Blouwildebees bul

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Blouwildebees bul

Post by Freek »

Het die bul laat middag raak geloop met 'n jag uitstappie in Augustus 2010 - 28.5 duim. Toe hy val wens die PH my geluk met 'n netjiese blad skoot. Het noggals innerlike pret gehad toe die man eers die blad skoot op die bok soek, nadat ons nader gestap het, maar geen koel gat op die blad kon kry nie. Groot was sy verbasing toe hy die gaatjie tussen die oge sien; een PH wat nie veel uitgelap het om die kampvuur later die aand nie... ;) ;D

Image

Image
Last edited by Freek on Sun Sep 19, 2010 8:47 pm, edited 1 time in total.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Blouwildebees bul

Post by Raven »

Freek,
Mooi man, vertel bietjie oor die geweertjie wat jy vashou.
Kaliber en punt gebruik?

Dis lekker as 'n man nie onnodig vleis te beskadig nie.

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Blouwildebees bul

Post by Freek »

Norton, dit is my ou staat maker Jakkals roer die... aka trippel 7/.303/ majubakettie/ "war horse" hy werk lekker van bosvarke, rooibok, koedoes, jakkalse reg deur tot Blouwilde bees. Het nog nie kans gekry om buffel met hom aan te vat nie maar sal jou laat weet sodra die geleentheid hom voordoen. ;) 8)

Die ou LEE Enfield MKIV by my oupa geerf en hom so bietjie "gesportarize", oorspronklike oorlog loop korter laat sny van 24" na 18". Het 'n geweer gesoek vir bosvark jag in die mielies, lekker kort en maklik om te hanteer. Na die operasie het sy gegroepeer maar die punte "key-hole" as hulle die teiken tref - man sal v?r soek om 'n kaliber te kry met harder slaan krag as daai 303 punte wat die teiken so dwars tref. Nou ja om die probleempie op te los het TRUVELO vir my hin 18" bull barrel met silencer gebou en tot vandag toe skiet ons lekker saam sonder enige drama, jy kan maar s? ons loop saam soos dans en musiek. Die ander roere in die kluis is baie meer modern, maar aai die een werk so lekker... ;) ;) ;D

Laai maar self; Remington doppe, CCI primers, S335 39gr agter 174gr PMP punt - goedkoopste en skiet lekker raak en dood.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Blouwildebees bul

Post by Geno »

Freek,
Mooi man, so moet 'n bwb pakslae kry!

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Ooploop
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:18 pm

Re: Blouwildebees bul

Post by Ooploop »

Freek

Mooiskoot,mens moet nooit n 303 onderskat nie,ek self skiet somtyds met myne en ek het groot respek vir hom.

Groete
Ooploop
User avatar
Theo E
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 333
Joined: Thu Feb 18, 2010 7:44 pm

Re: Blouwildebees bul

Post by Theo E »

good shooting
freek
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Blouwildebees bul

Post by Freek »

Dankie manne ek waardeer die komplimente. Die bwb is opgesny vir biltong en "steaks", moet eerlik wees die vleis is heerlik sag so oor die kole. My vrou marineer die braai vleisie met olyf olie en "balsamic vinagar" so 4 ure voor ons braai. As die kole reg is, word die steaks net so medium gebraai - boeta en is hulle lekker! Wonder nogal of die slagter nie 'n fout gemaak het en my wildsvleis met gewone bees om geruil het nie - kon wees die dag toe ek die vleis gaan oplaai het, is ek seker hy het vir sy 2 ib geskree... "bring daai bees, die man is hier vir sy vleis". ;)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Blouwildebees bul

Post by Stefan764 »

Mooi skoot Freek! Mag ek vra hoe ver was hy gewees en hoe het daai 173greiner binne in die skedel gemaak?

Baie mooi trofee ook!

Groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Blouwildebees bul

Post by Freek »

Stefan, daai was so 'n 80m skoot. Koel is deur kop en gekry waar nek en skedel by mekaar kom so 70% van sy totale gewig oor gehad.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Post Reply