My meisie is ook nou 'n jagter!

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

My meisie is ook nou 'n jagter!

Post by Geno »

More manne,
So is ons die afgelope naweek na Kommandonek (Ian-hul se familieplaas) vir Dawid se 50ste en Dawid jnr se 21ste verjaarsdag.
Ek het vooraf met Ian gere?l dat ek my roeper en geweer sal bring, sodat ek kan kyk om te help met sy jakkalse.
Ek kon toe vrydag-aand na 'n re?nbui hierdie 3 jaar oue teef geskiet kry met Black Jack Enkel. Ian sal verdere detail verskaf.
Image

Ian het my 'n hele ruk terug genooi om 'n rooibok te skiet, en saterdag was 'n ideale geleendheid om my meisie haar eerste bok te laat skiet.
Hier skiet sy vooraf op 'n gong:
3 Skote, en al 3 kere lui sy die gong.
Image

Ons is toe na 'n area waar 'n ramtrop geloop het, waarna ons afgeklim het om te bekruip.
Ian het bitter mooi rooibokke by hom, en die versoeking was partykeer groot om een van die 25" manne te skiet, maar ek is gevra om te kyk vir 'n jong ram.
'n Paar keer het ons naby die rooibokke gekom, maar dit was of die wind- of 'n #$@&*% tarentaal wat ons posisie weggegee het.
Die trop ramme het toe in 'n area genaamd "Serengeti" ingehol, en ons het nader beweeg aan die vlakte. Toe ons op 'n gunstige posisie kom, sit ek die bipod uit, en s? vir Lila "Vat jou tyd, en skiet hom mooi agter die blad".
Nou, ons het vooraf besluit om 'n breinskoot te skiet, maar omdat die afstand aansienlik verder was as die beplande 80-100m, het ek 'n kans gewaag deur haar met my .25-06 gelaai met 75gr V-Max vir die longe te laat skiet.

Die skoot het geloop, en na 'n ewigheid het die "shhhh-dup"- geluid weergalm. Die ram het in sy spore geval, 2 keer geskop, en stilgel?.
Na die tyd het ons die afstand gemeet op 243m.
Daar was min vleisskade. Die koeël is in, 2 ribbes gebreek, hoog deur die longe en het vasgesteek teen die oorkantste ribbes.
Image

Image

Ian, weereens dankie vir die bok my maat!
Dawid en Dawid, lekker verjaar! Dankie vir 'n mase lekker party!

Groete,
Eugene
Last edited by Geno on Tue Feb 05, 2013 9:22 am, edited 1 time in total.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: My meisie is ook nou 'n jagter!

Post by VdWalt »

Baie geluk!
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: My meisie is ook nou 'n jagter!

Post by Jaco Swart »

Geno wrote: Ian, weereens dankie vir die bok my maat!
Dawid en Dawid, lekker verjaar! Dankie vir 'n mase lekker party!

Groete,
Eugene
Dankie Jaco. Die vleis was ook baie lekker, jy is voorwaar 'n wonderlike kok!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!11
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: My meisie is ook nou 'n jagter!

Post by Eugene »

Baie geluk, mooi fotos en baie mooi vertel!  :)
Aim small, miss small
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: My meisie is ook nou 'n jagter!

Post by Gerhard »

Baie geluk man!!!
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: My meisie is ook nou 'n jagter!

Post by Carl »

Geluk, mooi fotos en goed geskiet! Dis 'n baie mooi geelvis hengel plek daardie ;-) Veral in die winter.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: My meisie is ook nou 'n jagter!

Post by G-force »

Geno en Lila baie geluk aan julle twee,dis n baie mooi ram en n wonderlike skoot!Lila kan maar n hou gooi,dis n feit.
Ian hulle het n verskriklikke mooi plaas,ek sal volgende jaar my dogter soentoe vat om n ding of twee te skiet.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: My meisie is ook nou 'n jagter!

Post by Chris Swart »

Baie geluk

Ek het ook die jaar die "fout" gemaak om my vrou te leer jag.

Geno, jy moet net weet jy gaan van nou af either meer betaal, of self minder jag  ;D ;D ;D
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 844
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: My meisie is ook nou 'n jagter!

Post by Dawie Malan »

Geno

Is daai mooi meisie blind of mal? Wat sien sy in JOU??

;D

Baie geluk.

Dawie
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: My meisie is ook nou 'n jagter!

Post by Marc »

Baie geluk aan albei van julle  ;)

Geno Dankie  vir die toevoeging van nog n asem tot ons Jagters stem en geluk Lila met n lifetime achievement  8)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: My meisie is ook nou 'n jagter!

Post by Frikkiedbr »

Baie geluk en dankie vir die deel. Ja nee kyk hier kom 'n ding  :laugh:

Mooi dag
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: My meisie is ook nou 'n jagter!

Post by BRNO (Pierre) »

Chris Swart wrote: Baie geluk

Ek het ook die jaar die "fout" gemaak om my vrou te leer jag.

Geno, jy moet net weet jy gaan van nou af either meer betaal, of self minder jag  ;D ;D ;D
Baie mooi geskiet Lila,en mooi afgerig Geno!

Soos jy het ek ook die tou oorgetrap, en my vrou kry n splinternuwe Savage Axis vir kersfees. Die scope le al in die kluis.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: My meisie is ook nou 'n jagter!

Post by Spanner »

Dawie Malan wrote: Geno

Is daai mooi meisie blind of mal? Wat sien sy in JOU??

Dawie
Ja nee kyk, ek moet ook hier saam stem : Geno het ?n goeie oog, en uitmuntende smaak in die keuse van ?n maat ?. Ongelukkig kan ons nie dieselfde s? van Lila nie !  Haar smaak in maats laat mens wonder !  ;D

Maar ek moet erken ? as ?n vet en lelike girl beried is om vir al my jagte te betaal, sal ek ook maar haar hand vas hou en mooi glimlag as sy na my toe kyk ?.  ;) Jag is duur k?rels, en ?n mens maak enige moontlike plan om dit te laat gebeur !  Lila se voorbeeld hier is net weer bewys daarvan !

OK, Genoeg gek geskeer.  Baie geluk aan julle twee, maar nou gaan jou jagte regtig duur word mater, maar dit is soveel meer aangenaam !
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: My meisie is ook nou 'n jagter!

Post by 243Songdaug »

Geluk ou maat!  jys gelukkig om so 'n bok te h? - pas haar mooi op en moedig haar aan
Dont tell me, show me......
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: My meisie is ook nou 'n jagter!

Post by Jakkalsgat »

243Songdaug wrote: Geluk ou maat!  jys gelukkig om so 'n bok te h? - pas haar mooi op en moedig haar aan
Was daai dan nie 'n ram nie ???

Geluk Geno aan albei van julle

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
Varminter-308
Full Member
Full Member
Posts: 219
Joined: Mon Nov 05, 2012 2:02 pm

Re: My meisie is ook nou 'n jagter!

Post by Varminter-308 »

Dis darm lekker as alles die eerste keer mooi afloop.

Baie geluk.
CZ 550 Varmint Laminated '308

Hou die lood in die lug....!!!!
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: My meisie is ook nou 'n jagter!

Post by Ian »

Dit was net 'n "Great" naweek, alles het so mooi geloop en net 'n plesier gewees. Dankie aan jou en Lila wat so goed gedoen het en veral met die jakkals.
Manne, die storie oor die jakkals - ons is laat uit weens 'n kwaai elektriese donderstorm. Ek het die Wildfire uitgesit en Geno het jakkalsblaf  ;D laat speel en die teef het geantwoord en presies 8 minute van dat die wildfire uitgesit is het die 25-06 geantwoord. Die teef was so ligsku dat Geno eers kiss of death toe wha wha en toe vlekkie 3  ;D ( als in 3 sekondes) gebruik het om haar te stop op 131 meter. Ek en Geno het 'n optopsie gedoen die volgende oggend en 'n Rooihartebeeskalf in haar pens gekry.  (Geno, jy bly stil oor GEORGE  ;D) Sy was die helper van die teef wat deur Freek uitgehaal is so 4 weke terug. Geno, as ek mag komplimenteer "jy verstaan 'n jakkals"

Dankie aan al die ander Jaracal manne wat dit die moeite werd kom maak het vir Dawid Snr en Jnr.
Jaco, jou varkie en skaap was 10/10 en die mense het groot gepraat aan die etenstafel en ek is bly ek het jou ontmoet.

Mooi week
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: My meisie is ook nou 'n jagter!

Post by Cobus(Cobb) »

Ian se familie plaas is tog 'n mooi plek, naby aan PWV area met olraait paaie tot daar.

Ontvangs was lekker vriendelik met Geno, Ian, David x2, Blok wat eers baie laat daar opgedaag het en dan die nuwe gesiggies Lila en Jaco Swart en sy gesin.

Slaapplek en ander geriewe is gemaklik, swembad is (soos Jaco s?) minus 3duisend en agt grade koud, maar Ian hulle is besig met sonpanele.
Die plek is baie mooi, met tarentale wat selfs vir Geno laat bewe.
Alles mooi netjies en prima slagfasilityte

Ons het net so vinige draai deur die wild gery en ek sit so paar selfoon kiekies op.
Pryslyste kan 'n man seker self by Ian vra

Cheers

Kleinwild
Image
Eland troppie
Image
Koppies in agtergrond is baie indrukwekkend
Image
Vaalrivier deur die plaas
Image
Image
Van die fasilityte
Image

Cheers
Last edited by Cobus(Cobb) on Mon Nov 19, 2012 5:21 pm, edited 1 time in total.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: My meisie is ook nou 'n jagter!

Post by Marc »

Dankie Cobus

Heng Ian dink ek gaan jou moet kontak die winter, dalk sommer die somer ook, vir n vissie of twee  8)

Bitter mooi plek, dankie vir die foto's Cobb

Mooi loop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2334
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: My meisie is ook nou 'n jagter!

Post by JAGTERSREG-JRM »

Netjies gedoen...................
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
JuanPaul
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Mon Jan 23, 2012 8:57 am

Re: My meisie is ook nou 'n jagter!

Post by JuanPaul »

Hallo Geno,

Baie geluk aan jou meisie met haar mooi bok en dis altyd lekker as 'n mens alles deel met die een in jou lewe! @ Ian 'n baie mooi plek van jou daai!!!

Juan
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2159
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: My meisie is ook nou 'n jagter!

Post by Koos Barnard »

Geno
Geluk aan die nooientjie met haar eerste bok en dit nogal op so 'n groot afstand! Lekker om so 'n storie te lees. Hoop daar is nog baie sulke jagte vir julle.
Mooi loop
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: My meisie is ook nou 'n jagter!

Post by JPS »

Geno,
Baie geluk met daai dame van jou se eerste bok, Puik skoot daarby ook.

Ek neem aan sy is nou ook die nuwe drywer van daai roer van jou ;D Tyd vir nog een.

Mooi loop
JP
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: My meisie is ook nou 'n jagter!

Post by Geno »

Dankie manne.

Ian, vandat Jason se klanke op die mark is, hoef ek seker nie meer te jok oor waarmee ek vir die afgelope jaar jakkalse inroep nie. Die toetsfase is mos verby. :D
Ian wrote: Manne, die storie oor die jakkals - ons is laat uit weens 'n kwaai elektriese donderstorm. Ek het die Wildfire uitgesit en Geno het jakkalsblaf  Black Jack Enkel;D laat speel en die teef het geantwoord en presies 8 minute van dat die wildfire uitgesit is het die 25-06 geantwoord. Die teef was so ligsku dat Geno eers kiss of death toe wha wha en toe vlekkie 3Elsneus  ;D ( als in 3 sekondes) gebruik het om haar te stop op 131 meter.
Goed, beter, 6millimeter!
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: My meisie is ook nou 'n jagter!

Post by Ian »

[quote="Geno"]
Ian, vandat Jason se klanke op die mark is, hoef ek seker nie meer te jok oor waarmee ek vir die afgelope jaar jakkalse inroep nie. Die toetsfase is mos verby. :D

Geno, dankie vir die reghelp, ek wou net die ouens so 'n bietjie laat kopkrap ;D. Nou gaan Jason se foon baie besig wees.

Cobus, dankie vir die mooi foto's en bemarking  :D.
Post Reply