Soek werk vir n vriend...

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
JamesK
Full Member
Full Member
Posts: 104
Joined: Wed May 22, 2013 1:42 pm

Soek werk vir n vriend...

Post by JamesK »

Dagse manne,

Ek hoop dit is aanvaarbaar as ek so iets hier plaas, as dit nie is laat weet asb dan sal ek dit skuif of verwyder.

Ek het n baie goeie vriend van Botswana af wat baie graag n werk soek in of om Pta.
Hulle het n plaas daar,hy is die plaas bestuurder, hy is n bees en wild boer en ook n "Ph".

Sy vroutjie moes onlangs Pta toe verhuis om haar klerkskap klaar te maak, en die twee sukkel nou erg so ver van mekaar af..

Hy is bereid om enige iets te doen, hy is baie goed met sy hande, slim en betroubaar soos kan kom.
Hy is 27 jaar oud, Afrikaans, Engels en Tswana.
As iemand dalk van iets erens weet, asb laat my weet, ons sal dit baie waardeer!

Dankie en groete
James
Post Reply