Page 1 of 2
Jakkals en koedoe is maats
Posted: Mon May 20, 2013 10:15 am
by Coenie (Swift)
Ek het die foto's so 2 weke gelede geneem omtrent so 4 uur die middag. Hoop die kwaliteit is goed genoeg. Hulle was bietjie vêr vir die kameratjie se vermoë.
Omtrent so vir halfuur het die jakkals by die bul gesit terwyl hy soutlek ens. Daar was paar rooibokke ook gewees maar het nie toegelaat dat jakkals te naby kom nie.
So van wannner af vang hulle dan wild?

Re: Jakkale en koedoe is maats
Posted: Mon May 20, 2013 10:19 am
by PWV
En jy los die jakkals toe net so!

Re: Jakkale en koedoe is maats
Posted: Mon May 20, 2013 10:26 am
by Coenie (Swift)
Oom PW ek was in groot stryd met myself die bul of jakkie......
Dit was op 'n resevaat gewees anders sou dit verseker anders uitgedraai het. Oom weet mos, as jy in die veld met jou roer loop, sal jy mos nooit so iets sien of kry nie.
Re: Jakkale en koedoe is maats
Posted: Mon May 20, 2013 10:36 am
by VdWalt
Ek dit dis wonderlik en dit is die goed wat die natuur so spesiaal maak!
Re: Jakkale en koedoe is maats
Posted: Mon May 20, 2013 11:33 am
by Louis102
Baie lekker foto's. Vir my lyk dit of die jakkals sit en planne beraam. Mag dalk verkeerd wees, maar dit lyk tog vir my so.
Louis
Re: Jakkale en koedoe is maats
Posted: Mon May 20, 2013 11:44 am
by evdberg
Swift wrote: as jy in die veld met jou roer loop, sal jy mos nooit so iets sien of kry nie.
Dis n feit soos n koei !
Mooi Foto - en ek glo ook iemand sal dit nie gou weer vas le nie.
Re: Jakkals en koedoe is maats
Posted: Mon May 20, 2013 3:22 pm
by theedge
Baie nice dit great om te sien
Re: Jakkals en koedoe is maats
Posted: Mon May 20, 2013 3:24 pm
by theedge
Baie nice dit great om te sien
Re: Jakkals en koedoe is maats
Posted: Mon May 20, 2013 4:35 pm
by Triple2
Daai Kudu dink: As hier n boer naby is, skiet hy die jakkals en ek kan wegkom.
Die jakkals dink: As hier n jagter naby is, skiet hy die kudu en ek kan wegkom.
Simbiose
D
Re: Jakkals en koedoe is maats
Posted: Mon May 20, 2013 4:40 pm
by PWV
Triple2 wrote:Daai Kudu dink: As hier n boer naby is, skiet hy die jakkals en ek kan wegkom.
Die jakkals dink: As hier n jagter naby is, skiet hy die kudu en ek kan wegkom.
Simbiose
D
Slim kind!!!
Re: Jakkals en koedoe is maats
Posted: Tue May 21, 2013 7:34 am
by Jassie
Die jakkie kyk links dan regs dan links dan regs........ planmakertjie?
Ek dink Louis is doodreg ...... nie lank hierna nie en die 11.1.11 het begin.
Dis die foto net voor die oorlog begin .... iemand gaan nou begin skade ly.
Groete
JAS
Re: Jakkals en koedoe is maats
Posted: Tue May 21, 2013 8:53 am
by quintin
Kyk dai jakkie werk met n plan. Kyk ek sal ook met dai koedoe maats wil wees. Ai ai ai. Pragtig
Re: Jakkals en koedoe is maats
Posted: Sat Jun 01, 2013 1:03 pm
by schalk
Dis n besonderse foto, baie mooi en ja die natuur is net so mooi as wat ons jagters hom maak, leef en laat leef se ek, ek het al n kudu bul met 4 draai horing net so gelos in die bos, was baie na aan hom, soms geniet ek net die reuk van die dier omdat ek ook met n .357 Magnum Astra tot 30 tree van die dier afkom.
Re: Jakkals en koedoe is maats
Posted: Wed Jun 05, 2013 2:13 pm
by Geno
http://atozoftravel.files.wordpress.com/2009/06/p1010066-wildebeest-jackal-web-copy.jpg
Re: Jakkals en koedoe is maats
Posted: Wed Jun 05, 2013 2:44 pm
by VdWalt
Die net so stunning foto!
Re: Jakkals en koedoe is maats
Posted: Wed Jun 05, 2013 6:57 pm
by mariusr
Lyk of die twee besluit wat om te doen!

Re: Jakkals en koedoe is maats
Posted: Wed Jun 05, 2013 9:18 pm
by theedge
stunning foto!
Re: Jakkals en koedoe is maats
Posted: Tue Jul 14, 2015 10:19 pm
by Ben Remington
Besonderse oulike fotos....sal dit seker nie gou weer sien nie.
Re: Jakkals en koedoe is maats
Posted: Wed Jul 15, 2015 6:29 am
by Ashley
As jy nou n "Body Guard" nodig gehad het was dit hy daai...! :
VIP Jakals laugh:

Re: Jakkals en koedoe is maats
Posted: Wed Jul 15, 2015 6:42 am
by NicoSmit
Nou watter een sal jy skiet ?
Re: Jakkals en koedoe is maats
Posted: Wed Jul 15, 2015 6:51 am
by Bakkies303
Skiet die koedoe en die wildebees. Jy kan dit dan aan Woolworths verkoop. Beide was ongedierte vriendelik aangesien hulle niks aan die jakkals gedoen het nie. "Predator approved".
Re: Jakkals en koedoe is maats
Posted: Wed Jul 15, 2015 7:30 am
by Willie
Skiet die jakkals dan is daar volgende jaar meer wild om te jag. Jakkalse teel in elk geval vinnig genoeg.
Geleenthede soos op die mooi fotos kry jy net as jy nie 'n geweer by jou het nie - skiet dan maar met die kammera . Pratige fotos !
Re: Jakkals en koedoe is maats
Posted: Wed Jul 15, 2015 8:22 am
by Kristof A
Ek stem, die natuur is ongelooflik en sodra jy dink jy nou al alles gesien het, dan gebeur daar iets nuut.
Ek is nou nog als nuuskerig om te weet of dit net vir daardie oomblik is en of hulle gereeld so saam is.
Re: Jakkals en koedoe is maats
Posted: Wed Jul 15, 2015 8:40 am
by henried
Nie mooi duidelik nie...Eland en Jakals.
Re: Jakkals en koedoe is maats
Posted: Wed Jul 15, 2015 9:56 am
by VdWalt
Daai jakkels bekruip die eland, hy het 3 tequilas in het besluit vannaand gaan hy groot!!