Page 1 of 1
Blouwildebees bul
Posted: Sun Sep 19, 2010 7:44 pm
by Freek
Re: Blouwildebees bul
Posted: Mon Sep 20, 2010 9:31 am
by Raven
Freek,
Mooi man, vertel bietjie oor die geweertjie wat jy vashou.
Kaliber en punt gebruik?
Dis lekker as 'n man nie onnodig vleis te beskadig nie.
Raven
Re: Blouwildebees bul
Posted: Mon Sep 20, 2010 10:27 am
by Freek
Norton, dit is my ou staat maker Jakkals roer die... aka trippel 7/.303/ majubakettie/ "war horse" hy werk lekker van bosvarke, rooibok, koedoes, jakkalse reg deur tot Blouwilde bees. Het nog nie kans gekry om buffel met hom aan te vat nie maar sal jou laat weet sodra die geleentheid hom voordoen.
Die ou LEE Enfield MKIV by my oupa geerf en hom so bietjie "gesportarize", oorspronklike oorlog loop korter laat sny van 24" na 18". Het 'n geweer gesoek vir bosvark jag in die mielies, lekker kort en maklik om te hanteer. Na die operasie het sy gegroepeer maar die punte "key-hole" as hulle die teiken tref - man sal v?r soek om 'n kaliber te kry met harder slaan krag as daai 303 punte wat die teiken so dwars tref. Nou ja om die probleempie op te los het TRUVELO vir my hin 18" bull barrel met silencer gebou en tot vandag toe skiet ons lekker saam sonder enige drama, jy kan maar s? ons loop saam soos dans en musiek. Die ander roere in die kluis is baie meer modern, maar aai die een werk so lekker...
Laai maar self; Remington doppe, CCI primers, S335 39gr agter 174gr PMP punt - goedkoopste en skiet lekker raak en dood.
Re: Blouwildebees bul
Posted: Mon Sep 20, 2010 10:57 am
by Geno
Freek,
Mooi man, so moet 'n bwb pakslae kry!
Groete,
Eugene
Re: Blouwildebees bul
Posted: Mon Sep 20, 2010 5:16 pm
by Ooploop
Freek
Mooiskoot,mens moet nooit n 303 onderskat nie,ek self skiet somtyds met myne en ek het groot respek vir hom.
Groete
Ooploop
Re: Blouwildebees bul
Posted: Mon Sep 20, 2010 6:42 pm
by Theo E
good shooting
freek
Re: Blouwildebees bul
Posted: Tue Sep 21, 2010 7:43 am
by Freek
Dankie manne ek waardeer die komplimente. Die bwb is opgesny vir biltong en "steaks", moet eerlik wees die vleis is heerlik sag so oor die kole. My vrou marineer die braai vleisie met olyf olie en "balsamic vinagar" so 4 ure voor ons braai. As die kole reg is, word die steaks net so medium gebraai - boeta en is hulle lekker! Wonder nogal of die slagter nie 'n fout gemaak het en my wildsvleis met gewone bees om geruil het nie - kon wees die dag toe ek die vleis gaan oplaai het, is ek seker hy het vir sy 2 ib geskree... "bring daai bees, die man is hier vir sy vleis".

Re: Blouwildebees bul
Posted: Thu Oct 14, 2010 1:26 pm
by Stefan764
Mooi skoot Freek! Mag ek vra hoe ver was hy gewees en hoe het daai 173greiner binne in die skedel gemaak?
Baie mooi trofee ook!
Groete
Stefan
Re: Blouwildebees bul
Posted: Thu Oct 14, 2010 2:18 pm
by Freek
Stefan, daai was so 'n 80m skoot. Koel is deur kop en gekry waar nek en skedel by mekaar kom so 70% van sy totale gewig oor gehad.