Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het die foto's so 2 weke gelede geneem omtrent so 4 uur die middag. Hoop die kwaliteit is goed genoeg. Hulle was bietjie vêr vir die kameratjie se vermoë.
Omtrent so vir halfuur het die jakkals by die bul gesit terwyl hy soutlek ens. Daar was paar rooibokke ook gewees maar het nie toegelaat dat jakkals te naby kom nie.
So van wannner af vang hulle dan wild?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Coenie (Swift) on Mon May 20, 2013 11:42 am, edited 1 time in total.
Oom PW ek was in groot stryd met myself die bul of jakkie......
Dit was op 'n resevaat gewees anders sou dit verseker anders uitgedraai het. Oom weet mos, as jy in die veld met jou roer loop, sal jy mos nooit so iets sien of kry nie.
Daai Kudu dink: As hier n boer naby is, skiet hy die jakkals en ek kan wegkom.
Die jakkals dink: As hier n jagter naby is, skiet hy die kudu en ek kan wegkom.
Simbiose
D
Triple2 wrote:Daai Kudu dink: As hier n boer naby is, skiet hy die jakkals en ek kan wegkom.
Die jakkals dink: As hier n jagter naby is, skiet hy die kudu en ek kan wegkom.
Simbiose
D
Dis n besonderse foto, baie mooi en ja die natuur is net so mooi as wat ons jagters hom maak, leef en laat leef se ek, ek het al n kudu bul met 4 draai horing net so gelos in die bos, was baie na aan hom, soms geniet ek net die reuk van die dier omdat ek ook met n .357 Magnum Astra tot 30 tree van die dier afkom.
.303 BSA
.22 Bruno
9mm Star Par
.357 Magnum
6.75 CZ
.303 Lee Enfield Mk4 No1
.22 Voere Magnum
Skiet die koedoe en die wildebees. Jy kan dit dan aan Woolworths verkoop. Beide was ongedierte vriendelik aangesien hulle niks aan die jakkals gedoen het nie. "Predator approved".
Ek stem, die natuur is ongelooflik en sodra jy dink jy nou al alles gesien het, dan gebeur daar iets nuut.
Ek is nou nog als nuuskerig om te weet of dit net vir daardie oomblik is en of hulle gereeld so saam is.