Page 1 of 1
My eerste Rooikat
Posted: Thu Sep 09, 2010 10:03 am
by Francois Marais
Manne
Roep al van 1995, al n kat of twee geskiet, maar hierdie is nou wragtig my eerste Rooikat wat ek ROEP EN SKIET. Nie n groot kat nie, het na so 10 minute van klein hasie combo met n spoed ingestorm en kom kyk. Ek het al geglo dat ek nooit n kat sal kan roep en skiet nie, so hoop die wiel het nu vir goed gedraai.
Mooi loop
Francois
Re: My eerste Rooikat
Posted: Thu Sep 09, 2010 10:11 am
by Raven
Francois,
Mooi man, ek sien jy het sommer behoorlik onder die jakkies ook gelooi. Ek tel 7 jakkies, is dit reg?
Raves
Re: My eerste Rooikat
Posted: Thu Sep 09, 2010 10:25 am
by Piet Breedt
Mooi Francois
Ek tel 2 jakke agter die rooikat, so dan lyk dit na 8 jakke.
Francois, watter kleur is jou Cruiser onder die swart waterverf?
Re: My eerste Rooikat
Posted: Thu Sep 09, 2010 10:50 am
by Freek
Lekker Francois,
Dit het ook nog nie met my gebeur nie, maar miskien iewer "along the line" sal ek 'n dom rooikat raakloop...

Re: My eerste Rooikat
Posted: Thu Sep 09, 2010 10:55 am
by Robert
Francois
Gee bietjie meer info. Wat weeg daai kat van jou?
Mooi man. Lekker om so 'n bakkie te laai.
Robert
Re: My eerste Rooikat
Posted: Thu Sep 09, 2010 11:40 am
by Ooploop
Francois!
Maggies maar jy het omtrent gemoor onder die goed! Goed gedoen.
Ek kon nog nie n roeper kry wat jakklase van onder die wind in roep nie,maar ek gaan 1 probeer bou,hy sal ook rooikatte kan inroep.... Sal jou die 1ste 1 stuur!!!!!!
Mooiloop
Ooploop
Re: My eerste Rooikat
Posted: Thu Sep 09, 2010 12:59 pm
by boeta
Frans
Mooi man,leker klomp jakolkies daai.
Boeta
Re: My eerste Rooikat
Posted: Thu Sep 09, 2010 7:42 pm
by Skolla
Francois
So moet n bakkie gelaai word.
Mooi man!
Skolla
Re: My eerste Rooikat
Posted: Thu Sep 09, 2010 7:45 pm
by Christo
Francois Marais wrote:
As daai gesig een is van blydskap??? hoe lyk hy as hy kwaad is.
Mooi gedoen FM
Christo
Re: My eerste Rooikat
Posted: Thu Sep 09, 2010 7:55 pm
by Louis102
Christo wrote:
......As daai gesig een is van blydskap???.....
Ja nee wraggies, smile 'n bietjie man! As my bakkie so vol van die jekoltjies sou hang, sou jy net tanne sien.
Mooigegooi
Louis
Re: My eerste Rooikat
Posted: Thu Sep 09, 2010 8:12 pm
by Raven
Christo wrote:
......As daai gesig een is van blydskap???.....
Miskien was die koeels op
Raven
Re: My eerste Rooikat
Posted: Thu Sep 09, 2010 9:09 pm
by Skolla
Francois
Waar het jy so n klomp goggas gekry?
Hoop dis ver van my af!
Skolla
Re: My eerste Rooikat
Posted: Thu Sep 09, 2010 10:00 pm
by Nico de Jager
Francios
Aan die ander kant hang ook seker soveel anners kan daai Cruiser omval...
Goed gedoen.
Groete
Ribbok
Re: My eerste Rooikat
Posted: Fri Sep 10, 2010 8:55 am
by Freek
Hey manne, dit is harde werk om so 'n klomp jakkalse op een aand te skiet... vra my ek probeer nog daai score haal. Dan is daar nog die rooikat, glad nie 'n maklike prooi nie. Ek kan verstaan as Franswa moeg lyk

Re: My eerste Rooikat
Posted: Sun Sep 12, 2010 3:26 pm
by iceman1982
Francois,
Al wat my oog kan vang is dat jy n Toyota ry en daar is n Ford se rim op jou bak vir die spaarwiel?
Ag nee man....
Re: My eerste Rooikat
Posted: Sun Sep 12, 2010 4:16 pm
by Theo E
mooi FM
i have yet to call one in and shoot it but the day will come !
Theo
Re: My eerste Rooikat
Posted: Mon Sep 13, 2010 10:51 am
by Geno
Baie mooi gegooi Francois!
Re: My eerste Rooikat
Posted: Mon Sep 13, 2010 8:18 pm
by Francois Marais
Manne.....manne
Ja-nee, gedink die gesiggie sal die nodige kommetaar ontlok, was maar bietjie gatlam reken ek, belowe om oppi volgende een mooi te smile.
Aan die bakkie hang nege, twee, twee, drie agter die kat, en dan een en een, ek kon een nie kry nie, was n 220m skoot met die 204, en ek dink n bietjie laag, reken die jakkie het opgestaan, wind was BAIE onplesierig en ek is nie heel seker van die skootplasing nie, ek het ook een in n gat begrawe, dit het sleg brandsiek gehad en die stert was al n kaal stok, wou nie die ding baie hanteer nie.
Baie dankie aan al julle manne se gelukwensinge, moet in die toekoms weer op die plaas n draai gaan maak, en sal dan mooi meet en weeg, hierdie jakkies is op drie stands geskiet, so jakkalse is genoeg op hierdie plaas.
Piet, die cruiser is spierwit, waterverf doen nogal die ding.
Ice, daai issi n Ford rim nie, maar n original 7JX16 pro-white, nogal met n BF Goodridge oorgetrek.
Skolla, Waldeck, so 40 km uit die dorp uit, by Arris oos, van 1994 af net wild oppi plek, die jakkalse dink dis Wallmart.
Robert, was sommer n jong katjie, seker ma so 8kg, geskat.
Mooi loop
Francois