Die' jag gaan oor meer as 'n trofee,Die trofee is die bonus!

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Die' jag gaan oor meer as 'n trofee,Die trofee is die bonus!

Post by kopskoot »

Ek is baie bevoorreg, om elke jaar('n paar keer) in die hart van Zululand vakansie te hou, saam met my gesin en gereeld ook saam met vriende en familie.Die plaas waarheen ons gaan,is deel van die Groter Munyawana bewarings gebied, en deel die area, met groot name soos Zuka, Sutton ranch,Getty Lodge en Phinda. Dis 'n groot vyf area en ons bring meeste van ons tyd deur op "gameviewers" of om die swembad ( selfs in die winter)

Mens raak soms maar bietjie moeg vir diere kyk, en daarom probeer ek ook elke jaar, om tenminste een jag te doen in die omgewing (buite die bewaar area natuurlik), wat dan ook saam met ons gesins vakansie val. Laasjaar het ek 'n 30' Nyala, gekry, en vanjaar wou ek graag 'n rooiduiker en Suni (trofees) kry.

Na 'n bietjie rondsoek, kom ek toe op 'n plek af,wat aan Phinda grens, rooiduiker en Suni's het, en boonop 5km van die huis af is, waar ons elke aand slaap.Dus kan ek sommer middagete by die huis eet en is Mamma ook meer inskiklik om my af te gee!!

Die plaas is 1600ha groot, en het een van die baie skaars en ewig krimpende "Sand Forrest's" op, waar ons natuurlik ons soektogte sou deurmaak.

Half ses die oggend, is ek en John ('n Zulu gids,wat net Zulu en gebare taal praat) toe op die plaas. Ek kan nie Zulu praat nie, en a.g.v die taal gaping, het ek toe basies die dag vir myself gehad!

Die "Sand forrest" is 'n ongelooflike plek,met welige plantegroei,alles wat kruip en kriewel en ongelooflike voellewe. Baie spesiale voels soos,die Narina Trogon ,Bluemantled Flycatcher, Forest Weaver, pinkthroated twinspot en green twinspot,Black Cuckooshrike, Grey Cuckooshrike en die Grey Penduline Tit is heeldag bedrywig. Ek kon ook hier die African Broadbill tot my persoonlike lysie (van oor 600) byvoeg.
Boskobra’s floreer ook in die woude, en dis nie snaaks om een van hulle ,hoog in die takke te sien rondseil nie, maar gelukkig was die een wat ek teegekom het, omtrent 15m van my af
Die hoe bome in die woud, vorm ‘n digte plafon wat die son uithou en saam met die mistigheid, dit baie moeilik maak om rigting te hou.

Die beste jagmetode vir die kleinbokkies , is maar net baie stadig stap,op ‘n paadjie.Ongeveer 5meter per minuut, terwyl jy die “vloer” met jou verkyker Fynkam.’n Verkyker is ‘n moet!( verkieslik ‘n baie goeie een)
In ongeveer 5ure se slakkepas stap het ons 4 rooiduikers gewaar, twee was ooitjies een ‘n jong rammetjie en die vierde een was weg voor ek mooi na hom kon kyk. Na nog ‘n half-uur se stap het ons toe my ram gekry.

Ek het hom sien beweeg,doodstil bly staan en mooi beloer deur my verkyker.
Die bokkies wei redelik senuwee-agtig en bly nie lank op een plek nie.Ek kon sy horings mooi sien en het besluit. Dis die een. Die 300gr solid, uit my 375, het hom omtrent in die middel van sy lyf getref, en die bokkie het omtrent 15m met sy rug krom getrek gehardloop, voor hy gaan le het.

2 5/8 duim

http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/null_zps08e1f363.jpg

http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/null_zps2b7e06aa.jpg

Dit was beslis een van my heel lekkerste jagte, en later vanjaar gaan ek terug om my Suni te kry!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Die' jag gaan oor meer as 'n trofee,Die trofee is die bo

Post by DWB »

Baie Geluk Ronald
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Die' jag gaan oor meer as 'n trofee,Die trofee is die bo

Post by Lourens »

Mooi gedoen Ronald, baie geluk!!
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Die' jag gaan oor meer as 'n trofee,Die trofee is die bo

Post by Kallie404 »

Baie geluk Ronald, pure "magic"....!!

Ja, nee, daar is net een plek soos Lulubush!! Ek het ook my rooiduiker en Suni daar gejag. Ek dink party manne sal se eks mal maar in so n woud glo ek daar kan feetjies wees...............

Ek het een middag verdwaal ( so n klein kommunikasie gaping tussen ek en John....) het tot 11 uur die aand alleen gesit totdat Jack hulle my gekry het..........jy sal vestaan om alleen in daai woud te sit met die Groot vyf rondom jou is nogal intimiderend!! Ek het op n staduim in die donker geloop tot teen n lyndraad, en wou oorklim na Phinda se kant toe maar die leeus wat daar naby gebrul het het my laat besluit om maar eerder aan die "veiliger" kant te bly.

Lulubush was een van my jag loopbaan se mees " magic" jagte. Voorwaar n voorreg wat ongelukkig besig is om weg te kwyn..........
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: Die' jag gaan oor meer as 'n trofee,Die trofee is die bo

Post by Smiley »

Mooi gedoen Ronald, pragtige trofee.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Die' jag gaan oor meer as 'n trofee,Die trofee is die bo

Post by Geno »

Mooi gegooi, Bladskoot!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Die' jag gaan oor meer as 'n trofee,Die trofee is die bo

Post by Frederik »

Maak my baie jaloers baie geluk !
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Die' jag gaan oor meer as 'n trofee,Die trofee is die bo

Post by tau »

Geno wrote:Mooi gegooi, [glow]Bladskoot[/glow]!
pensskoot.

Praat van overgun. :laugh:

Kopskoot baie mooi. Ek wonder net wanneer werk jy???? Of jag jy net. Wat smokkel jy. En ja ek is jaloers.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Die' jag gaan oor meer as 'n trofee,Die trofee is die bo

Post by kopskoot »

Kallie404 wrote:Baie geluk Ronald, pure "magic"....!!

Ja, nee, daar is net een plek soos Lulubush!! Ek het ook my rooiduiker en Suni daar gejag. Ek dink party manne sal se eks mal maar in so n woud glo ek daar kan feetjies wees...............

Ek het een middag verdwaal ( so n klein kommunikasie gaping tussen ek en John....) het tot 11 uur die aand alleen gesit totdat Jack hulle my gekry het..........jy sal vestaan om alleen in daai woud te sit met die Groot vyf rondom jou is nogal intimiderend!! Ek het op n staduim in die donker geloop tot teen n lyndraad, en wou oorklim na Phinda se kant toe maar die leeus wat daar naby gebrul het het my laat besluit om maar eerder aan die "veiliger" kant te bly.

Lulubush was een van my jag loopbaan se mees " magic" jagte. Voorwaar n voorreg wat ongelukkig besig is om weg te kwyn..........

Jis Kallie

Dis nie 'n bos waar ek in die donker wil wees nie!

Twee hiënas het een aand, 'n nyala langs my slaapkamer gevang en opgevreet. As ek my hand uitgesteek het, kon ek aan die een se stert gevat het.Dit het geklink of hulle saam my in my bed was.

Om nie eers van die leeus te praat nie
User avatar
BLOUVALKIE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 267
Joined: Fri Jul 01, 2011 3:39 pm

Re: Die' jag gaan oor meer as 'n trofee,Die trofee is die bo

Post by BLOUVALKIE »

mooi dingetjie oom kopskoot
geluk

VALKIE
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: Die' jag gaan oor meer as 'n trofee,Die trofee is die bo

Post by LongWolf »

mooi gedoen en geluk.
Post Reply