Page 1 of 1

Natal kudus! die beste!

Posted: Sun May 23, 2010 7:56 am
by Nico Harris
ek het die die afgelope naweek kudu gejag in ons omgewing.(zulu land)
was gelukkig en het twee gekry.

die eerste was 305m,met 30-06 en 180gr sst punte teen 2750. hoog op die skouer geskiet en net daar geval.48duim.

Image


die tweede een was 320m en is net agter die blad geskiet. hy het so 60m gemaak en toe gaan le. ook met die 30-06 geskiet. hy is 57,75dium.

Image

Image

groete

Re: Natal kudus! die beste!

Posted: Sun May 23, 2010 8:21 am
by Robert
Baie mooi bokke. Nogal n Rowland Ward. Gaan jy laat registreer? Wat slag hulle uit? Geniet die biltong. Robert

Re: Natal kudus! die beste!

Posted: Sun May 23, 2010 9:47 am
by Francois Marais
Harris

Mooi Kudu daardie tweede een, as ek kan raai slag hulle seker so 160-180 kg ??

Mooi loop
Francois

Re: Natal kudus! die beste!

Posted: Sun May 23, 2010 11:01 am
by Robert
Jy is reg. daai 2de is massief. :o
gelukkig hoef ek dit nie uit te dra nie. lyk of 'n ryding daar kan kom.

Fransois

Wat hoor julle van die slenkdal koors? Wil so middel julie ver noord loop jag, naby Otiwarongo. Sal seker teen daai tyd al verby wees.
sal jou laat weet waneer ons daar  verby kom, eet moontilk op Windhoek.

Robert

Re: Natal kudus! die beste!

Posted: Sun May 23, 2010 11:13 am
by tau
Baie mooi!!!!!!

Re: Natal kudus! die beste!

Posted: Sun May 23, 2010 12:36 pm
by Ponkie
Harris

Dis 2 netjiese vaalbeeste wat jy daar geskiet het! Sal nie omgee om self volgende week so een in di karoo vaste trek nie, maar enige iets bo 40 duim by ons is groot! Die bulle groei meer in hulle lywe as in hulle horings. Oom FM, ek dink die twee kan dalk bietjie meer uitslag. Hang ook seker af hoe hulle geweeg word. Ons het al agter gekom dat die vel van 'n koedoe +- 10-15% van sy gewig verloor sodra jy die vel aftrek. Oom behoort seker beter te weet met al die wild wat oom oes.

Weereens geluk met daai twee bulle Harris! Jy laat my sommer huistoe verlang!

Ponkie 

Re: Natal kudus! die beste!

Posted: Sun May 23, 2010 12:59 pm
by Nico Harris
ek dink daardie kudus is n rapsie oor 200kg. my pa het n paar jaar terug een op dieselfde plek geskiet van 61 duim en hy het 245kg uitgeslag vel af pote af ens. in die laaste 6jaar is daar al meet as 10 kudus van oor 55duim af gehaal en hulle almal behalwe een wat siek was het bo 200kg uitgeslag!

ek dink ek sal die bul inskryf. ek hou nogal daarvan dat sy een horing af is! gee homlekker karakter!!!

gam more weeg en sal dan presies vir julle se wat die gewigte is!!!

groete

Re: Natal kudus! die beste!

Posted: Sun May 23, 2010 1:26 pm
by Tiny
Joh Harris!!

Dis regtig twee pragtige koedoes! Baie geluk! Ek het nie geweet Natal het sulke mooi koedoes nie!

Niemand sal omgee om so 'n bul te skiet nie. Ek sal bereid wees om hom 'n entjie te dra as ek so groot oom kan skiet. Maar dan moet ek net die hulp van nog 'n paar manne h?.  ;) (so jy moet solank begin gym Ponkie wat jy gaan help dra. haha) Ek en my pa het 2 jaar gelede 'n bul by ons geskiet wat 191kg uitgeslag het en ek dink 47" was. Ek is nie heeltemal seker nie, maar ek dink amper Ponkie het die foto al op die forum geplaas.

Groete
Tiny

Re: Natal kudus! die beste!

Posted: Sun May 23, 2010 4:06 pm
by Francois Marais
Robert

Lees maar hier.........

http://jaracal.com/http://jaracal.com/phpbb//viewtopic.php?t=8

Sit ma alles hier wat ek raak sien ivm met die siekte.

Mooi loop
Francois

Re: Natal kudus! die beste!

Posted: Sun May 23, 2010 4:10 pm
by Francois Marais
Ponkie

Ja, my ondervinding is ook dat die vel omtrent 15% van die gewig uitmaak.

Mooi loop
Francois

Re: Natal kudus! die beste!

Posted: Sun May 23, 2010 7:29 pm
by Gerhard
Daai is nou 'n mooi koedoe

Ek dink ek moet later in die winter kom kuier...  ;D

Re: Natal kudus! die beste!

Posted: Sun May 23, 2010 7:46 pm
by Monrique (SJ)
Dis nou vir jou netjiese koedoes daai. Lyk my jy gooi gevaarlik met die 30 nul kwes en die 180gr. Lekker man. Geniet die biltong en die steaks

Re: Natal kudus! die beste!

Posted: Sun May 23, 2010 8:18 pm
by Tiny
Oom Robert

My pa haat 'n rekenaar, maar ek wou hom baie graag hierdie foto's wys en die posts.
Hy se hy hoef nie bekommerd te wees oor wie die koedoe dra nie, hy ry met 'n Cruiser en ry tot reg langs hom!!

Tiny

Re: Natal kudus! die beste!

Posted: Sun May 23, 2010 8:35 pm
by Nico Harris
net wat jy daar se tiny- het met my cruiser tot langs die groot meneer gery en gelaai! die ander was 4 ure se werk- n bobbejaan met n kierie kan nie eers daar loop nie! my moto is "Skiet nou en praat later!!"

Re: Natal kudus! die beste!

Posted: Sun May 23, 2010 8:38 pm
by JACQUES BOTHA
Tiny
Jou pa sal nog van n rekenaar hou as hy eenkeer gewys is hoe die ding werk   en as hy agterkom hy hoef nie alles in daai boekie van hom in sy bo sak te skryf nie.. en as alles op reknaar is ,raak daai ou sakboekie weg met laasjaar se gewigte en wolpryse en bokhaar pryse...
Of as een van sy kinders oorsee gaan en hy SKYPE dan sal jy hom nie weer afkry nie
Groete
jb

Re: Natal kudus! die beste!

Posted: Sun May 23, 2010 10:17 pm
by Tiny
Oom JB

Ek hoop van harte hy sal my genoeg mis om bereid te wees om met my te skype maar ek twyfel darm.. Die ou het groot geword in vetlampie se tyd en is nie lief vir veranderings nie.. Hy verstaan daai boekie van hom met sy bokhaarpryse en veegetalle in.. So ek los hom maar..

Mooi gaan
Tiny

Re: Natal kudus! die beste!

Posted: Mon May 24, 2010 12:13 am
by Ponkie
hahahahahahahahaha!  ;D ;D ;D

Dis nou PA Ponkie waarvan Tiny nou praat! Hy bly maar 'n karakter op sy eie! Ek gaan ook seker eendag soos hy wees!

Groete
Klein Ponkie