Page 4 of 51

Re: Hoeveel ??

Posted: Fri Dec 16, 2011 8:19 am
by theedge
Dit laat my nou somer skaam raak ;D netjies julle manne

Re: Hoeveel ??

Posted: Fri Dec 16, 2011 8:21 am
by Nuweseun
Manne daai is groot gooi!!!
Baie geluk!

Re: Hoeveel ??

Posted: Fri Dec 16, 2011 8:30 am
by Witpietskiet
Mooi man, kap hulle.....

Re: Hoeveel ??

Posted: Fri Dec 16, 2011 1:13 pm
by Louis102
Hoe moet ek nou voel oor my enkele jakkalsie gistraant??  As ek eendag groot is wil ek ook so baie jakkalse op een aand skiet!

Re: Hoeveel ??

Posted: Fri Dec 16, 2011 2:47 pm
by Geno
Dankie manne,
Ons het op die ou end gedraai op 18 jakkalse. Ek sal more fotos laai as ek terug in die beskawing is.

Oom Louis,

Sopkop het die knoop deurgehaak toe ek gestoei het op 'n ou reun wat lyk of hy van die Kaapse dokke af kom, omtrent nie 'n tand in sy bek oor nie. Ek skat hom 8jaar+
Oom se klanke is kookwater! Rooi-D lok ook uitstekende reaksie uit.
Ek jag vanaand op 'n plaas waar (as ek kop hou, en reg roep) ek meer as gisteraand kan rol.

Groete,
Eugene

Re: Hoeveel ??

Posted: Fri Dec 16, 2011 3:10 pm
by Rooies
Geno

EK hoop jy try n paar op 300m ook, net om inoefening te kom vir die suide....

Re: Hoeveel ??

Posted: Fri Dec 16, 2011 3:33 pm
by Geno
Rooies,
Man, ek wou, maar Frans wou nie vir my 'n beurt met my eie .25-06 gee nie. Toe skiet hy een vanoggend op 350m.
My verste skoot gisteraand was "maar" 220m.

Re: Hoeveel ??

Posted: Fri Dec 16, 2011 3:36 pm
by Raven
Shoe Geno, nou maak julle manne darem lekker vleis bymekaar net so voor die groot dae.
Ek hoor julle gaan bietjie biltong maak ook....   ;D  ;D  ;D

Looi die honde ou maat en verkoop hul knaters aan die Chinese  :P

Raves.
P.s Manne ek is klaar met die werk, sien julle volgende jaar.
Geniet die groot dae en wees/ry veilig.

Re: Hoeveel ??

Posted: Fri Dec 16, 2011 3:48 pm
by Dawie D
Geno

Ons kudu's hier in die suide is dalk nie so groot soos daai van julle in die noorde nie :(

Maar dit wil vir my voor kom ons jakkies hier in die suide is nie so dom, blind en doof  soos daai van julle in die noorde nie :angel: ;D ;D

Wurg hulle bulle wurg hulle ;)

Re: Hoeveel ??

Posted: Sat Dec 17, 2011 6:59 am
by PJS
Geno

Mooi man jy het mooi gemaak.  :) Blok het die fotos vir my ge MMS gisteroggend. Hoop jy het gisteraand ook soveel sukses gehad.
Groete,
PJ

Re: Hoeveel ??

Posted: Sat Dec 17, 2011 6:15 pm
by Ian
Geno

Lekker as jy die jaar so kan afsluit, sterkte en mag daar nog 36 val.

Groete

Re: Hoeveel ??

Posted: Mon Dec 19, 2011 7:30 am
by Geno
More manne,

Dankie vir die gelukwensings.
3 kursusse, en 60+ Dae aanlyn op die forum moet seker een of ander tyd begin vrugte afwerp! Jason se raad het ook BAIE gehelp. Die man is seker al gatvol vir al my vrae... :P

Hier is 'n foto of 3 van Donderdag-nag se oes.
Ons kon 16 van die 18 jakkalse optel. Die ander twee was swaar gekwes en het in lang gras gaan l?.

Image

Ek, Ludwig, en Frans het beurte gemaak in die stoel op die staanplekke.
Staanplek 1 het ek geroep en geskiet, en 5 jakkalse gerol.
Staanplek 2 het Ludwig die merry-go-round geklim terwyl ek geroep het, en ook 5 jakkalse geskiet
Staanplek 3 was Frans in die stoel en ek op remote-diens, en ons het 'n lot jong jakkalsies gesien rondhol. Frans het hulle geskiet, saam die ouers. Die reun was besonder oud gewees. Sy totaal op die staanplek was 7.
Hier is die ou reun:
Hy was halstarrig om in te kom na sy vrou en kinders geskiet was, Bakleie, distresse en hasies wou nie werk nie, hy't net kort-kort kom oog wys. Maar hier teen 01h30 kon hy nie die versoeking weerstaan om te kom luister na Sopkop nie, toe klink Frans sy doppie.
Image

Met dagbreek toe ons die jakkalse optel, het ek een gesien sit in 'n grasland. Toe ek die bakkie stop, het hy gehol, maar ek het hom op 350m gestop met die fluitjie.
Ek s? toe vir Frans om net bo sy rug te korrel met die .25-06, en die jakkals dop om.
Manne, Frans MAG maar skiet! (behalwe een jonge wat hy op 15m gemis het  ;D )
Image

Hier is Frans se staanplek se 7 rooihonne:
Image

Klanke wat gewerk het is:
Vlekkie-D, Rooi-D, Sopkop, Baklei4, Baklei1, Jakkies Worstel, Distres Tarka, Javelina's Demise, Lightning Jack, en klein hasies.
Baie van die jakkalse het ek ook ingeroep met een van my fluite.


Groete,
Eugene

Re: Hoeveel ??

Posted: Mon Dec 19, 2011 7:53 am
by Flip Fouche
Geno

Baie mooi!!!!!!!!!!!!. Ek en Taf is jou nog twee voor.

Groete

Flip

Re: Hoeveel ??

Posted: Mon Dec 19, 2011 8:10 am
by C.J.
Geno,

Geluk man, dit is lekker as die planne werk!

Groete,
C.J.

Re: Hoeveel ??

Posted: Mon Dec 19, 2011 9:24 am
by Gerhard
Louis102 wrote:
Hoe moet ek nou voel oor my enkele jakkalsie gistraant??  As ek eendag groot is wil ek ook so baie jakkalse op een aand skiet!

en ekke met 2 jakkalse in 4 nagte...

Springbok sopkop en rooi alleen het mooi gewerk Louis...

Geno,

Jy het hulle mooi gekap my maat.

Re: Hoeveel ??

Posted: Mon Dec 19, 2011 12:06 pm
by Nuweseun
Jo Jo Jooo!! Geno, Stunning julle!! Dis hoe jy moet jakkies jag!!!

Baie mooi gegooi en baie geluk aan al die manne!!

Re: Hoeveel ??

Posted: Mon Dec 19, 2011 2:19 pm
by theedge
Manne manne  :o :o ek sal maar net  :'( my naweek het nie so verloop nie. Dit wil gedoen word baie netjies sien Louis se klanke doen die ding sal myne nog toets ;D ;D

Re: Hoeveel ??

Posted: Mon Dec 19, 2011 2:34 pm
by Dawie D
Theedge

Troos jou daaraan, ons ooskaap jakkies is baie slimmer as daai gauteng jakkies :angel: ;D ;D

Kap hulle Geno kap hulle ;)

Re: Hoeveel ??

Posted: Mon Dec 19, 2011 2:54 pm
by JACQUES BOTHA
Geno
Nou is jy gewaks vir die vrystaat en die karoo o ja en steytlerville jakkalse..
hoe lyk dit wanneer kom jy af?
Groete
Jacques

Re: Hoeveel ??

Posted: Mon Dec 19, 2011 2:57 pm
by Geno
JACQUES BOTHA wrote: vrystaat en die karoo o ja en steytlerville jakkalse..
JB,
Vrystaat - Dalk.....
Karoo en Steytlerville - Not a chance! Daar's Pro's wat daarso operate. Nee dankie.......

Re: Hoeveel ??

Posted: Mon Dec 19, 2011 3:30 pm
by Beretta
Geno
Bang gat  ;D ;D ;D
Beretta

Re: Hoeveel ??

Posted: Mon Dec 19, 2011 4:14 pm
by Dawie D
Beretta

Ek is net baie bly ek het nie so n bang gat vir n skoonseun nie :angel: ;D ;D

Groete Dawie

Re: Hoeveel ??

Posted: Mon Dec 19, 2011 4:34 pm
by Beretta
Dawie D
Waar woorde ek ook nie en hy like nie recoil nie ;D ;D ;D ;D
Beretta

Re: Hoeveel ??

Posted: Mon Dec 19, 2011 6:34 pm
by tafjak
Geens

H?l, maar julle het die goeters gerook!

Mooiman, makie sakie hoe nie, hulle is dood. Ek het ook al gehoor van vreeslike getalle, maar dit bly staan soos 'n paal bo water, nie sommer net vir doodskiet nie en moet die regte metodes gevolg word anders kan jy met 'n pienk gesig sit.

Gr?nd julle 2, hoop die 25-06 se loop hou!

Mooiloop

Re: Hoeveel ??

Posted: Mon Dec 19, 2011 7:14 pm
by Remingtonfrans
Naand Manne

Was daai nou vir jou lekker vir my eerste Jakkals jag!! Baie dankie Geno, daai ervaring sal ek lank nie vergeet nie, jy ken van jakkalse jag. BTW skuus ek het jou nie vroeer gese wat gebeur as ek 'n roer vat nie ;D :police:

Wat kan mens se van daai naby jakkals wat ek gemis het?? Skuldig :-[. Hy't darm so paar oomblikke later gesneuwel. ;)

Daai plaas sien ons sommer gou weer.