So is ons die afgelope naweek na Kommandonek (Ian-hul se familieplaas) vir Dawid se 50ste en Dawid jnr se 21ste verjaarsdag.
Ek het vooraf met Ian gere?l dat ek my roeper en geweer sal bring, sodat ek kan kyk om te help met sy jakkalse.
Ek kon toe vrydag-aand na 'n re?nbui hierdie 3 jaar oue teef geskiet kry met Black Jack Enkel. Ian sal verdere detail verskaf.

Ian het my 'n hele ruk terug genooi om 'n rooibok te skiet, en saterdag was 'n ideale geleendheid om my meisie haar eerste bok te laat skiet.
Hier skiet sy vooraf op 'n gong:
3 Skote, en al 3 kere lui sy die gong.

Ons is toe na 'n area waar 'n ramtrop geloop het, waarna ons afgeklim het om te bekruip.
Ian het bitter mooi rooibokke by hom, en die versoeking was partykeer groot om een van die 25" manne te skiet, maar ek is gevra om te kyk vir 'n jong ram.
'n Paar keer het ons naby die rooibokke gekom, maar dit was of die wind- of 'n #$@&*% tarentaal wat ons posisie weggegee het.
Die trop ramme het toe in 'n area genaamd "Serengeti" ingehol, en ons het nader beweeg aan die vlakte. Toe ons op 'n gunstige posisie kom, sit ek die bipod uit, en s? vir Lila "Vat jou tyd, en skiet hom mooi agter die blad".
Nou, ons het vooraf besluit om 'n breinskoot te skiet, maar omdat die afstand aansienlik verder was as die beplande 80-100m, het ek 'n kans gewaag deur haar met my .25-06 gelaai met 75gr V-Max vir die longe te laat skiet.
Die skoot het geloop, en na 'n ewigheid het die "shhhh-dup"- geluid weergalm. Die ram het in sy spore geval, 2 keer geskop, en stilgel?.
Na die tyd het ons die afstand gemeet op 243m.
Daar was min vleisskade. Die koeël is in, 2 ribbes gebreek, hoog deur die longe en het vasgesteek teen die oorkantste ribbes.


Ian, weereens dankie vir die bok my maat!
Dawid en Dawid, lekker verjaar! Dankie vir 'n mase lekker party!
Groete,
Eugene









