Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Jy is reg. daai 2de is massief.
gelukkig hoef ek dit nie uit te dra nie. lyk of 'n ryding daar kan kom.
Fransois
Wat hoor julle van die slenkdal koors? Wil so middel julie ver noord loop jag, naby Otiwarongo. Sal seker teen daai tyd al verby wees.
sal jou laat weet waneer ons daar verby kom, eet moontilk op Windhoek.
Dis 2 netjiese vaalbeeste wat jy daar geskiet het! Sal nie omgee om self volgende week so een in di karoo vaste trek nie, maar enige iets bo 40 duim by ons is groot! Die bulle groei meer in hulle lywe as in hulle horings. Oom FM, ek dink die twee kan dalk bietjie meer uitslag. Hang ook seker af hoe hulle geweeg word. Ons het al agter gekom dat die vel van 'n koedoe +- 10-15% van sy gewig verloor sodra jy die vel aftrek. Oom behoort seker beter te weet met al die wild wat oom oes.
Weereens geluk met daai twee bulle Harris! Jy laat my sommer huistoe verlang!
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
ek dink daardie kudus is n rapsie oor 200kg. my pa het n paar jaar terug een op dieselfde plek geskiet van 61 duim en hy het 245kg uitgeslag vel af pote af ens. in die laaste 6jaar is daar al meet as 10 kudus van oor 55duim af gehaal en hulle almal behalwe een wat siek was het bo 200kg uitgeslag!
ek dink ek sal die bul inskryf. ek hou nogal daarvan dat sy een horing af is! gee homlekker karakter!!!
gam more weeg en sal dan presies vir julle se wat die gewigte is!!!
groete
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
Dis regtig twee pragtige koedoes! Baie geluk! Ek het nie geweet Natal het sulke mooi koedoes nie!
Niemand sal omgee om so 'n bul te skiet nie. Ek sal bereid wees om hom 'n entjie te dra as ek so groot oom kan skiet. Maar dan moet ek net die hulp van nog 'n paar manne h?. (so jy moet solank begin gym Ponkie wat jy gaan help dra. haha) Ek en my pa het 2 jaar gelede 'n bul by ons geskiet wat 191kg uitgeslag het en ek dink 47" was. Ek is nie heeltemal seker nie, maar ek dink amper Ponkie het die foto al op die forum geplaas.
My pa haat 'n rekenaar, maar ek wou hom baie graag hierdie foto's wys en die posts.
Hy se hy hoef nie bekommerd te wees oor wie die koedoe dra nie, hy ry met 'n Cruiser en ry tot reg langs hom!!
net wat jy daar se tiny- het met my cruiser tot langs die groot meneer gery en gelaai! die ander was 4 ure se werk- n bobbejaan met n kierie kan nie eers daar loop nie! my moto is "Skiet nou en praat later!!"
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
Tiny
Jou pa sal nog van n rekenaar hou as hy eenkeer gewys is hoe die ding werk en as hy agterkom hy hoef nie alles in daai boekie van hom in sy bo sak te skryf nie.. en as alles op reknaar is ,raak daai ou sakboekie weg met laasjaar se gewigte en wolpryse en bokhaar pryse...
Of as een van sy kinders oorsee gaan en hy SKYPE dan sal jy hom nie weer afkry nie
Groete
jb
Ek hoop van harte hy sal my genoeg mis om bereid te wees om met my te skype maar ek twyfel darm.. Die ou het groot geword in vetlampie se tyd en is nie lief vir veranderings nie.. Hy verstaan daai boekie van hom met sy bokhaarpryse en veegetalle in.. So ek los hom maar..