Page 1 of 1

Drakensberg Eland Bul

Posted: Thu Jul 08, 2010 9:58 pm
by Piet Breedt
Ek het so paar jaar gelede hierdie mooi Eland Bul met my .308 geskiet. Dit was in die Natalse Grakensberge naby Underberg gewees. Hy het 404kg uitgeslag. Ek het nog 2 ander bulle ook op dieselfde dag geskiet. Een van hulle was ook groot, en die ander jonger. Ek sal dit nooit weer doen nie. Ek en my boetie, en n ou skoolvriend het ons byna simpel gewerk. Ons het eers laat middag nog hulp gekry.

Hier hang hy met sy binnegoed reeds uit. My boetie het 3 dae voor myne, ook een op dieselfde plaas geskiet wat 463kg uitgeslag het. Sy horings was maar kort, maar sy nek het soos Mike Tyson s'n gelyk.

Image

Hy het 36" horings gehad met n lekker skrop borsel tussen die o?. Ek het die eerste bul amper te hoog geskiet tussen die o?, agv die lang hare van sy skropborsel

Image

Re: Drakensberg Eland Bul

Posted: Thu Jul 08, 2010 10:27 pm
by Gerhard
Kyk....

Daai is nou 'n BUL!!!!!

Sal daar van hou om so man eendag aan te tree met die boog.  :o

Baie geluk.

Re: Drakensberg Eland Bul

Posted: Fri Jul 09, 2010 7:19 am
by Geno
Ja-nee, dit is 'n proper eland! En dit nogal met die 308, watse koeels het Oom gebruik?
Baie geluk!

Groete

Re: Drakensberg Eland Bul

Posted: Fri Jul 09, 2010 7:47 am
by Piet Breedt
Sierra 150gr Flat base. Hulle is baie akkuraat in my geweer, en vir kop skote het mens nie n premium ko?el nodig nie.

Re: Drakensberg Eland Bul

Posted: Fri Jul 09, 2010 11:22 am
by Monrique (SJ)
Piet

Mooi man, hoe lank het julle aan hom ge-eet?
n Vrind van my het 3jaar terug een van 410 kg geskiet en het amper 2 jaar aan hom gesluk.

Groetnis

SJ

Re: Drakensberg Eland Bul

Posted: Fri Jul 09, 2010 4:38 pm
by Piet Breedt
SJ, ek het op daardie stadium n slaghuis gehad.

Re: Drakensberg Eland Bul

Posted: Fri Oct 15, 2010 10:06 am
by Stefan764
Baie mooi bul!

Het self n reus platgetrek laaste naweek van 2009 se jagseisoen in die Carolina omgewing. Sal hom in die trofeekamer post.

Hy het 450kg uitgeslag met 34" horings

Groete
Stefan

Re: Drakensberg Eland Bul

Posted: Fri Oct 15, 2010 12:50 pm
by Nico Harris
Wat is daardie plaas se naam? lyk bekend vir my!