Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Het die bul laat middag raak geloop met 'n jag uitstappie in Augustus 2010 - 28.5 duim. Toe hy val wens die PH my geluk met 'n netjiese blad skoot. Het noggals innerlike pret gehad toe die man eers die blad skoot op die bok soek, nadat ons nader gestap het, maar geen koel gat op die blad kon kry nie. Groot was sy verbasing toe hy die gaatjie tussen die oge sien; een PH wat nie veel uitgelap het om die kampvuur later die aand nie...
Last edited by Freek on Sun Sep 19, 2010 8:47 pm, edited 1 time in total.
Norton, dit is my ou staat maker Jakkals roer die... aka trippel 7/.303/ majubakettie/ "war horse" hy werk lekker van bosvarke, rooibok, koedoes, jakkalse reg deur tot Blouwilde bees. Het nog nie kans gekry om buffel met hom aan te vat nie maar sal jou laat weet sodra die geleentheid hom voordoen.
Die ou LEE Enfield MKIV by my oupa geerf en hom so bietjie "gesportarize", oorspronklike oorlog loop korter laat sny van 24" na 18". Het 'n geweer gesoek vir bosvark jag in die mielies, lekker kort en maklik om te hanteer. Na die operasie het sy gegroepeer maar die punte "key-hole" as hulle die teiken tref - man sal v?r soek om 'n kaliber te kry met harder slaan krag as daai 303 punte wat die teiken so dwars tref. Nou ja om die probleempie op te los het TRUVELO vir my hin 18" bull barrel met silencer gebou en tot vandag toe skiet ons lekker saam sonder enige drama, jy kan maar s? ons loop saam soos dans en musiek. Die ander roere in die kluis is baie meer modern, maar aai die een werk so lekker...
Laai maar self; Remington doppe, CCI primers, S335 39gr agter 174gr PMP punt - goedkoopste en skiet lekker raak en dood.
Dankie manne ek waardeer die komplimente. Die bwb is opgesny vir biltong en "steaks", moet eerlik wees die vleis is heerlik sag so oor die kole. My vrou marineer die braai vleisie met olyf olie en "balsamic vinagar" so 4 ure voor ons braai. As die kole reg is, word die steaks net so medium gebraai - boeta en is hulle lekker! Wonder nogal of die slagter nie 'n fout gemaak het en my wildsvleis met gewone bees om geruil het nie - kon wees die dag toe ek die vleis gaan oplaai het, is ek seker hy het vir sy 2 ib geskree... "bring daai bees, die man is hier vir sy vleis".