Die' jag gaan oor meer as 'n trofee,Die trofee is die bonus!
Posted: Mon Jul 08, 2013 12:34 pm
Ek is baie bevoorreg, om elke jaar('n paar keer) in die hart van Zululand vakansie te hou, saam met my gesin en gereeld ook saam met vriende en familie.Die plaas waarheen ons gaan,is deel van die Groter Munyawana bewarings gebied, en deel die area, met groot name soos Zuka, Sutton ranch,Getty Lodge en Phinda. Dis 'n groot vyf area en ons bring meeste van ons tyd deur op "gameviewers" of om die swembad ( selfs in die winter)
Mens raak soms maar bietjie moeg vir diere kyk, en daarom probeer ek ook elke jaar, om tenminste een jag te doen in die omgewing (buite die bewaar area natuurlik), wat dan ook saam met ons gesins vakansie val. Laasjaar het ek 'n 30' Nyala, gekry, en vanjaar wou ek graag 'n rooiduiker en Suni (trofees) kry.
Na 'n bietjie rondsoek, kom ek toe op 'n plek af,wat aan Phinda grens, rooiduiker en Suni's het, en boonop 5km van die huis af is, waar ons elke aand slaap.Dus kan ek sommer middagete by die huis eet en is Mamma ook meer inskiklik om my af te gee!!
Die plaas is 1600ha groot, en het een van die baie skaars en ewig krimpende "Sand Forrest's" op, waar ons natuurlik ons soektogte sou deurmaak.
Half ses die oggend, is ek en John ('n Zulu gids,wat net Zulu en gebare taal praat) toe op die plaas. Ek kan nie Zulu praat nie, en a.g.v die taal gaping, het ek toe basies die dag vir myself gehad!
Die "Sand forrest" is 'n ongelooflike plek,met welige plantegroei,alles wat kruip en kriewel en ongelooflike voellewe. Baie spesiale voels soos,die Narina Trogon ,Bluemantled Flycatcher, Forest Weaver, pinkthroated twinspot en green twinspot,Black Cuckooshrike, Grey Cuckooshrike en die Grey Penduline Tit is heeldag bedrywig. Ek kon ook hier die African Broadbill tot my persoonlike lysie (van oor 600) byvoeg.
Boskobra’s floreer ook in die woude, en dis nie snaaks om een van hulle ,hoog in die takke te sien rondseil nie, maar gelukkig was die een wat ek teegekom het, omtrent 15m van my af
Die hoe bome in die woud, vorm ‘n digte plafon wat die son uithou en saam met die mistigheid, dit baie moeilik maak om rigting te hou.
Die beste jagmetode vir die kleinbokkies , is maar net baie stadig stap,op ‘n paadjie.Ongeveer 5meter per minuut, terwyl jy die “vloer” met jou verkyker Fynkam.’n Verkyker is ‘n moet!( verkieslik ‘n baie goeie een)
In ongeveer 5ure se slakkepas stap het ons 4 rooiduikers gewaar, twee was ooitjies een ‘n jong rammetjie en die vierde een was weg voor ek mooi na hom kon kyk. Na nog ‘n half-uur se stap het ons toe my ram gekry.
Ek het hom sien beweeg,doodstil bly staan en mooi beloer deur my verkyker.
Die bokkies wei redelik senuwee-agtig en bly nie lank op een plek nie.Ek kon sy horings mooi sien en het besluit. Dis die een. Die 300gr solid, uit my 375, het hom omtrent in die middel van sy lyf getref, en die bokkie het omtrent 15m met sy rug krom getrek gehardloop, voor hy gaan le het.
2 5/8 duim
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/null_zps08e1f363.jpg
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/null_zps2b7e06aa.jpg
Dit was beslis een van my heel lekkerste jagte, en later vanjaar gaan ek terug om my Suni te kry!