Page 1 of 4

Elandjies

Posted: Sun Nov 21, 2010 9:09 pm
by Skolla
As Raven kan s? Blesbokkie kan ek seker s? Elandjies

Image

Image

So moet 'n Cruiser se gat hang!
Image

Skolla

Re: Elandjies

Posted: Sun Nov 21, 2010 9:15 pm
by Monrique (SJ)
Skolla

Mooi Elandjie van jou! :D Vertel bietjie van skiet afstand, kaliber, koeels, ens.

Genit hom.

Groetnis
SJ

Re: Elandjies

Posted: Sun Nov 21, 2010 10:16 pm
by Tiny
Skolla..
Geluk, jy kan trots wees op daai elandjies ja.. Waar het jy hulle geskiet?
Groete
Tiny

Re: Elandjies

Posted: Sun Nov 21, 2010 10:19 pm
by Raven
Skolla,
Mooi man.

Se dan vir ons waar is koeltjie in by die ELAND.

Raves

Re: Elandjies

Posted: Sun Nov 21, 2010 10:50 pm
by 243Songdaug
Mooi Eland Skolla.

Wel gedaan - wens ek darem nou dat dit wil koud raak......

Re: Elandjies

Posted: Sun Nov 21, 2010 10:52 pm
by boeta
Oom Kobus

Daai 308 se sprieng is nog mooi styf. ;D

Boeta

Volgende keer gaan ek saam al byt ek aan die spaarwiel

Re: Elandjies

Posted: Mon Nov 22, 2010 8:34 am
by Stefan764
Blikslaters...

Baie mooi Skolla!

Stef

Re: Elandjies

Posted: Mon Nov 22, 2010 9:39 am
by Skolla
SJ wrote: Vertel bietjie van skiet afstand, kaliber, koeels, ens.
SJ
Hierdie fotos is van twee elande van die wat geskiet is die week van 6 tot 12/11/2010.
Die eerste een was so 145m styf agter die blad in die middel van sy lyf en het so 40m gegaan. Die tweede een is op plus minus 200m reg van voor, maar ek moes toe sy spoor vat vir so plus minus 1.8km en toe op 10m geskiet.
Stywe spring 308 met 150gr gekoopte ammo(loodpunt) en n terminator silencer.
Tiny
Noordoos van die Waterberg in Namibia.
Skolla

Re: Elandjies

Posted: Mon Nov 22, 2010 9:48 am
by Skolla
Raven wrote: Se dan vir ons waar is koeltjie in by die ELAND.
Raven
Die wat ek geskiet het is almal of agter die blad of op die kop, behalwe vir die een wat van voor was(ek het gedink hy is al raak geskiet) maar dit was toe nie so nie.
Ek sal nie sommer n eland op n ander plek skiet nie. Het die week gesien dat twee verskillende roere nie deur n elandkoei se bladbeen gaan nie,
het net die bladbeen gebreek en nie deur gegaan na die enjinkamer toe nie. By ges? dat een van daai roere met die regte skootplasing die meeste elande die week geskiet het. Alle gewere wat gebruik is het silencers op gehad.
Skolla

Re: Elandjies

Posted: Mon Nov 22, 2010 9:56 am
by Skolla
boeta wrote: Daai 308 se sprieng is nog mooi styf.
Boeta
Hy is styf, die spring.
As ek kon kies sou ek nie meer elande wou skiet nie(eintlik enige wild). Is net nie meer lekker om so n groot dier, waarvoor ek soveel respek het, so te sien l? nie. Ongelukkig moet dit gedoen word.
Ek sou nogal n paar manne van die forum so een een wou saamvat op die trippies, ek het ongelukkig nie die s? nie, kan net probeer aanbeveel.
Skolla

Re: Elandjies

Posted: Mon Nov 22, 2010 10:41 am
by boeta
Oom Kobus

Ek wil nie eland skiet nie ek wil daai wereld se jakies gaan afknou,en kyk of my guilysuite(speling)werk.

Hulle is darm maar mooi diere

Boeta

Re: Elandjies

Posted: Mon Nov 22, 2010 2:51 pm
by Raven
Skolla/Boeta

Nooi my groot asb saam vir die jakkies jag daar bo...groot asb  ;D  ;D
Ons kan sommer 2 karre ry, en jakkies looi uit 2 verskillende rigtings  ;D

P.s So 'n paar weke gelede op ons plaas spring die kudu's uit en hardloop, en 2 gewere is op hulle gefokus, toe kom bobbejaan ook onder uit die kloof, toe draai altwee gewere in bobejaan se rigting , en toe klap die skote...klink soos oorlog daar teen die rand  ;D

Raves

Re: Elandjies

Posted: Mon Nov 22, 2010 2:52 pm
by Skolla
boeta wrote: Ek wil nie eland skiet nie ek wil daai wereld se jakies gaan afknou,en kyk of my guilysuite(speling)werk.
Boeta
As dit sou gebeur dat jy op n kol saamgaan gaan nie jy nie n keuse h? nie, jy sal daai elande ook moet skiet!
Dan moet n gunner werk en dis nie maklike werk nie.
Skolla

Re: Elandjies

Posted: Sun Nov 28, 2010 5:54 pm
by George22250
wat het hul geweeg?

Re: Elandjies

Posted: Fri Jan 14, 2011 2:57 pm
by boeta
Nog n paar van oom Kobus se elandjies
[img width=800 height=600]http://i667.photobucket.com/albums/vv37 ... C00157.jpg[/img]
[img width=450 height=600]http://i667.photobucket.com/albums/vv37 ... C00158.jpg[/img]
[img width=800 height=600]http://i667.photobucket.com/albums/vv37 ... C00159.jpg[/img]
[img width=800 height=600]http://i667.photobucket.com/albums/vv37 ... 0137-1.jpg[/img]
[img width=450 height=600]http://i667.photobucket.com/albums/vv37 ... C00150.jpg[/img]

Re: Elandjies

Posted: Fri Jan 14, 2011 3:00 pm
by boeta
Hier is een van oom Kobus se springbokie
[img width=800 height=600]http://i667.photobucket.com/albums/vv37 ... C00119.jpg[/img]
[img width=800 height=600]http://i667.photobucket.com/albums/vv37 ... 0120-1.jpg[/img]
Oom moet maar die mates gee kan nie meer onthou nie.

Re: Elandjies

Posted: Fri Jan 14, 2011 3:05 pm
by namhunt
Boeta

Mooi cap wat jy daar op het.
Vertel bietjie die storie.

Groete
Daan

Re: Elandjies

Posted: Fri Jan 14, 2011 3:52 pm
by BLOK
Mastag dis almal mooi goed, lyk my oom kobus is n man wat nie bang is vir groot gaan nie. Baie mooi veral daai tweede laaste eland hys darem vir jou vet soos daai KLEIN vakie uit Limpopo. Ek droom van daai stukke vet biltong.

Blok.

Re: Elandjies

Posted: Sat Jan 15, 2011 11:04 am
by DawieKotze
D?mmit!!!!!!!!!! Dis mooi elande daai en die springbok ook!

Wie is Oom Kobus?? .........en kan mens hom kontak vir 'n jag?

Re: Elandjies

Posted: Sat Jan 15, 2011 11:54 am
by tafjak
Madako
Wie is Oom Kobus?? .........en kan mens hom kontak vir 'n jag?
................Oom Kobus is iemand daar in Mariental se omgewing, maar jy kan Skolla op die forum kontak, glo v?rlangs familie van die Oom Kobus.

Mooiloop

Re: Elandjies

Posted: Sat Jan 15, 2011 12:41 pm
by James Wilson
Skolla wrote: Stywe spring 308 met 150gr gekoopte ammo(loodpunt) en n terminator silencer.
fantasties, en die sogenaamde pro's se jy kannie eland met n 300 skiet nie? baie geluk dit is reuse!!!

Re: Elandjies

Posted: Sat Jan 22, 2011 9:39 am
by Skolla
boeta wrote: Hier is een van oom Kobus se springbokie
Oom moet maar die mates gee kan nie meer onthou nie.
Die springbok se horings is 15.75 duim, nie so vreeslik lank nie maar wat hulle laat uitstaan is die wydte tussen die horing punte. Die twee punte is 31 of 34cm uitmekaar, kan nie mooi onthou nie.

Skolla

Re: Elandjies

Posted: Sat Jan 22, 2011 9:46 am
by Biker
Boeta

Aha sien daar kan nie n bottel Klippies inpas nie :D

Biker

Re: Elandjies

Posted: Wed Jan 26, 2011 4:07 pm
by worshond
Mooi Elandjies daai. Skoon Jaloers.

Wat dink julle van die Bull?
Image
Image

Re: Elandjies

Posted: Wed Jan 26, 2011 4:23 pm
by Sarelss
Dit is nou EEN BUL! Julle mag nie 'n mens so lus maak nie. Sou graag van die Elande wil gaan skiet. Is hulle tans beskikbaar?
ss