Windheuwel Jag 11 Mei 2013
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Windheuwel Jag 11 Mei 2013
Hallo manne,
Ek het die naweek bietjie een van my vriende, sy broer, pa en seuntjie uit gevat om te jag in die Vrystaat. Was lekker koel gewees.
3 van die 4 manne het nog nooit gejag nie so dit was groot opgewondenheid die naweek.
Ons het begin deur vir my vriend se seuntjie (9 jaar oud) 'n blesbok te soek. Op 112m het ons 'n mooi ram gesien. Die mannetjie het aangele met my 22-250 en die skoot het geloop. Pragtige skoot en die bok het net daar geval. Ek weet nie wie was meer bly nie, hy of sy pa.
Die bok gaan aflaai om solank geslag te word.
Verder gegaan en toe mooi swartwildebees bul gesien. 234m en my vriend het laat loop met sy 300 win mag. Die bees het nie ver gehardloop nie toe is sy asem klaar. Baie mooi bul.
My vriend se pa is 67 jaar oud. Dit was sy eerste jag en hy was verskriklik opgewonde. Weer trop swb bulle gesien en ek het met die verkyker mooi uitgesoek en hom beduie watter een dit is. Op 191m het die bok plank dwars gedraai en die oom het gegooi. Pragtige skoot. Die bul het net so klein entjie gehardloop en toe hy val was alle hel los. Die ander bulle storm hom toe en gaffel hom. Ons moes vinnig maak anders het hulle daardie bul klomp gate in gesteek.
Ek het ook darem so gebreklike bul uithgehaal met 'n bitter lekker skootjie.
Toe is dit nog net een blesbok wat oorbly. Ons het 2 baie mooi ramme gesien en my vriend se broer het pragtige skoot geskiet in die hart/longe.
Klomp gelukkige jagters en almal het gekry wat hulle gesoek het. Hier is so paar foto's.
My seuntjie Andre (2 jaar oud) was ook saam met die laaste blesbok en toe hy sien almal neem foto's met die bokke was daar geen keer nie. Hy wou ook net by die bok staan.
Nodeloos om te se almal is goed ingewy en hulle het werklik pragtige bokke geskiet en pragtige skote.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Re: Windheuwel Jag 11 Mei 2013
Hier is nog foto's
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Riaan Beeslaar
- Hero Member

- Posts: 678
- Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am
Re: Windheuwel Jag 11 Mei 2013
Baie geluk Marno, mooi gemaak
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Windheuwel Jag 11 Mei 2013
Lekker storie en mooi fotos.
Bly julle het die jag geniet.
Bly julle het die jag geniet.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Windheuwel Jag 11 Mei 2013
Manne kom ek vertel julle ek was verbaas toe oom Chris hulle hier stop en ons begin inweeg!!
Die swaarste SWB (oom Chris sin) 93.5 kg!!!! Dis die rekord wat nog by my ingehandig is!
Mooi gemaak manne!!

Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Windheuwel Jag 11 Mei 2013
Sjoe, dit lyk sommer lekker koud.
Wat 'n voorreg om deel van so 'n groepie te kon wees. Vir my is daar niks lekkerder as om saam met 'n nuweling sy heel eerste bok te kan skiet nie.
Jy het mooi gemaak. Baie mooi fotos.
Groete

Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Re: Windheuwel Jag 11 Mei 2013
Dankie manne!! Was wraggies lekker om manne uit te vat wat nie kanse vat nie en wat kan skiet al was dit hulle eerste bokke.
-
Stasoft
- Full Member

- Posts: 111
- Joined: Mon Sep 05, 2011 3:12 pm
Re: Windheuwel Jag 11 Mei 2013
Baie mooi fotos en bokke. Geluk.
- Roger
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am
- Evert
- Sr. Member

- Posts: 301
- Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm
Re: Windheuwel Jag 11 Mei 2013
Baie Mooi ou maat.
Darem het ek my Swartwildebees ok daar geskiet.

Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Windheuwel Jag 11 Mei 2013
Welgedaan Marno,
Dit lyk uitstekend. Die foto van die eerste blesbok is dit opmerklik dat sy horings nogal stomp afgewerk is. Ek wonder wat die oorsaak is, was dit 'n ouer bok?
Groete,
JHN

"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Windheuwel Jag 11 Mei 2013
Geluk met jou span, Marno.
Plat wêreld! Sukkel seker om naby te kom?
Groetnis
Plat wêreld! Sukkel seker om naby te kom?
Groetnis
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Re: Windheuwel Jag 11 Mei 2013
Hi Johan,Johan Nel wrote:Welgedaan Marno,
Dit lyk uitstekend. Die foto van die eerste blesbok is dit opmerklik dat sy horings nogal stomp afgewerk is. Ek wonder wat die oorsaak is, was dit 'n ouer bok?
Groete,
JHN
Jong ek het toe ek die horings van nader beskou gesien dit lyk of een van die vorige groepe se jagters daai horings af geskiet het. Hierdie is die eerste jaar wat ek en my broer alleen reg het op die plaas so dink ons gaan nog paar sulke verrassings kry.
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Re: Windheuwel Jag 11 Mei 2013
Dankie oom Pieter.Pieter Willem Vorster wrote:Geluk met jou span, Marno.
Plat wêreld! Sukkel seker om naby te kom?
Groetnis
Ja nee gits ons moes maar werk om naby genoeg te kom want hulle het so 3 weke terug kom bokke uit vang daar. Gewoonlik is die goed darem nie te wild nie.
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Windheuwel Jag 11 Mei 2013
marno wrote:Hi Johan,Johan Nel wrote:Welgedaan Marno,
Dit lyk uitstekend. Die foto van die eerste blesbok is dit opmerklik dat sy horings nogal stomp afgewerk is. Ek wonder wat die oorsaak is, was dit 'n ouer bok?
Groete,
JHN
Jong ek het toe ek die horings van nader beskou gesien dit lyk of een van die vorige groepe se jagters daai horings af geskiet het. Hierdie is die eerste jaar wat ek en my broer alleen reg het op die plaas so dink ons gaan nog paar sulke verrassings kry.
Dis n jagter met n plan - vyl en maatband - hy gaan nie trofee prys betaal nie!
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Re: Windheuwel Jag 11 Mei 2013
VdWalt wrote:marno wrote:Hi Johan,Johan Nel wrote:Welgedaan Marno,
Dit lyk uitstekend. Die foto van die eerste blesbok is dit opmerklik dat sy horings nogal stomp afgewerk is. Ek wonder wat die oorsaak is, was dit 'n ouer bok?
Groete,
JHN
Jong ek het toe ek die horings van nader beskou gesien dit lyk of een van die vorige groepe se jagters daai horings af geskiet het. Hierdie is die eerste jaar wat ek en my broer alleen reg het op die plaas so dink ons gaan nog paar sulke verrassings kry.
Dis n jagter met n plan - vyl en maatband - hy gaan nie trofee prys betaal nie!
Ja nee wraggies. Hahaha. Ek dink regtig waar daar is nog paar gemerkte bokke wat daar rond loop. Die ouens wat voorheen die jagte hanteer het het lekker aangejaag.