Altwee se eerste - Blokkies en die 204

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Altwee se eerste - Blokkies en die 204

Post by BLOK »

Ek het toe gou die naweek vir Blokkies gevat dat die man sy eerste bok gaan skiet, net die twee van ons. Saterdag oggend vroeg in die veld gewees en die bakkie sommer by die plaashek gelos en begin soek na een van die groot rooibok ramme op die plaas. Nadat ons drie keer van hulle loop en bekruip het en elke keer onsuksesval was het ek voorgestel ons bekruip n bos waar daar gewoonlik n alleenloper ram rondhang. Stadag op ons knie bekruip ons toe die bos tot daar n mooi springbok ram in ons pad kom. Nou Blokkies wou van die begin af graag eerder n springbok skiet want die man begeer so vel in sy kamer en vra skimp toe dat die bok mos nou so staan om geskiet te word. Ek het toe ingestem en skietstokke reg opgestel en hom gemaklik daaragter gemaak.

[img width=560 height=420]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... 0_2593.jpg[/img]

Die bok het mooi plank dwars 92tree verder gestaan heeltemal onbewus van ons. Blokkies was baie gemaklik en rustag en ek het gese hy moet skiet soos ek hom laat oefen het tussen die voorste twee bene in die middel van die lyf. Skoot het geklap en die bok het net daar in sy spore neergeslaan. Mors dood. Ek kan nie vertel hoe bly n man se hart is as jou seun se eerste bok so mooi geskiet word nie. Die man self kon nie besluit of hy wou lag of huil van opgewondenheid nie.

By die bok gekom le hy in sy spore waar hy gestaan het morsdood.

[img width=359 height=480]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... 0_2594.jpg[/img]

Die man en sy pa was baie trots en eers n ruk lekker by die bok gesit en gesels en die gebeure bespreek, daarna was dit vir n paar fotos neem. En natuurlik die bloed doop wat die man al baie lank na uitgesien het en seker die trotste oor was.

[img width=359 height=480]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... 0_2604.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... 0_2606.jpg[/img]

Terug by die slagkamer moes daar eers gehelp word met die afslag en dan natuurlik daai onplesier by die plesier, die lewer sluk. Dit was maar met n lang gesig gedoen maar weereens na die sluk was sy woorde dit dit glad nie so erg was nie en as hy nog n bok kan skiet sal hy weer sluk.

[img width=359 height=480]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... 0_2611.jpg[/img]
[img width=359 height=480]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... 0_2613.jpg[/img]

Na die lekker geleentheid het die plaas eienaar daar gekom en gevra dat ek vir hom ook vier blesbokke moet gaan skiet, so pa het ook darem sy skoot in gekry. Laat middag na alles afgehandel was het ek en hy n vleisie in die veld gaan braai, en aangesien die man mos nou mooi groot is en darem die dag se sukses moes saam vier kon hy met n kwart bier saam sy pa n glasie klink op die wonderlike dag.

[img width=477 height=480]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... 0_2617.jpg[/img]
[img width=465 height=480]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... 0_2620.jpg[/img]

Wat die 204 se vermoens betref twyfel ek na die naweek se jag glad nie dat met geskukte koels die kaliber uitstekend is vir springbok rooibok grote wild is nie. Die springbok is plankdwars op die bladbeen getref, byde bladbene is stukkend geskiet en die longe en lewer is baie goed getref. Omdat dit n sagter tipe koel was (Hornady 45g GRSP), was vleisskade aan die hoer kant maar ek glo met koels van beter konstruksie sal die skade op vleis ook baie minder wees. Die vier bleskokke was almal kopskote en het in hulle spore geval met een wat die koel dwarsdeur die kop is. Ek het ook n jong rooibok ram geskiet waar die koel ook deur die kop was.

So wat my betref is die wat se die kaliber is slegs geskik vir meerkat en muis seker maar oor versigtag. Alhoewel ek nie die kaliber op groot en medium wild sal gebruik nie is hy virseker springbok se baas.
Last edited by BLOK on Mon Jun 04, 2012 9:51 am, edited 1 time in total.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Altwee se eerste - Blokkies en die 204

Post by Geno »

Geluk ou Blokkies!
Heng, dis 'n bitter mooi springbok daai, en daai foto is ook baie mooi geneem!


Groete,
Eugene

n.s. Lank lewe die .204 dassiegun! ;D
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
PJS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 403
Joined: Wed Jul 06, 2011 11:17 am

Re: Altwee se eerste - Blokkies en die 204

Post by PJS »

Geluk Blok en kies. Jy kan trots wees. Die seun van jou skiet darem al lankal so mooi op die teikens, ma die proof is ma altyd in die poeding met n bok. Bly om te sien jy het hom mooi ingelyf ook.  :)
Geno wrote: Heng, dis 'n bitter mooi springbok daai, en daai foto is ook baie mooi geneem!
Stem saam.
PJ
Jag is 'n voorreg. Geniet en waardeer elke geleentheid.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Altwee se eerste - Blokkies en die 204

Post by Wouter Roets »

Hallo Blok

Baie geluk aan jou en jnr! Ja ek kan net dink hoe trots jy moet voel! Die naweek was daar ook n dogtertjie wat haar eerste bok op die plaas geskiet het en die pappa was weereens trotser gewees as kleinding. Maar iets wat ek moet byse is dat jy die ding reg gedoen het met jou seun. Kinders moet weet waaroor dit gaan sowel as bekwaam genoeg moet wees met die wapen. Ek sien veels te baie kinders wat hopeloos te jonk is wat hulle eerste bokke skiet net om pappe se ego te streel! Ek het deesdae n kleinitjie dood daaraan! Sal verseker jou voorbeeld volg met my jongspan.

Nogmaals welgedaan ou maat!

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Altwee se eerste - Blokkies en die 204

Post by Lourens »

Blok,

Baie geluk man!! Werklik 'n pragtige springbok wat Blokkies platgetrek het. Beide hy en jy kan werklik trots wees en hierdie week het hy 'n lekker storie om vir al sy maters by die skool te gaan vertel.  ;D Wel gedaan mater!!

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
Coenie (Swift)
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Tue Sep 14, 2010 11:05 am

Re: Altwee se eerste - Blokkies en die 204

Post by Coenie (Swift) »

Baie geluk Blok en Blokkies,

Dis voorwaar mooi groot voorreg om dit so klein klein te doen.
Pa sien ek straal van vreugde, mooi geleur daar Blok. Hou so aan.

Ps. Blok jy en Geno begin nou met 'n lelike ding............. ek begin krap waar dit nie jeuk met 204 Ruger idee in die kluis :-)
.22 , 223 Vektor H5, 270 Savage Mod III FXP3, 12 Boor Mossberg, 9mm Vektor SP1 Sport
User avatar
PJS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 403
Joined: Wed Jul 06, 2011 11:17 am

Re: Altwee se eerste - Blokkies en die 204

Post by PJS »

Swift wrote: Ps. Blok jy en Geno begin nou met 'n lelike ding............. ek begin krap waar dit nie jeuk met 204 Ruger idee in die kluis :-)
Ek stem. Dit brand nou al hier by my ook!! :o
Jag is 'n voorreg. Geniet en waardeer elke geleentheid.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Altwee se eerste - Blokkies en die 204

Post by Carl »

Geluk voorwaar 'n trotse oomblik, mooi storie en goeie fotos.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Altwee se eerste - Blokkies en die 204

Post by grumpy »

Baie mooi Blok. Gee vir die groot man n stywe handdruk en se vir hom baie geluk!

Jy moet nou pasop want hier kom n ding. Die man wil sy eie roer he en gaan begin beter skiet as pa!!!!! ;D

Baie geluk!!
Triple2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 352
Joined: Wed Sep 22, 2010 6:03 pm

Re: Altwee se eerste - Blokkies en die 204

Post by Triple2 »

Geluk Blok en Blokkie.
Voorwaar n oomblik waarvoor baie pa's nie kan wag nie, wat nog van die seuns.
Ek beplan al klaar hoe myne hulle eerste bokke sal skiet, hopelik gebeur dit net soos hierdie, maar eers oor baie jare!
Harde werk op die skietbaan, en tyd in die veld saam pa, is al wat hulle kan voorberei.
Groete
Devan
Devan Lötter
.22 LR Winchester; .222 Rem Sako; .45 ACP Norinco; 12 Br Remington 11-87; .308 Win Howa
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Altwee se eerste - Blokkies en die 204

Post by BLOK »

Manne dankie vir al die gelukwense, ja kyk wie die trotste is ek of hy is maar moeilik om te se. Dit is regtag n lekker gevoel as mens se kinders wardering het vir dit wat mens hulle bied, en hier kan ek se dat Blokkies die dag baie wardeer het en dit as n aangename dag vir die res van sy lewe saam hom sal dra.

Vir die manne wat so lus kry, koop daai 204's julle sal nie spyt wees nie, die geweer loop regtag baie mooi en is net die ding vir oefen klein diere skiet en selfs soos hier gesien kan word klein bokke jag. Ek dink dit is n kaliber wat ideaal is om enage ander kalibers goed aan te vul. n .22 is n lekker oefen en speel geweer maar die 204 doen dit wat die .22 doen net soveel beter, en sy vermoens en skiet afstande is net soveel beter.

Selfs vir iemand met n 22-250 wat n kleiner kaliber oorweeg sal ek hom aanbeveel. Ek persoonlik dink ek sit nou met die ideale kombinasie wat alle jag aspekte kan dek, n 204, 243 en die 300H&H (Nou net die groot hond se hickups uit sorteer) Dalk al wat ek nou nog kort is n papier skietter.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Altwee se eerste - Blokkies en die 204

Post by Marc »

Baie geluk julle  8) Pa en seun

Dit lyk my dis 'n "put your money where your mouth is" Daai klein man en die 204 gaan nog diep paaie stap in Afrika se stof  8)

Mooi foto's en dis regtig 'n mooi bokkie daai ook  ;)

Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Musketeer
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 73
Joined: Sun Apr 01, 2012 6:59 pm

Re: Altwee se eerste - Blokkies en die 204

Post by Musketeer »

Baie geluk!

Daar is min herinneringe so soet soos jou eerste bok.
Groetnis,
Peet

Hoyt Rampage XT
Savage 30.06
Harrington and Richardson 12BR
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Altwee se eerste - Blokkies en die 204

Post by Danie01 »

Baie geluk Blok en jnr!!

Ek onyhou ook nog elke oomblik van my eerste bok saam met my pa en hoe hy my presies verduidelik het waar en wanneer om te skiet en hoe bly my pa, saam met my was toe die skoot klap en bok in sy spore val.

Ek net spuit ons het nie sulke mooi foto's geneem nie, maar onthou ook daai lewer afsluk. My pa het my laat lewer sluk met elke eerste bok van n boksoort, dink nie dit was nodig nie, hehe.

Groete
Danie
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Altwee se eerste - Blokkies en die 204

Post by Ian »

Blok & Blokkies

Daar is seker nie 'n lekkerder gevoel as pa en seun so iets kan deel nie. Geluk aan julle 2 manne. Ou Blokkies was seker baie dors want ek sien hy het daai bier amper klaar.

Groete Ian
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2343
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Altwee se eerste - Blokkies en die 204

Post by henried »

Baie geluk aan julle, daai foto van jou seun by sy bok is Baie mooi.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Altwee se eerste - Blokkies en die 204

Post by Beretta »

Blok
Mooi man se jou mos niks is bang vir die 204 nie.Mooi geskiet Blokkies
Beretta
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Altwee se eerste - Blokkies en die 204

Post by Vlakvark »

Baie geluk Blok- kies
Geluk aan die jong man ook, nou sal hy elke naweek wil saam tot hy bietjie ouer is en as hy soos sy pa is glo ek nie dit sal baie jare wees nie. Dan is daar weer belangriker goed wat op naweke gedoen moet word. En as hy daai goed gewoond geraak het is jy weer terug in die veld saam met jou
Moet net nie laat hy so vroeg met die Girls begin soos met sy Bier nie  ;D
Image
Image
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Altwee se eerste - Blokkies en die 204

Post by BLOK »

Weereens dankie vir die gelukwense.

Die bier, hahaha ja nee kyk hy sal hom wat verbeel om n hele bier te kan drink. Nee wat dit was maar n kwart bier en was maar net om n glasie te klink op die suksesvolle dag se jag.

Die kan mos darem nie dat die man met n warm koeldrank sy pa se yskou bier wil mee klink nie.]

Oom Beret

Ja daai 204 lyk my is is baas, nou moet oom en die res ook net koop, hoe meer gewere hoe makliker is komponente later beskikbaar.
Last edited by BLOK on Mon Jun 04, 2012 1:03 pm, edited 1 time in total.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Altwee se eerste - Blokkies en die 204

Post by vlakvark1 »

Baie geluk Blok en Blokkies. Dit is voorwaar baie mooi gedoen. Jy kan baie trots wees op daai jong man. Dit bly n groot vreugde vir n pa as sy seun kan geniet wat n pa ook geniet ;)
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
gillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 957
Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am

Re: Altwee se eerste - Blokkies en die 204

Post by gillie »

Baie geluk !

Mooi fotos en storie !
.22 LR
.222 Rem
7mm-08
8x57 jrs
300 WinMag
375 H&H Mag CZ 550
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Altwee se eerste - Blokkies en die 204

Post by VdWalt »

Mooi so man! Baie geluk aan julle al drie, Blok ek dink die
daai 2 mannetjies pas mooi by mekaar. Boetie en Sussie
gaan nog lekker oor daai roertjie baklei!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Altwee se eerste - Blokkies en die 204

Post by BLOK »

Vdw

Dankie man

Nee jong hy leen maar solank sussue se geweer terwyl hy wag vir sy 243, wou eintlik graag dat hy met die 243 sy eerste bok skiet maar ai die sisteem rek dit darem te ver. Wil nie wag dat die man al baard het as hy sy eerste bok skiet nie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Altwee se eerste - Blokkies en die 204

Post by VdWalt »

Ek het so 35 jaar geled toe ek so 8 was my eerste bok(duiker) saam met my Pa met sy. 22
geskiet, ek en hy was alleen in die veld. Dit is een van my kosbaarste herinneringe van my Pa
wat ek het.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Altwee se eerste - Blokkies en die 204

Post by Francois Marais »

Geluk manne, voorwaar n mooi storie met goeie fotos, dankie vir die deel......

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Post Reply