Page 1 of 2
n Mooi Ribbok
Posted: Fri Sep 10, 2010 8:20 pm
by Nico de Jager
Jis Manne
Ek het hierdie ribbok na vele probeerslae "geskiet" gekry.
Die fotos se kwaliteit is nie so goed nie want hierdie meneer is uitgeslape, jy kom nie naby hom nie so jy moet maar taamlik "zoom".
Groete
......Ribbok!!!
Re: n Mooi Ribbok
Posted: Fri Sep 10, 2010 9:18 pm
by Ponkie
Oom Nico
Wats die lengte van daai meneer se horings min of meer? Ek sal nie omgee om eendag so oukie plat te trek nie...
Groete
Ponkie
Re: n Mooi Ribbok
Posted: Sat Sep 11, 2010 8:27 am
by Gerhard
Daai is 'n MONSTER!!!
Re: n Mooi Ribbok
Posted: Sat Sep 11, 2010 11:07 am
by Christo
hier by my loop ook 'n paar mooi trofee bokke. Het al offers van soveel as R 5000 gehad, die uitlanders sal volgende winter kom kyk as deel van 'n pakket.
Re: n Mooi Ribbok
Posted: Sat Sep 11, 2010 7:37 pm
by Nico de Jager
Jis Ponkie
As die horings gelyk met die ore is, reken ons dit vir so 6". So 2" verby die ore is dit so 8" en n goeie trofee. Hierdie een is egter heelwat langer. Miskien is hier manne wat goed kan skat, hulle moet maar se wat hulle dink.
Groete
Ribbok
Re: n Mooi Ribbok
Posted: Sat Sep 11, 2010 7:40 pm
by Nico de Jager
Jis Gerard
As jy van n monster praat moet jy Ooploop se trofee sien.
Groete
Ribbok
Ooploop sit hom bietjie op!
Re: n Mooi Ribbok
Posted: Sat Sep 11, 2010 7:47 pm
by Theo E
Ribbok
9."7/8 ??
Theo
Re: n Mooi Ribbok
Posted: Sat Sep 11, 2010 8:24 pm
by Nico de Jager
Jis Manne
Hierdie een was 10 1\8". Ongelukkig le sy ore plat en agtertoe so kan nie as verwysing gebruik word nie.

Groete
Ribbok
Re: n Mooi Ribbok
Posted: Sat Sep 11, 2010 8:27 pm
by Nico de Jager
Jis Theo
Ja dis n goeie skatting. Kom ons hoor wat die manne nog se.
Groete
Ribbok
Re: n Mooi Ribbok
Posted: Sat Sep 11, 2010 9:15 pm
by johan
Hy is minstens 10duim ? Miskien n aks langer ?
Re: n Mooi Ribbok
Posted: Sun Sep 12, 2010 11:42 am
by Gerhard
Hy is nie onder 10 duim nie...
Re: n Mooi Ribbok
Posted: Mon Sep 13, 2010 7:58 am
by Geno
9 4/8" Ek glo nie langer as dit nie.
Ek het die foto tot op skaal gezoom en gemeet.
Groete,
Eugene
Re: n Mooi Ribbok
Posted: Mon Sep 13, 2010 7:26 pm
by Nico de Jager
Jis Geno,
Baie interessante post van jou. Meet hierdie horings ook.
Groete
Ribbok
Re: n Mooi Ribbok
Posted: Mon Sep 13, 2010 8:02 pm
by Piet Breedt
Ribbok, n maat van my het eendag n vlakvark sowat 6 skote geskiet voor hy geval het. Ek vra toe vir hom wat hy met die vleis gaan maak. Hy s? toe Cabbanosi. Ek antwoord toe en s? ek dag hy gaan hom smelt en sinkers maak, met al daardie lood in hom.
Ek hoop nie dit is wat met die Ribbok gebeur het, met al die sinkers so agter hom uitgestal.
Re: n Mooi Ribbok
Posted: Mon Sep 13, 2010 9:01 pm
by Nico de Jager
Jis Piet
Nee darem nie, as jy 6 skote op n ribbok skiet sal een miskien raak wees, hy staan altyd anderkant bitter ver. Ek kan myself nie eers naasteby n duiker noem nie maar ek krap so af en toe n paar sinkers bymekaar. Ek het van elke soort een gehou, baie is tuisgemaak.
Groete
Ribbok
Re: n Mooi Ribbok
Posted: Mon Sep 13, 2010 9:09 pm
by Piet Breedt
Grap maar net. Ek duik ook graag sinkers uit as ek kan. Die probleem in Natal is egter dat die Indiers "sparkplugs and all"
gebruik vir sinkers. Dit lyk of hulle karre daar diens so om die rotse.
Re: n Mooi Ribbok
Posted: Tue Sep 14, 2010 2:36 pm
by Geno
Ribbok wrote:
Jis Geno,
Baie interessante post van jou. Meet hierdie horings ook.
Groete
Ribbok
Ribbok,
Daai een is moeilik aangesien sy ore platter/laer as die lewendige bok se ore is.

Ek het die lewendige bok gezoom tot die horing gelyk met die ore 6 duim was, en toe die hele horing gemeet.
Ek moet bieg, as jy so baie zoom, dan "distort" die punt van die horing, to suig ek maar duim oor waar die punt moet wees...
Skreeu maar as julle dink dit was verkeerd, of nooi my net om hom te kom jag en dan met kabeltjie en tape te kom meet
Groete,
Eugene
Re: n Mooi Ribbok
Posted: Tue Sep 14, 2010 2:53 pm
by Geno
Sorry julle, my wiskunde by die huis vergeet, het hom weer gemeet en dit lyk eerder na 10 4/8"
Ribbok,
Se maar wat jy van daai skatting dink.
Weereens sorry
Groete,
Eugene
Re: n Mooi Ribbok
Posted: Tue Sep 14, 2010 10:47 pm
by Rooies
Ribbok
n paar van hulle kom nie dalk daar van 'skool se bank en vo?lklip af nie ?
groete
rooies
Re: n Mooi Ribbok
Posted: Wed Sep 15, 2010 5:21 pm
by Ooploop
Jis Ribbok
Sal skat daai horings is so 10 duim.
Ek gaan nou nou probeer my ribbok horings opsit,hoop ek kry dit reg.
Groete
Ooploop
Re: n Mooi Ribbok
Posted: Wed Sep 15, 2010 7:26 pm
by Ooploop
Jis Ribbok
Hier is my ribbok foto.Ek het weer na daai ribbok horings van jou gekyk,dink ek het hul te kort geskat,sal se 10,5 duim.
Wat dink julle is die bok se horing lengte?
Groete
Ooploop

Re: n Mooi Ribbok
Posted: Wed Sep 15, 2010 7:31 pm
by Nico de Jager
Jis Ooploop
I REST MY CASE!!!!!!!!
Groete
Re: n Mooi Ribbok
Posted: Wed Sep 15, 2010 7:48 pm
by Nico de Jager
Jis Geno
Jyt my vir n oomblik deurmekaar gehad want ek het van die begin af 10 1\2" geskat, toe jy se jyt hom gemeet het ek getwyfel want in die landbou se ons om te meet is om te weet ,maar ek kon nie glo ek skat n duim uit nie.
Groete
Ribbok
Re: n Mooi Ribbok
Posted: Wed Sep 15, 2010 7:50 pm
by Nico de Jager
Jis Rooies
So ongeveer 80-90 km wes van daai plekke. Het jy gehengel daar?
Groete
Ribbok
Re: n Mooi Ribbok
Posted: Wed Sep 15, 2010 7:51 pm
by Piet Breedt
Blikskottel.!!!
Dis moerse horings daai