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190729/09d8b4711a6069e9585e68b2f00d8ac3.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190729/2283a0c494c6b9bec1c0c839cd9b2c8b.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190729/a40910b99e73520324efa78d6d090a16.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190729/4b4208638b7e1409758f27968ef3825b.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190729/74ca61d325cf2f13bc450f715060311c.jpg
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Baie geluk Jacques! Mooi skote, veral die lang hou van jou op die springbok.
- Jaco V
- Sr. Member

- Posts: 292
- Joined: Thu Jan 08, 2015 6:38 pm
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Baie mooi Jacques, en geluk aan jou vrou ook!
Hierdie is wat die kleur in ons lewens prentjie inverf.
Hierdie is wat die kleur in ons lewens prentjie inverf.
Groete
Jaco
CZ 416 Rigby, Vektor 300H&H, Sako 222 Rem, Howa 6.5Creed, Walther KKM .22, Walther KK300 .22, Mauser Obendorf .22, Anschutz Mod54 .22, Beretta SV10 and Ruger Speedsix.357
Jaco
CZ 416 Rigby, Vektor 300H&H, Sako 222 Rem, Howa 6.5Creed, Walther KKM .22, Walther KK300 .22, Mauser Obendorf .22, Anschutz Mod54 .22, Beretta SV10 and Ruger Speedsix.357
-
Henlo
- Sr. Member

- Posts: 388
- Joined: Thu Aug 11, 2016 8:31 pm
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Ek het ook darem laasweek woensdag tot sondag naby Hopetown bietjie gaan skiet, n stok ou springbok ram geskiet, nog gewone ram n ooi en n jongerige gemsbok bul
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Te veel gunne en te min geld
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6969
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Bevoorreg gewees om my eerste Bosbok op die voet in Pongola te jag. En toe sommer nog ñ lekker ot ook.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2126
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Daar is darrem min dinge so lekker soos 'n bosbok jag. Baie geluk met 'n mooi ram
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
laat middag hierdie jong vaalribbok ram wat gepla het op die broccoli lande gekry.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190803/4273ffbde297d1a56ff7caa8ebf3cc5f.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190803/4273ffbde297d1a56ff7caa8ebf3cc5f.jpg
- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Mooi so Ruaan. Ek het self n duiker of 2 wat by my swaer die mielies goed opgevreet het wat die tydelike met die ewigheid moet verruil.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5021
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Interesant eerste keer dat ek so jong dooie vaalribbok sien, sien hulle altyd as trofee geskiet. As julle hom self gaan eet en die vleis nie op die plaas los vir die werkers nie. Laat weet hoe smaak hy asb. Die ou ramme is nie baie eetbaar nie weet nie of jonger ramme dalk beter proe.ruaanb wrote:laat middag hierdie jong vaalribbok ram wat gepla het op die broccoli lande gekry.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190803/4273ffbde297d1a56ff7caa8ebf3cc5f.jpg
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5021
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Geluk Deon, mooi ou ram met dik horings sy horing punte sou nooit uitgaan kante toe nie dis maar sy vorm en sou net stomper word. Lekker vet Ot ook hoe loop die scope op die 404?
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Frederik ons het nou al n paar geskiet by die boer en die vleis is heerlik. ek dink dit is oor hulle op die hawer lande wei.
- Morne Van Der Merwe
- Hero Member

- Posts: 830
- Joined: Sun Jul 12, 2015 4:48 pm
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Baie mooi fotos
CZ 550 Ebony Edition 30-06
Musgrave K98 .270Win
Howa 6.5 Creedmoor
Gecado Mod 50 Windbuks
.284 Shehane
7mm PRCW
Musgrave K98 .270Win
Howa 6.5 Creedmoor
Gecado Mod 50 Windbuks
.284 Shehane
7mm PRCW
- wynis
- Sr. Member

- Posts: 422
- Joined: Mon Oct 01, 2018 7:31 am
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201908 ... e00c5c.jpg[/IMG]
My jongste dogter is verseker ‘n gelukbringer.
My eerste Blesbok, Blouwildebees en nou Rooihartbees saam met haar gejag. Almal te voet en na harde werk.
Sy kon die naweek nie haar eerste bok kry nie, maar daar was ‘n paar geleenthede wat net nie uitgewerk het nie.
Ons maak klaar planne vir die volgende jagtog.

Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Ek was bevoorreg om deur my Nelspruit vriende genooi te word vir n voorsitjag naby Middelburg OosKaap. Dit was my tweede voorsitjag ooit na my eerste in 2014. Iets wat ek lank voor voorberei het en bly was om mee te maak. Vriendelike gasvrye plaaseienaar en 'n groot plaas. Lekker geriewe en gelukkig genoeg hout gehad.
Dag 1 was mislik. Yskoud en rukwinde van tot so hoog as 30mph. Ek het geweet die 40gr koeëltjies van die .204 gaan nie die ding doen nie. Tussen bewe van die koue, bewe van die opgewondenheid, bokkoors, snerpende, yskoue wind en ligte sneeu het ek my eerste geleentheid gekry toe n klein troppie op 175m verbygekom het. 3 skote en geen bok het geval nie, maar een sy lyftaal het 'n storie vertel...hoë nekskoot. Kon hom gelukkig kort daarna kry en hom platgemaak. My jag was eintlik verby want ekt begin twyfel in my en die .204 se vermoeëns.
Dag 2 'n ander storie. Sonskyn en slegs 4°C. Baie beter geplaas gewees en die wind net so 5mph en relatief konstant. Genoeg tyd gehad om bakens te "range" en na 'n uur het ek elke bossie se afstand van my af uit my kop uit geken. En toe kom hulle ... Eerste skoot op 280m was mis, maar die springbokkies het bly staan. Tweede skoot was 'n sukses, maar toe weet hulle hier is iets wat hulle maters laat val sonder dat hulle hom hoor blaf. Ek skiet toe die voorste een in die trop en toe gaan staan hulle en toe val sy maatjie. Slotsom is : 1 minuut, 7 skote, 6 kopskote, 150-280m. My hart wou uit my bors klim...en toe begin ek weer bewe.
Toe ek kalmeer het, het die bymekaarmaak begin, want daar waar hulle gelê het, sou 'n bakkie nie loop nie. Ek het elkeen gaan haal, van hom/haar 'n handsak gemaak (met "cable ties") en na my skietpunt gedra, omgedraai en die volgende een gaan haal. Ek was pootuit. Hulle was klein, maar die klipperige terrein en op en af en afstand het my laat hyg.
Soos wat ek in 2014 met my eerste ervaring besluit het, het ek nou weer besluit : Voorsitjag wil ek BESLIS weer doen !!!

CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2331
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Lekker Hans mooi geskiet.
DD
DD
-
1lum1nat1
- Full Member

- Posts: 101
- Joined: Wed Dec 19, 2012 2:18 pm
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Jong mooi bul, 134kg kop af en pens uit. 6.5x55, 140gr accubond op 409m. Skoot kon so 1" hoër gewees het, maar baie gelukkig met die roertjie.
Bly ek het die skoot gevat, want vir die res van die twee dae was daar nie veel waarop ek kon aanlê nie en ons het lekker vêr gestap. N slegte dag in die veld is nogsteeds beter as n goeie dag op kantoor.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190806/c4669c8dfb352c45107ea66c98e2cbb9.jpg
Sent from my SM-G950F using Tapatalk

CzFan
- Newbie

- Posts: 3
- Joined: Sat Jun 24, 2017 7:21 am
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Hierdie was nou glad nie iets wat hierdie jaar op my lys was nie, maar so geleentheid kan 'n man darem nie deur jou vingers laat glip nie. Die 270 met die 145gr Eld-x het ook nie teleurgestel nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3941
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Baie geluk Deon. Mooi Bosbok!!DWB wrote:Bevoorreg gewees om my eerste Bosbok op die voet in Pongola te jag. En toe sommer nog ñ lekker ot ook.
Mooi Kudu. As Kudu daai tweede krul begin maak is hy skelm1lum1nat1 wrote:Jong mooi bul, 134kg kop af en pens uit. 6.5x55, 140gr accubond op 409m. Skoot kon so 1" hoër gewees het, maar baie gelukkig met die roertjie.
Hy die Sable jou gestorm?CzFan wrote:Hierdie was nou glad nie iets wat hierdie jaar op my lys was nie, maar so geleentheid kan 'n man darem nie deur jou vingers laat glip nie. Die 270 met die 145gr Eld-x het ook nie teleurgestel nie.
Baie mooi geluk.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
CzFan
- Newbie

- Posts: 3
- Joined: Sat Jun 24, 2017 7:21 am
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
Dankie Tau
Daar was gelukkig geen storm betrokke nie, maar as die prys reg is kan 'n man mos nie nee sê nie.
Daar was gelukkig geen storm betrokke nie, maar as die prys reg is kan 'n man mos nie nee sê nie.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3941
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
So laaste jag voor seisoen in Namibië sluit saam met my Pa. By vriende in Nina.
[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201909 ... 9cddad.jpg[/IMG]
[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201909 ... 83b342.jpg[/IMG]
[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201909 ... 9bbb95.jpg[/IMG]
[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201909 ... 9cddad.jpg[/IMG]
[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201909 ... 83b342.jpg[/IMG]
[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201909 ... 9bbb95.jpg[/IMG]
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.
tau wrote:So laaste jag voor seisoen in Namibië sluit saam met my Pa. By vriende in Nina.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190902/7e93eb9651079e8521f705e3579cddad.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190902/8e812a0fb001c7b99f54a9631383b342.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190902/882f909cf36f9877ecf3c97a2b9bbb95.jpg