Page 1 of 2
My meisie is ook nou 'n jagter!
Posted: Mon Nov 19, 2012 7:58 am
by Geno
More manne,
So is ons die afgelope naweek na Kommandonek (Ian-hul se familieplaas) vir Dawid se 50ste en Dawid jnr se 21ste verjaarsdag.
Ek het vooraf met Ian gere?l dat ek my roeper en geweer sal bring, sodat ek kan kyk om te help met sy jakkalse.
Ek kon toe vrydag-aand na 'n re?nbui hierdie 3 jaar oue teef geskiet kry met Black Jack Enkel. Ian sal verdere detail verskaf.
Ian het my 'n hele ruk terug genooi om 'n rooibok te skiet, en saterdag was 'n ideale geleendheid om my meisie haar eerste bok te laat skiet.
Hier skiet sy vooraf op 'n gong:
3 Skote, en al 3 kere lui sy die gong.
Ons is toe na 'n area waar 'n ramtrop geloop het, waarna ons afgeklim het om te bekruip.
Ian het bitter mooi rooibokke by hom, en die versoeking was partykeer groot om een van die 25" manne te skiet, maar ek is gevra om te kyk vir 'n jong ram.
'n Paar keer het ons naby die rooibokke gekom, maar dit was of die wind- of 'n #$@&*% tarentaal wat ons posisie weggegee het.
Die trop ramme het toe in 'n area genaamd "Serengeti" ingehol, en ons het nader beweeg aan die vlakte. Toe ons op 'n gunstige posisie kom, sit ek die bipod uit, en s? vir Lila "Vat jou tyd, en skiet hom mooi agter die blad".
Nou, ons het vooraf besluit om 'n breinskoot te skiet, maar omdat die afstand aansienlik verder was as die beplande 80-100m, het ek 'n kans gewaag deur haar met my .25-06 gelaai met 75gr V-Max vir die longe te laat skiet.
Die skoot het geloop, en na 'n ewigheid het die "shhhh-dup"- geluid weergalm. Die ram het in sy spore geval, 2 keer geskop, en stilgel?.
Na die tyd het ons die afstand gemeet op 243m.
Daar was min vleisskade. Die koeël is in, 2 ribbes gebreek, hoog deur die longe en het vasgesteek teen die oorkantste ribbes.
Ian, weereens dankie vir die bok my maat!
Dawid en Dawid, lekker verjaar! Dankie vir 'n mase lekker party!
Groete,
Eugene
Re: My meisie is ook nou 'n jagter!
Posted: Mon Nov 19, 2012 8:08 am
by VdWalt
Baie geluk!
Re: My meisie is ook nou 'n jagter!
Posted: Mon Nov 19, 2012 8:10 am
by Jaco Swart
Geno wrote:
Ian, weereens dankie vir die bok my maat!
Dawid en Dawid, lekker verjaar! Dankie vir 'n mase lekker party!
Groete,
Eugene
Dankie Jaco. Die vleis was ook baie lekker, jy is voorwaar 'n wonderlike kok!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!11
Re: My meisie is ook nou 'n jagter!
Posted: Mon Nov 19, 2012 8:11 am
by Eugene
Baie geluk, mooi fotos en baie mooi vertel!

Re: My meisie is ook nou 'n jagter!
Posted: Mon Nov 19, 2012 8:17 am
by Gerhard
Baie geluk man!!!
Re: My meisie is ook nou 'n jagter!
Posted: Mon Nov 19, 2012 8:27 am
by Carl
Geluk, mooi fotos en goed geskiet! Dis 'n baie mooi geelvis hengel plek daardie ;-) Veral in die winter.
Re: My meisie is ook nou 'n jagter!
Posted: Mon Nov 19, 2012 8:28 am
by G-force
Geno en Lila baie geluk aan julle twee,dis n baie mooi ram en n wonderlike skoot!Lila kan maar n hou gooi,dis n feit.
Ian hulle het n verskriklikke mooi plaas,ek sal volgende jaar my dogter soentoe vat om n ding of twee te skiet.
Re: My meisie is ook nou 'n jagter!
Posted: Mon Nov 19, 2012 8:39 am
by Chris Swart
Baie geluk
Ek het ook die jaar die "fout" gemaak om my vrou te leer jag.
Geno, jy moet net weet jy gaan van nou af either meer betaal, of self minder jag

Re: My meisie is ook nou 'n jagter!
Posted: Mon Nov 19, 2012 8:39 am
by Dawie Malan
Geno
Is daai mooi meisie blind of mal? Wat sien sy in JOU??
Baie geluk.
Dawie
Re: My meisie is ook nou 'n jagter!
Posted: Mon Nov 19, 2012 8:44 am
by Marc
Baie geluk aan albei van julle
Geno Dankie vir die toevoeging van nog n asem tot ons Jagters stem en geluk Lila met n lifetime achievement

Re: My meisie is ook nou 'n jagter!
Posted: Mon Nov 19, 2012 10:23 am
by Frikkiedbr
Baie geluk en dankie vir die deel. Ja nee kyk hier kom 'n ding
Mooi dag
Re: My meisie is ook nou 'n jagter!
Posted: Mon Nov 19, 2012 10:32 am
by BRNO (Pierre)
Chris Swart wrote:
Baie geluk
Ek het ook die jaar die "fout" gemaak om my vrou te leer jag.
Geno, jy moet net weet jy gaan van nou af either meer betaal, of self minder jag
Baie mooi geskiet Lila,en mooi afgerig Geno!
Soos jy het ek ook die tou oorgetrap, en my vrou kry n splinternuwe Savage Axis vir kersfees. Die scope le al in die kluis.
Re: My meisie is ook nou 'n jagter!
Posted: Mon Nov 19, 2012 10:40 am
by Spanner
Dawie Malan wrote:
Geno
Is daai mooi meisie blind of mal? Wat sien sy in JOU??
Dawie
Ja nee kyk, ek moet ook hier saam stem : Geno het ?n goeie oog, en uitmuntende smaak in die keuse van ?n maat ?. Ongelukkig kan ons nie dieselfde s? van Lila nie ! Haar smaak in maats laat mens wonder !
Maar ek moet erken ? as ?n vet en lelike girl beried is om vir al my jagte te betaal, sal ek ook maar haar hand vas hou en mooi glimlag as sy na my toe kyk ?.

Jag is duur k?rels, en ?n mens maak enige moontlike plan om dit te laat gebeur ! Lila se voorbeeld hier is net weer bewys daarvan !
OK, Genoeg gek geskeer. Baie geluk aan julle twee, maar nou gaan jou jagte regtig duur word mater, maar dit is soveel meer aangenaam !
Re: My meisie is ook nou 'n jagter!
Posted: Mon Nov 19, 2012 12:19 pm
by 243Songdaug
Geluk ou maat! jys gelukkig om so 'n bok te h? - pas haar mooi op en moedig haar aan
Re: My meisie is ook nou 'n jagter!
Posted: Mon Nov 19, 2012 12:38 pm
by Jakkalsgat
243Songdaug wrote:
Geluk ou maat! jys gelukkig om so 'n bok te h? - pas haar mooi op en moedig haar aan
Was daai dan nie 'n ram nie
Geluk Geno aan albei van julle
Groete
Jaco
Re: My meisie is ook nou 'n jagter!
Posted: Mon Nov 19, 2012 12:42 pm
by Varminter-308
Dis darm lekker as alles die eerste keer mooi afloop.
Baie geluk.
Re: My meisie is ook nou 'n jagter!
Posted: Mon Nov 19, 2012 4:29 pm
by Ian
Dit was net 'n "Great" naweek, alles het so mooi geloop en net 'n plesier gewees. Dankie aan jou en Lila wat so goed gedoen het en veral met die jakkals.
Manne, die storie oor die jakkals - ons is laat uit weens 'n kwaai elektriese donderstorm. Ek het die Wildfire uitgesit en Geno het jakkalsblaf

laat speel en die teef het geantwoord en presies 8 minute van dat die wildfire uitgesit is het die 25-06 geantwoord. Die teef was so ligsku dat Geno eers kiss of death toe wha wha en toe vlekkie 3

( als in 3 sekondes) gebruik het om haar te stop op 131 meter. Ek en Geno het 'n optopsie gedoen die volgende oggend en 'n Rooihartebeeskalf in haar pens gekry. (Geno, jy bly stil oor GEORGE

) Sy was die helper van die teef wat deur Freek uitgehaal is so 4 weke terug. Geno, as ek mag komplimenteer "jy verstaan 'n jakkals"
Dankie aan al die ander Jaracal manne wat dit die moeite werd kom maak het vir Dawid Snr en Jnr.
Jaco, jou varkie en skaap was 10/10 en die mense het groot gepraat aan die etenstafel en ek is bly ek het jou ontmoet.
Mooi week
Re: My meisie is ook nou 'n jagter!
Posted: Mon Nov 19, 2012 5:19 pm
by Cobus(Cobb)
Ian se familie plaas is tog 'n mooi plek, naby aan PWV area met olraait paaie tot daar.
Ontvangs was lekker vriendelik met Geno, Ian, David x2, Blok wat eers baie laat daar opgedaag het en dan die nuwe gesiggies Lila en Jaco Swart en sy gesin.
Slaapplek en ander geriewe is gemaklik, swembad is (soos Jaco s?) minus 3duisend en agt grade koud, maar Ian hulle is besig met sonpanele.
Die plek is baie mooi, met tarentale wat selfs vir Geno laat bewe.
Alles mooi netjies en prima slagfasilityte
Ons het net so vinige draai deur die wild gery en ek sit so paar selfoon kiekies op.
Pryslyste kan 'n man seker self by Ian vra
Cheers
Kleinwild

Eland troppie

Koppies in agtergrond is baie indrukwekkend

Vaalrivier deur die plaas

Van die fasilityte
Cheers
Re: My meisie is ook nou 'n jagter!
Posted: Mon Nov 19, 2012 6:03 pm
by Marc
Dankie Cobus
Heng Ian dink ek gaan jou moet kontak die winter, dalk sommer die somer ook, vir n vissie of twee
Bitter mooi plek, dankie vir die foto's Cobb
Mooi loop
Marc
Re: My meisie is ook nou 'n jagter!
Posted: Mon Nov 19, 2012 6:20 pm
by JAGTERSREG-JRM
Netjies gedoen...................
Re: My meisie is ook nou 'n jagter!
Posted: Mon Nov 19, 2012 7:35 pm
by JuanPaul
Hallo Geno,
Baie geluk aan jou meisie met haar mooi bok en dis altyd lekker as 'n mens alles deel met die een in jou lewe! @ Ian 'n baie mooi plek van jou daai!!!
Juan
Re: My meisie is ook nou 'n jagter!
Posted: Mon Nov 19, 2012 9:34 pm
by Koos Barnard
Geno
Geluk aan die nooientjie met haar eerste bok en dit nogal op so 'n groot afstand! Lekker om so 'n storie te lees. Hoop daar is nog baie sulke jagte vir julle.
Mooi loop
Re: My meisie is ook nou 'n jagter!
Posted: Mon Nov 19, 2012 11:28 pm
by JPS
Geno,
Baie geluk met daai dame van jou se eerste bok, Puik skoot daarby ook.
Ek neem aan sy is nou ook die nuwe drywer van daai roer van jou

Tyd vir nog een.
Mooi loop
JP
Re: My meisie is ook nou 'n jagter!
Posted: Tue Nov 20, 2012 8:54 am
by Geno
Dankie manne.
Ian, vandat Jason se klanke op die mark is, hoef ek seker nie meer te jok oor waarmee ek vir die afgelope jaar jakkalse inroep nie. Die toetsfase is mos verby.
Ian wrote:
Manne, die storie oor die jakkals - ons is laat uit weens 'n kwaai elektriese donderstorm. Ek het die Wildfire uitgesit en Geno het
jakkalsblaf Black Jack Enkel
laat speel en die teef het geantwoord en presies 8 minute van dat die wildfire uitgesit is het die 25-06 geantwoord. Die teef was so ligsku dat Geno eers kiss of death toe wha wha en toe
vlekkie 3Elsneus 
( als in 3 sekondes) gebruik het om haar te stop op 131 meter.
Re: My meisie is ook nou 'n jagter!
Posted: Tue Nov 20, 2012 10:51 am
by Ian
[quote="Geno"]
Ian, vandat Jason se klanke op die mark is, hoef ek seker nie meer te jok oor waarmee ek vir die afgelope jaar jakkalse inroep nie. Die toetsfase is mos verby.
Geno, dankie vir die reghelp, ek wou net die ouens so 'n bietjie laat kopkrap

. Nou gaan Jason se foon baie besig wees.
Cobus, dankie vir die mooi foto's en bemarking

.