Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
M?re manne,
Ek het die naweek hierdie jakkie reun met die 308 geskiet tussen Brits en Thabazimbi. Was besig om koedoe te jag, toe kom jakkie in sig, hy was besig om aan 'n rooibok been te vreet. Bekruip hom toe en dop hom om op +-90m. Die knaldemper maak dit baie makliker om deur te volg, kon hom eintlik sien tiep deur die scope.
Mooi gegooi daar, nou kort jy nog net 'n roeper en stoel en die Kaap is Hollands... Ek dink jakkals en rooikat "bounty hunters" in daai area is redelik skaars. Wildboere besef nie mooi die skade wat deur die ongediertes aan hul wild aanteel veroorsaak word nie.
Kevan Healy van Bloem Custom Rifles het die kd gebou.
Ek sal definitief belangstel, en ek kan nog een of twee manne van Secunda/Bethal se kant af bykry ook.
Freek, ek stem saam, daar is bitter min jakkie jagters die kant. i.v.m die stoel. Ek het mos ingeskryf vir die Bosvark.