Ons arriveer maandag aand net voor dit donker raak, op die plaas Prinslust, gelee so 10km buite Alldays en wat gesplit word deur die teerpad. Dit is ‘n jag waar slegs ek, my jongste broer en pa aan deelgeneem het. Om mee te jag het ons ‘n 375 en 338-06 gevat, asook ‘n Bowtech Experience, Destroyer 350 en Stryker 350.
So met die intrapslag kry ons die eerste gemsbokke in die pad en ons weet darm hier is wild. Die veld is ruig en groen want die bosveld het die beste reenseisoen in ‘n lang tyd gehad en die veld se kondisie was goed ten speite dat die winter al straf aan die gang was. Sigbaarheid was beperk en skootplasing was dus moeilik gedurende die hele jagtog.
Dinsdag oggend – Vandag begin die jag met alle erns en ons het besluit om met die boeë te begin aangesien die veld ruig is en ons nog nie die veld ken nie. Ek sou krip 3 vat en my pa en broer sou krip 2 vat. Ek het n groot vark op my wenslysie gehad wat ek nou al ‘n paar keer van vorige besoeke op die trail cam gesien het en ek het sy patroon van begewing begin dophou. Die voormiddag sou egter niks oplewer vir ons nie, behalwe ‘n paar voeltjies en ‘n steenbok paartjie nie. So is ons maar terug kamp toe om vir ons brunch te gaan maak. Die krag werk van ‘n 230V sonkrag stelsel af so jy werk maar spaarsamig anders sit jy vanaand sonder ligte. Ons het die Cruiser gevat en kon nou vir die eerste keer die plaas in die daglig sien en daar is maar weer besluit dat die namiddag ook by die skuilings deur te bring. Aan my kant, was daar net soos die voormiddag geen opwinding nie, maar by krip 2 het dinge anders gelyk. Daar was rooibokke, koedoes, blouwildebeeste en ‘n magdom van blou ape. My broer was aan die beurt, maar hy kon glad nie ‘n skoot kry waarmee hy gelukkig was nie. Ten minste weet ons nou die wild is hier en more is nog n dag. Vanaand braai ons skaaptjops en maak planne vir more.
Woensdag oggend – Vandag sou ons dieselfde as gister aanpak en het weer ons skuilings gaan opsoek voor dit lig raak en vandag sou ‘n interessante dag word. Ek het van die mooiste koedoe bulle sien inkom maar ongelukkig was hulle bo my prysklas en kon ek maar net fotos neem. Nou om die volgende toneel mooi te beskryf moet ek eers se dat die blind wat ek gebruik het ‘n viekantige popup blind was en wie slaan nou so iets met tentpenne vas..? Tweedens het ek al my toerusting uitgepak sodat ek naby alles sou wees naamlik, verkyker, rangefinder, iPad, geweer vir opvolg, video kamera op driepoot, boog op sy voetstaander en pyl gelaai. Nou kyk dit was seker hier teen 10:00 se kant dat die wind effens begin opsteek het en ek het maar so nou en dan die blind moes vashou wat dit lyk of hy nou teveel begin beweeg het. Die wind het egter gaan le en dis hier waar ek onraad moes vermoed het, die wind het net gewag dat ek moet rustig raak. Ek sit nog so en werk deur ‘n paar fotos toe kom daar n rukwind verby en vat my blind saam met hom, nou op die oomblik waai my blind weg, my tafel met alles daarop is omgestamp en ek kies mos juis die sandgrond as ‘n vloer want dit is stiller so toe is alles vol rooigrond. My boog is ook omgestamp en cams le toe onder die sand, en dis toe dat my blind al sy tweede bollemakiese maak dat ek besef ek moet eers my blind gaan vang voordat ek oor die ander dinge kan bekommer. As ek n video daarvan kon maak sou ek die Kwela funnies gewen het! So ja, toe was die oggend jag verby want ek moet gaan skoonmaak en regmaak. (Die blind is ook nie weer gebruik die week nie.)
Die plaaseienaar was ons baie goedgesind en het ons toegelaat om sonder gidse in die veld te loop. Die plan vir die middag sou wees dat my broer en pa die veld met die gewere sal werk terwyl ek krip 2 vat waar hulle vanoggend tyd gespandeer het. Tot my frustaries het daar geen van die wild opgedaag waarvan my broer en pa die vorige dag gepraat het nie. My pa en broer het ook geen sukses gehad met hulle stap nie, maar my pa het dit wel reggekry om ‘n paar koedoes wat gestaan en slaap het te gaan bekruip en vir my broer bietjie meer te leer oor die gedrag van diere en manier van bekruip. Beweeg jy dan raak die bos stil, raak jy stil dan begin die bos beweeg! So is nog ‘n dag verby.
Donderdag oggend – Vandag het ek die 338-06 gevat en die kleinkant van die plaas begin jag terwyl my pa en broer die grootkant deurwerk. Hier teen 09:30 se kant hoor ek ‘n skoot klap en kry later die sms wat se ‘n rooibok het geval. Dankie tog ons gaan nie met lee hande terug huis toe nie. My broer skiet op 120m die rooibok skuins van voor ‘n perfekte hart en long skoot en die rooibok maak dit nie ver nie. Ek het self ook gemsbokke en koedoes bekruip, maar kon nooit ‘n skoot kry nie. Het wel ‘n leersame dag gehad en siende dit my eerste keer was om alleen in die veld te kon loop het dit my baie geleer oor die veld, diere en myself. ‘n Wonderlike ervaring en iets wat min mense sommer toelaat op hulle plase.
Foto van die rooibok:
http://i1054.photobucket.com/albums/s497/Boogjagter111p/P1030470.jpg
Het wel vandag ook ‘n ervaring soos min gehad, dit was nog vroeg en ek het verby een watergat gewerk om te kyk of ek nie trop rooibokke kan optel nie. Terwyl ek vorentoe beweeg het ‘n beweging my aandag getrek en gesien hoe ‘n steenbok ram en sy ooitjie reguit op my afgedraf kom. Ek het gaan kniel en gewonder wanneer hy my sou gewaar. Dit was nie verder as 10m nie toe hulle vassteek en besef hier is iets wat snaaks lyk. Net so vinnig as wat hulle veskyn het is hulle weer weg. Dit klink dalk soos ‘n klein en nietige ervaring maar om so naby aan daardie twee pragdiere te gewees het, maak alles net weer die moeite werd en dit laat jou vergeet dat die geweer swaar is en dat die dors erg raak.
My pa het my kom oplaai en so oppad terug sit ek nou maar so met die geweer hier by my, want mens weet nooit wanneer die volgende geleentheid homself voordoen nie. Dis my pa wat hom eerste sien, ‘n rooi jakkels wat oor die pad hardloop. So in die verby gaan sien ek hy het gestop en staan nou en kyk hoe ons gaan verby ry, my pa se ek moet afspring terwyl hy gaan aanhou ry en soos hy vir die bakkie staan en kyk moet ek hom roer van die ander kant af. Nou hier wil ek eintlik ophou vertel, want op 8m met ‘n teleskoop vergroting van 6 is dit net jakkels voor my oe. Ek steek toe die eerste skoot sommer af en skiet ‘n baie lelike kwesskoot, nou tol hy al in die rondte en ek stoot maar n tweede skoot af wat beter lyk maar hierdie jakkels het energie oor. Nou hol hy reguit weg van my af en toe hy my ‘n kans gee, kon ek ‘n derde skoot inkry wat hom gestuit het. Nou om eerlik te wees daar was nie veel van hom oor nie en daarom sal daar ook geen fotos van hom geneem word nie.
Die middag begin dit te reen, ja reen in die winter in die bosveld, ekt ook gedog dit gebeur nie maar blykbaar is daar uitsonderings. Ek het besluit om maar die boog skuiling te gaan trotseer met die hoop om iets te kry. Dit was 17:15 toe die eerste wild vir die namiddag by die watergat aankom. Twee rooibok ramme, hulle het direk water toe gegaan en begin drink. Afstandsmeter het gese 12 yards en ekt stadig gespan en my kolletjie gesoek. Ek trek die sneller en my 100 grein Rage 2-Lem laat vlieg. My skootplasing was hoog en met ‘n stringjump skiet ek my tweede spine-shot van my lewe. Beslis nie n lekker gevoel nie, maar volg vinnig met n Hellrazer op en maak hom van kant. Die eerste pyl breuk af op die collar van die Rage punt en die tweede pyl is regdeur. Die bok word gelaai en alhoewel ons gaan ontspan vir die aand, kan ek nie help om myself te blameer vir die swak skoot nie. Die plaaseienaar sluit vanaand by ons aan en ons het eers gaan verslag doen oor wat alles sover gebeur het.
Foto van die rooibok:
http://i1054.photobucket.com/albums/s497/Boogjagter111p/P1030488.jpg
Vrydagoggend – Ek is die more vroeg weer uit met die geweer om die klein kant te gaan werk en die reën was maar nogsteeds in die lug gewees. Om die volgende situasie te verduidelik gee ek eers weer agtergrond inligting. Die ou pad het eens op ‘n ander plek geloop en het so 200m vanaf die huidige teerpad ook deur die einaar se plaas geloop. Nou die pad is toegegroei met gras maar die stromwaterpype is nog daar en dis hier waar die toneel afgespeel het. Ek was besig om teen die kant van hierdie pad op te beweeg in die hoop om ‘n skoot te kry as iets die pad sou oorsteek. Ek is so gefokus wat daar voor my gebeur dat ek myself amper dood skrik vir ‘n vark wat hier reg voor my uit die gras opspring en weghardloop. Met die wat hy hardloop skrik ‘n paar rooibokke verder die bos in vir hom en hulle hardloop tot teen die “pad”. So in plaas daarvan om agter die vark aan te gaan probeer ek toe maar vir ‘n rooibok. Ek het plat op my pens gaan le met my rugsak as dooierus. Effens ver skoot maar ek is vol vertroue dat ek gemaklik le en die skoot kan maak as die rooibokke nou net die “pad” wil oorsteek… Maar nou ja, soos noodlot dit wil he le ek 20min en kyk hoe hulle staan en besluit wat om te doen. Hulle finale besluit was maar om terug te beweeg en nie ‘n skoot vir my te gee nie. Met moraal laag besluit die wolke om my weer te tuister met reen, asof die dou waarop ek gele het nie my nat genoeg gemaak het nie. Die reen sou aanhou tot die voormiddag toe en dit het die diere anders laat optree.
Nou was dit eers tyd om te gaan kyk waar daardie vark vandaan gekom het. Nou kyk jy kry slim varke en jy kry varke wat weet wat hulle doen. Hierdie was nou die laasgenoemde vark, hy het die stormwater pyp as sy huis aangeneem en omrede hy so slim is, is sy tande ook net so groot. Binne die pyp kan hy met gemak omdraai en omdat die pyp twee oop kante het kan hy enige kant ontsnap as iets hom wil vang. Om te keer dat iets hom vang het hy die oop kante van die pyp vol sand gestoot met net genoeg plek dat sy lyf deur pas.
Hierdie vark sou ek dan vanaand kom voorle as hy terugkom huistoe. So is ek en my pa met die twee gewere, om onsself ‘n beter kans te gee, na die vark se gat toe. Daar sit ons van so 16:00 se kant tot dit stikdonker is, maar met geen geluk nie. Ons besluit maar om die trailcam daar op te sit en dan moreoggend weer te kom probeer as hy oppad uit is vir die dag.
Saterdagoggend – Dit is gisteraand besluit dat ek en my pa die vark gaan opjaag en kyk of ons hom nie geskiet kry nie. Nou ons is 04:30 weg by die huis om donker by die gat aan te kom en dan daar vir hom te sit en wag, of eerder dit was die plan. Nou dit kon gewerk het as ons nie uitgesluit was nie en dit vat ons meer as ‘n halfuur om die hekke oop te kry. Dit daar gelaat nou is ons oppad na die gat toe, hy is gemerk op die GPS en ons kan presies na hom toe stap. Ons stap nou met die ou “pad” langs na die vark se gat toe, en so oppad kan ons ‘n troppie koedoes sien en ons vermoed hulle moet baie naby aan die vark gat wees. Soos koedoes is hou hulle ons dop totdat dit te gevaarlik raak en toe is hulle met ‘n helse geraas daar weg en so ook my vark, want wat die trailcam later sou bewys is dat die vark uitgehardloop het terwyl ons nog besig was om nader te beweeg en dat hy wel gisteraand ingekom het, maar ‘n halfuur nadat ons geloop het. So die slimvark leef nog n dag!
Foto van die vark:
http://i1054.photobucket.com/albums/s497/Boogjagter111p/Cdy00138.jpg
Nou saterdag was ons laaste dag vir jag en ons was nou al raadop met planne maak en ek het die res van die voormiddag maar ‘n boogskuiling gaan opsoek wat gelyk het of daar beweging sal wees. My broer het op die grootkant ook ‘n boogskuiling gaan beset en het darm daarin geslaag om een bobbejaan te klits voor die oggend verby was. Ek self het ‘n vark gehad wat ingekom het, maar hy het geen skoot gebied nie en is uit sonder dat hy geweet het ek was daar. Die namiddag het ons maar die gewere gevat ons voete opgetel en weer gaan loop, ons het afgespreek dat ek teen 16:00 by die boogskuiling sal wees en laaste lig daar sal deurbring. Nou die stap het niks opgelewer nie so ek is toe maar na die boogskuiling.
Koedoes, gemsbokke, rooibokke en blouwildebeeste het ingekom, maar soos my broer die eerste dag vertel het, het hulle buite skiet afstand gebly. Dis nou 17:10 en die bokke skrik en jy hoor net hoewe, nou moet ek jou se my moed het deur my skoene geval, want ekt geweet die son hang laag en daar is geen manier wat hulle sal terugkom nie. Tyd het aangestap, maar ek het vasgebuit en met groot genade wat ek gekry het, het ons hoewe gehoor, al nader en nader. Dit was n enkel lopende blouwildebees bul en hy het langs my verby gestap tot aan die ander kant van die water. Range finder het 27yards gelees, hy staan vir ‘n perfekte plankdwars skoot, maar my horlasie lees 17:40 en ek weet die tyd is verby maar ek moet probeer. Ek vat lekker laag op die voorbeen en laat die peil met n 100grein Rage 2-Lem vlieg. Ek sien die geel fletches wegraak op sy skouer en ek weet dit was n perfekte skoot maar soos altyd is hier ‘n duiweltjie hier binne wat se jy moes dalk bietie laer of dalk bietjie vorentoe gevat het.
Wat vir my gevoel het soos ‘n paar minute moes baie vinnig gebeur het want hier langs my sit my pa wat nog nie eers die video kon begin neem het nie. Ons het toe maar saam besluit dat die video niks sou help nie want die Experience het te vinnig geskiet!
So paar fotos van die bees:
http://i1054.photobucket.com/albums/s497/Boogjagter111p/P1030594.jpg
http://i1054.photobucket.com/albums/s497/Boogjagter111p/P1030608.jpg
http://i1054.photobucket.com/albums/s497/Boogjagter111p/P1030580.jpg
http://i1054.photobucket.com/albums/s497/Boogjagter111p/P1030554.jpg
Hier het ek klaar geskiet en jy kan die pyl daar op sy blad sien sit.
http://i1054.photobucket.com/albums/s497/Boogjagter111p/PICT0583.jpg
Sondag het ons rustig verkeer en alles reggekry vir die terugtog, en dan boonop vir die mense gelag wat sondag moes terug stad toe. (Dis bewys dat ‘n Cruiser saam die verkeer ingereken 7 ure vat om in Pretoria aan te kom!) Ons het besluit om eers Maandag oggend pad te vat die vleis af te laai en dan weer na die ou roetine terug te keer.
Die jag was nou nie so suksesvol in terme van die hoeveelheid bokke of doodskote nie, maar om in die veld te gewees het en die hart te kon vul met GOD se natuur maak hierdie jag spesiaal! My pa werk in 'n plek waar daar net sand en blink geboue is, so die wegbreek na die bosveld was 'n vakansie duidend!
Sommer net 'n paar fotos:
http://i1054.photobucket.com/albums/s497/Boogjagter111p/Cdy00173.jpg
http://i1054.photobucket.com/albums/s497/Boogjagter111p/P1030416.jpg
http://i1054.photobucket.com/albums/s497/Boogjagter111p/Cdy00107.jpg
http://i1054.photobucket.com/albums/s497/Boogjagter111p/P1030377.jpg

