Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
hierdie varke het ons hierdie jaar sover geskiet. hulle is meestal geskiet vir vleis bestellings. al die varke het tussen 40kg en 45 kg uitgeslag. almal van hulle is met my 30-06 geskiet.
50m in die harloop nek skoot
my broer - 80m agter die blad
240m voor die kop geskiet
120m waar die nek en die skouer by mekaar kom skoot
groete
nico
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
Ek en mamma-beer het self verlede week gaan jag net buitekant Baltimore. Ons het elkeen 'n paar varke geskiet, hulle was nie so groot in lyf nie maar hulle was spekvet en gaan heerlike eet-vleis maak. Die een sog wat ek met my .30-06 Musgrave (130gr GS HV, 51.5gr S321, TPL 82mm) geskeit het het nogal mooi tande gehad. Ek gaan dit op 'n plankie monteer as dit eers skoongemaak is. Sy was so 60m van ons af en besig om stadig na ons oe te wei. Hoop ek kry die foto ding nog reg...
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
Ek het my eerste Amerikaanse vrou goed leer Afrikaans praat. Sy het in Italy grootgeword, en kon 4 of 5 tale praat, en het dit maklik aangeleer, maar sy het met die vreeslikste goed uitgekom. Sy het n vlakvark n fak-fak genoem, n volstruis was n ostruis. Sy vertel vir een van my ou skoonpelle daar, bring jou wyf, en dan gaan eet ons saam by die restaurant!
Ek mis vir ou piefjang-poefjang, die ou mense het ons altyd bang gepraat met die varkies. Het baie vlakvarke gepoach in die mielielande met my army R1 hier rondtom 1975-1978.