Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
SJ wrote:
Vertel bietjie van skiet afstand, kaliber, koeels, ens.
SJ
Hierdie fotos is van twee elande van die wat geskiet is die week van 6 tot 12/11/2010.
Die eerste een was so 145m styf agter die blad in die middel van sy lyf en het so 40m gegaan. Die tweede een is op plus minus 200m reg van voor, maar ek moes toe sy spoor vat vir so plus minus 1.8km en toe op 10m geskiet.
Stywe spring 308 met 150gr gekoopte ammo(loodpunt) en n terminator silencer.
Tiny
Noordoos van die Waterberg in Namibia.
Skolla
Raven wrote:
Se dan vir ons waar is koeltjie in by die ELAND.
Raven
Die wat ek geskiet het is almal of agter die blad of op die kop, behalwe vir die een wat van voor was(ek het gedink hy is al raak geskiet) maar dit was toe nie so nie.
Ek sal nie sommer n eland op n ander plek skiet nie. Het die week gesien dat twee verskillende roere nie deur n elandkoei se bladbeen gaan nie,
het net die bladbeen gebreek en nie deur gegaan na die enjinkamer toe nie. By ges? dat een van daai roere met die regte skootplasing die meeste elande die week geskiet het. Alle gewere wat gebruik is het silencers op gehad.
Skolla
boeta wrote:
Daai 308 se sprieng is nog mooi styf.
Boeta
Hy is styf, die spring.
As ek kon kies sou ek nie meer elande wou skiet nie(eintlik enige wild). Is net nie meer lekker om so n groot dier, waarvoor ek soveel respek het, so te sien l? nie. Ongelukkig moet dit gedoen word.
Ek sou nogal n paar manne van die forum so een een wou saamvat op die trippies, ek het ongelukkig nie die s? nie, kan net probeer aanbeveel.
Skolla
Nooi my groot asb saam vir die jakkies jag daar bo...groot asb
Ons kan sommer 2 karre ry, en jakkies looi uit 2 verskillende rigtings
P.s So 'n paar weke gelede op ons plaas spring die kudu's uit en hardloop, en 2 gewere is op hulle gefokus, toe kom bobbejaan ook onder uit die kloof, toe draai altwee gewere in bobejaan se rigting , en toe klap die skote...klink soos oorlog daar teen die rand
Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
boeta wrote:
Ek wil nie eland skiet nie ek wil daai wereld se jakies gaan afknou,en kyk of my guilysuite(speling)werk.
Boeta
As dit sou gebeur dat jy op n kol saamgaan gaan nie jy nie n keuse h? nie, jy sal daai elande ook moet skiet!
Dan moet n gunner werk en dis nie maklike werk nie.
Skolla
Mastag dis almal mooi goed, lyk my oom kobus is n man wat nie bang is vir groot gaan nie. Baie mooi veral daai tweede laaste eland hys darem vir jou vet soos daai KLEIN vakie uit Limpopo. Ek droom van daai stukke vet biltong.
Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time "SPEED KILLS"
boeta wrote:
Hier is een van oom Kobus se springbokie
Oom moet maar die mates gee kan nie meer onthou nie.
Die springbok se horings is 15.75 duim, nie so vreeslik lank nie maar wat hulle laat uitstaan is die wydte tussen die horing punte. Die twee punte is 31 of 34cm uitmekaar, kan nie mooi onthou nie.