Page 1 of 1

Eerste jakkie met die nuwe knaldemper

Posted: Mon Jul 12, 2010 7:37 am
by Geno
M?re manne,
Ek het die naweek hierdie jakkie reun met die 308 geskiet tussen Brits en Thabazimbi. Was besig om koedoe te jag, toe kom jakkie in sig, hy was besig om aan 'n rooibok been te vreet. Bekruip hom toe en dop hom om op +-90m. Die knaldemper maak dit baie makliker om deur te volg, kon hom eintlik sien tiep deur die scope.

Image

Image

Image

Groete,
Eugene

Re: Eerste jakkie met die nuwe knaldemper

Posted: Mon Jul 12, 2010 8:15 am
by Freek
Geluk Eugene,

Mooi gegooi daar, nou kort jy nog net 'n roeper en stoel en die Kaap is Hollands... Ek dink jakkals en rooikat "bounty hunters" in daai area is redelik skaars. Wildboere besef nie mooi die skade wat deur die ongediertes aan hul wild aanteel veroorsaak word nie.

Re: Eerste jakkie met die nuwe knaldemper

Posted: Tue Jul 13, 2010 5:30 pm
by Piet Breedt
Mooi Geno, ek wens my tande was nog so mooi soos daai Jakkie s'n.

Wie het die KD vir jou gemaak?

Sal jy belangstel in die kursus wat by Delmas aangebied gaan word?

Re: Eerste jakkie met die nuwe knaldemper

Posted: Wed Jul 14, 2010 7:39 am
by Geno
Hallo Oom Piet,

Kevan Healy van Bloem Custom Rifles het die kd gebou.
Ek sal definitief belangstel, en ek kan nog een of twee manne van Secunda/Bethal se kant af bykry ook.

Freek, ek stem saam, daar is bitter min jakkie jagters die kant. i.v.m die stoel. Ek het mos ingeskryf vir die Bosvark. ;)

Groete,
Eugene

Re: Eerste jakkie met die nuwe knaldemper

Posted: Wed Jul 14, 2010 7:48 am
by Piet Breedt
Geno

Kyk op die thread "Jaracal Roep Kursus te Delmas" en sit asb die pelle wat jy wil saambring se name op. Daar is net plek vir 20