Page 1 of 1

Ou vlakkie

Posted: Mon Oct 15, 2012 8:00 am
by Carl
Ek het die ou trofee in die Rand Club in Johannesburg raak geloop. Daar was 'n paar mooi Koedoes en Elande ook. Ek dink die ou sal baie stories kan vertel. ;D

Re: Ou vlakkie

Posted: Mon Oct 15, 2012 8:12 am
by Jakkalsgat
Carl wrote: Ek het die ou trofee in die Rand Club in Johannesburg raak geloop. Daar was 'n paar mooi Koedoes en Elande ook. Ek dink die ou sal baie stories kan vertel. ;D
Carl

Dis mooi stel tande daai maar jy sien die taks het hulle nie diep genoeg gemount nie en is die bruin merke op die bo en onder stel hoe ver hulle moet uitsteek.

Soos ek se steeds mooi stel en kry jy hulle nie sommer meer nie.

Dankie vir die deel

Groete
Jaco

Re: Ou vlakkie

Posted: Mon Oct 15, 2012 8:14 am
by Geno
Die mount is gedokter.
Die tande is uitgetrek. Die regte posisie is daar die swart lyne begin, dit is waar die tandvleis se rand is.

[img width=560 height=373]https://dl.dropbox.com/u/49750262/Misce ... lakkie.jpg[/img]

Re: Ou vlakkie

Posted: Mon Oct 15, 2012 8:23 am
by Eugene
Man, maar hier is 'n klomp puriste en perfeksioniste op hierdie forum!  :o

As julle nie beweer 'n halfgevrete rooibokfoto is gedokter nie, dan beweer julle 'n vlakkie mount is gedokter... :angel: :angel: :angel:

Ek kan net droom van sulke kennis!  ;)

Re: Ou vlakkie

Posted: Mon Oct 15, 2012 8:29 am
by BLOK
As ek ook kan iets se sal dit wees die vark het virseker n paar vratte met potensiele rekord lengte.

Re: Ou vlakkie

Posted: Mon Oct 15, 2012 8:30 am
by Chevvy SS
Is die vratte nie ge-Botox nie?

Re: Ou vlakkie

Posted: Mon Oct 15, 2012 11:26 am
by Marc
BLOK wrote: As ek ook kan iets se sal dit wees die vark het virseker n paar vratte met potensiele rekord lengte.
Chevvy SS wrote: Is die vratte nie ge-Botox nie?
;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D

O ja, DAAI VARKIE SAL VERSEKER PAAR STORIES KAN VERTEL  ;)

Re: Ou vlakkie

Posted: Mon Oct 15, 2012 1:05 pm
by Carl
Hahaha lekker het ek nou gelag, nie geweet van die tricks maar aangesien die een onder in die snoeker kamer was, is die kans goed dat die manne hom met tyd groter gemaak het.

Re: Ou vlakkie

Posted: Mon Oct 15, 2012 1:12 pm
by johnny
Smaak my daai vlakkie was by n goeie tandarts en het n implantaat gekry.

groetnis

Johnny