Rooikat

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
Dirk

Rooikat

Post by Dirk »

Image

Dis nou nie 'n trophy nie,maar ek het gister so lekker stories gelees dat ek sommer die aand wapens opgeneem het. Was gelukkig om die een voor 9 uur te skiet.
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Rooikat

Post by Caller »

Dirk

Jag lekker in die maanlig n???!!!  ::) Passop net vir skelm maak ou swaer, veral katte (sien baie goed in die nag) en veral in maanlig. :o

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
tafjak

Re: Rooikat

Post by tafjak »

Dirk

Ek sien jou roer skiet 'n bietjie hoog en ons moet vleis in jou bene kry anders vrek jy hierdie winter. :D Jong katte sien goed in donker- en volmaan, jy moet net jou wegkruipery goed kan doen. Jy doen dit goed as ek die deftige kat sien.

Van die slimste katte/jakkalse word in 'n redelike maan geskiet omdat lig minder sensitief op die ouens se oe is. Hou net beweging BAIE beperk en moet nooit die lig van die dier afhaal terwyl dit inkom nie. Slegs my eie mening en ondervinding. Seker domgoed waarmee ek te doen kry. ;)

Groetnis

Taffie
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Rooikat

Post by Caller »

Taffie

Ja jy's reg. Ek verkies maar die nag so donker moontlik (veral vir katte), maar as jy gedwing word, dan maak jy mos maar aanpassings. Wou maar net die manne atend maak. Het verstaan dirk het gaan roep omdat hy lus was en nie omdat hy gedwing was nie. ??? Of is ek verkeerd Dirk?

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
tafjak

Re: Rooikat

Post by tafjak »

Caller

Jy's reg wou net my ondervinding deel, ek jag basies tot so 2 aande voor volmaan en 2 dae daarna sal ek weer begin. Gebiede wat ek goed ken (bosserig en klowe, kies jou staanplek net goed) jag ek deur volmaan, maar hou volmaan as 'n verskoning om nie te jag as dit nodig word. Locate die jakkalse ook en kies dan 'n staanplek dienooreenkomstig hulle posisie. Ek weet die vlaktes en geel gras van die Vrystaat en dele van die N-Oos Kaap is nie so geskik vir hierdie benadering nie. Maar soos hulle se, 'n boer maak altyd 'n plan.

Groetnis

Taffie
Dirk

Re: Rooikat

Post by Dirk »

Ons ondervinding is dat ons die meeste katte in die maanskyn skiet. Nie heeltemal volmaan nie. In ons gebied loop hulle dan meer rond. Ons roep ook nie baie katte nie jy ry hom sommer raak (plat w?reld).
tafjak

Re: Rooikat

Post by tafjak »

Dirk

Wat is jou ondervinding met lig en hoe sensitief die kat hom gedra in maanlig teenoor donkermaan?

Taffie
Dirk

Re: Rooikat

Post by Dirk »

Charles wat nou 'n nuwe lid is het my geleer om my katte in die maanskyn te skiet. Hy skiet baie katte in ons omgewing, en hy bel my en se jy kan maar gaan die katte loop rond, en soos klokslag skiet ek my kat. Ek wonder of hy nie ook vir ons 'n eier hier kan l? nie.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Rooikat

Post by JACQUES BOTHA »

dirk.
Jy al gekyk hoe lyk die weer wat in die aankom is as charles jou bel? Ek dink veral Caller sal dit van belang vind..
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Rooikat

Post by Caller »

Ek is die ene ore. ::)

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
tafjak

Re: Rooikat

Post by tafjak »

Ek ok!!!
Albe

Re: Rooikat

Post by Albe »

Hi, is nuut op forum,en vir comp, maw,BC. Maar ja jag al van "92 en dink dit is makliker om n ou jak te roep as om die comp te werk.        My beste sukses met die rkatte is windstil reenerige aande, roepe waarmee ek sukses het is sphaas, steenbok en interesant die mannietjies kom in op groot rooikat,en wyf op klein rooikatjie.  n Rare geval was so n maand gelede 3h30 die ogend toe n man en wyf met 3 kleintjies in pens saam ingekom het.  Miskien het imand anders ook al so n geval gekry. Ek kry gereeld 2 man en selfs al 3 wyf by mekaar, praat spisefiek van ouer kate. Wel nog n ding van kat roep is baie baie baie gedult. Wel sterkte en hang die katte
Ambessa

Re: Rooikat

Post by Ambessa »

Hallo Jakata

Niks fout met jou tikstyl nie. Gooi meer oor jou ervarings met rkatte.

Ambessa
Albe

Re: Rooikat

Post by Albe »

Ambessa                                                                                                                                                                          n Metode wat goed werk en baie gedult het is hokke.                                                                                                                Rkatte wat honger is kom gewoontlik gou in, en dan hou ek van om by n vars vangs van kat te staan.                                              Ek gebruik rkat klanke met sukses, maar sal nog graag n rkat distress wil probeer, dalk het imand al, laat weet tog as dit werk.          Groete Jakata
Ambessa

Re: Rooikat

Post by Ambessa »

Hallo Jakata

Dankie vir die info. Neem werk om die regte rooikat uit te vang?

Ambessa
Post Reply