Page 1 of 1

Vrydag 08/10/2010 - n Dag vir Eerstes!

Posted: Wed Oct 13, 2010 1:36 pm
by iceman1982
Hier is die gelukkies wat ek op Vrydag raak geloop het.

Image

Image

Groete
Marius

Re: Vrydag 08/10/2010 - n Dag vir Eerstes!

Posted: Wed Oct 13, 2010 4:17 pm
by Monrique (SJ)
Marius,  Lekker man en gooi mooi.  Groetnis SJ

Re: Vrydag 08/10/2010 - n Dag vir Eerstes!

Posted: Wed Oct 13, 2010 5:21 pm
by Robert
Marius

Mooi man!!!!!

Daai varkie sal lekker salamie en russians maak :o :o

Wat het die ot geweeg?

Wil volgende week bietjie Pumba"s loop minder maak.  :-\ Hoop ek kan my voorraad salamie en russians goed aanvul vir die groot dae.

Robert

Re: Vrydag 08/10/2010 - n Dag vir Eerstes!

Posted: Thu Oct 14, 2010 12:39 pm
by Stefan764
Bly dam lekker!

Geluk ou vriend!

Stefan

Re: Vrydag 08/10/2010 - n Dag vir Eerstes!

Posted: Thu Oct 14, 2010 12:57 pm
by Skolla
Robert wrote: Daai varkie sal lekker salamie en russians maak
Manne

Eet julle daai goed???

Skolla

Re: Vrydag 08/10/2010 - n Dag vir Eerstes!

Posted: Thu Oct 14, 2010 7:56 pm
by Robert
Skolla

Daai otte eet mooi.  Goed laat uit bloei en hang hom maar 'n rukkie inn die koelkamer.

Rook daai skenkels, gooi in 'n pot saam hoender, klomp groente. uie sop en sampioene. vreet soos 'n vark en loop le en slaap.  Lus raak ek nou vir oor (ot) eet.

Of jy kan die vleis af sny, meng met bietjie wildsvleis, vetterigheid, lekker spice, stop in 'n skag, kook hom en rook hom. Laat hy wind droog raak en los hom bietjie in die yskas om te verouder. Sny hom lekker dik skywe en maak 'n paar germaanse bruisdrankies oop en geniet in matigheid. oormaat kan spuitpoep veroorsaak.

Daai vark is mos die goed waaroor Obelix en Astrix die romeine so opgewen het. Ek stam mos af van daai kant van die wereld, so ek sal nie vleis mors nie.

Robert

Re: Vrydag 08/10/2010 - n Dag vir Eerstes!

Posted: Thu Oct 14, 2010 10:04 pm
by Francois Marais
Ice

Roep jy met daai bakkie terwyl hy so wit is???

Mooi loop
Francois

Re: Vrydag 08/10/2010 - n Dag vir Eerstes!

Posted: Fri Oct 15, 2010 7:43 am
by iceman1982
Francois,

Ek maak hom toe met n parachute....Werk mooi. En ek moet se dit was vrek koud en die wind het gepomp. So , ek het gedink ons het redelik goed gedoen om een in te kry...

Re: Vrydag 08/10/2010 - n Dag vir Eerstes!

Posted: Fri Oct 15, 2010 9:16 am
by Francois Marais
Ice

Ja, die extra moeites doen n man nooit verniet nie.

Mooi loop
Francois

Re: Vrydag 08/10/2010 - n Dag vir Eerstes!

Posted: Fri Oct 15, 2010 11:55 am
by Skolla
Robert wrote: Daai otte eet mooi.
Robert
Ek glo jou. Ek sal ook nog eendag wil proe hoe hy smaak.
Daar is net twee goed wat ek nie eet nie, heel stamp mielies en daai swart matabelepap, skat ek was te lank in die koshuis.
Hier het eendag n man op die forum ges? hy eet niks wat nie herkou nie. Wou graag hoor wat hy s??
Skolla

Re: Vrydag 08/10/2010 - n Dag vir Eerstes!

Posted: Fri Oct 15, 2010 12:07 pm
by Louis102
Skolla wrote:
... Daar is net twee goed wat ek nie eet nie ...
Skolla

Versigtig nou, ek kan aan 'n paar goed meer grillerig as heel stampmielies en swart pap dink!  Dit is amper etenstyd, sal maar nie daarop uitwy nie.

Louis