Buffel jag die naweek op Hoedspruit

User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Buffel jag die naweek op Hoedspruit

Post by Dries101 »

Buffel jag die naweek op Hoedspruit met die 404 Jeff
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Dries101 on Wed Sep 11, 2013 1:42 pm, edited 3 times in total.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Buffel jag die naweek op Hoedspruit

Post by PWV »

Mooi Driesman. Gewoonlik vewag ons darem die hele storietjie.
Hoe ver, waar getref, koeel, hoe bekruip, ens.
Groetnis
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Buffel jag die naweek op Hoedspruit

Post by Dries101 »

Oom Pieter ek vrae omverskoning. Die verkorte verhaal.
Ons het die trop in die rivier tussen die riete gekry. Hulle besluit toe om so 100 meter voor ons verby te beweeg en verdwyn toe. Aan my regterkant verskyn daar seker so op 15 tree n baie groot buffel bul, wat toe staan en perform en trap en kop skud vir ons vir seker so 5 minute. Ons maak toe n taktiese terugval aangesien hy kwaad gebly het vir ons en dit nie moontlik gemaak het dat ons na die trop kon kyk nie.
Hy sluit toe by die trop aan agter hom. Hulle maak toe daai sirkeltjie om die kleintjies en lyk net oor die algemeen baie kwaad vir ons twee terwyl hulle oor hulle neuse staan en loer en snork.

Sy was die grootse in die trop van seker so 30 en ek het nie n skoot op haar gehad nie, maar nadat hulle so paar keer gemaal het het sy aan die linker kant bly staan. Hulle was seker so 30 meter weg op die stadium. Ek besluit toe dat plat le is die inding-soos jy kan sien is daar NET duwweltjies op die grond. Syt reguit na my gekyk met n baie klein hoek neus in die lug. Ek het haar toe net af van middel op die linker bladbeen ingeskiet met n Stewart sagtepunt teen 2200vps.
Die is toe deur die been, bo kant van die hart, longe, lewer, groot blaarpens en ons het na n groot gesoek die punt herwin in die laatse pensie aangesien niemand gedink het dat die sagtepunt so ver sou gaan en deur die grootpens sou skiet nie.
Sy het omgedraai na die skoot en so twee tree gegee en omgeval en daar bly le. Ek het die Stewart punt geweeg en daar was 375grein van die 400 gr oor(94%). Ek hoor toe later die bul wat ons so getoets het is n 46 duim meneer wat net so oor die 200 000 rand kos, en het reeds n paar ander buffels toe al doodgemaak.

Ek moet se my PH Tinus Lindeque, was ongelooflik profesioneel en sal enige tyd weer saam met hom gaan jag. Dit was my eerste gevaarlike wild jag en was vir my baie spesiaal. Buffels is BAIE meer beneuk as wat ek ooit verwag het en laat mens baie klein en onwelkom voel.
Last edited by Dries101 on Tue Sep 10, 2013 1:06 pm, edited 5 times in total.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Buffel jag die naweek op Hoedspruit

Post by PWV »

Jou storie gee my hoendervleis!
Sal self maar eerder wegbly van daardie reuse!
30 jaar vroeer sou ek miskien die onbesonne ding gedoen het om 'n buffel te skiet.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Buffel jag die naweek op Hoedspruit

Post by DWB »

Dries, weereens baie geluk man. Dis die jag van elke man se drome.
Goed om te hoor daai Stewart het so mooi perform
Julle moes maar bietjie vasgebyt het, dalk het die bul dan gestorm :D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Buffel jag die naweek op Hoedspruit

Post by Marc »

Baie geluk Dries, hope is daar vir my ook so ietsie beskore in die naby toekoms.

Geluk man, dis n vooreg :)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Buffel jag die naweek op Hoedspruit

Post by mariusr »

Mooi gejag Dries! Sien jy praat van die bul wat R200k kos!!Dis darem skrikwekkend om te sien hoe tye verander het! My een vriend het so 16jaar terug buffel bul gejag in Timbivati vir R4500! Dit was toe ook "special prys" gewees buffel bulle daar het gegaan vir so tussen R8k-R10k daai jare!
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Buffel jag die naweek op Hoedspruit

Post by Dries101 »

mariusr wrote:Mooi gejag Dries! Sien jy praat van die bul wat R200k kos!!Dis darem skrikwekkend om te sien hoe tye verander het! My een vriend het so 16jaar terug buffel bul gejag in Timbivati vir R4500! Dit was toe ook "special prys" gewees buffel bulle daar het gegaan vir so tussen R8k-R10k daai jare!

Sjoe, snaaks genoeg was ek reg langs timbavati gewees. Tye het verander.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Buffel jag die naweek op Hoedspruit

Post by cassie_calvinia »

geluk!
dit bly darm wondrlik om sulke stories te lees. vanaand dink ek weer net aan 1 ding...
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: Buffel jag die naweek op Hoedspruit

Post by Riaan Beeslaar »

Baie geluk Dries, dit bly maar 'n voorreg en ;n uitsonderlikke ervaring
Hennie Dreyer
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Sat Aug 10, 2013 8:02 pm

Re: Buffel jag die naweek op Hoedspruit

Post by Hennie Dreyer »

As ek eendag groot is >>>>>> ai tog
Hennie
.308 CZ 550 Lux
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Buffel jag die naweek op Hoedspruit

Post by theedge »

Baie geluk Dries.
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Buffel jag die naweek op Hoedspruit

Post by Dries101 »

Dankie julle. Dit was n baie groot vooreg om so iets te kan aanpak en darem nie droog te maak nie.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: Buffel jag die naweek op Hoedspruit

Post by Smiley »

Lekker man lekker, baie geluk Dries.
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Buffel jag die naweek op Hoedspruit

Post by Dries101 »

n Foto van die Stewart 400gr Soft. 94% retensie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Buffel jag die naweek op Hoedspruit

Post by mariusr »

Kan nie beter as dit wees nie,!!!?
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Buffel jag die naweek op Hoedspruit

Post by Dries101 »

Laeveld
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Buffel jag die naweek op Hoedspruit

Post by DWB »

Dries, laai die foto van die oom se trok op dat die manne kan sien hoe lyk dit as jy nie hou van sukkel in die lewe nie :D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Buffel jag die naweek op Hoedspruit

Post by tau »

Waar is die "jaloers" knoppie??????

Geluk.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Buffel jag die naweek op Hoedspruit

Post by Wouter Roets »

Hallo Dries

Baie geluk met n wonderlike jag. Ek kan sien jy het dit gate uit geniet en dit nog met n regte klasieke kaliber! Die Stewarts het regtig goed gedoen.

Groetnis
Wouter
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Buffel jag die naweek op Hoedspruit

Post by Dries101 »

Wouter Roets wrote:Hallo Dries

Baie geluk met n wonderlike jag. Ek kan sien jy het dit gate uit geniet en dit nog met n regte klasieke kaliber! Die Stewarts het regtig goed gedoen.

Groetnis
Wouter

Dankie Wouter, ek kry so simpel glimlag elke keer as ek aan die naweek dink. En ek besef nou eers hoe blerrie bang dit my eintlik gemaak het en op dieselfde tyd ongelooflik lewendig laat voel het.

Ek moet se ek skiet met die 7x57 net met stewarts maar ek kry nooit die punte terug nie! So die was vir my n bevestiging van wat ek soortvan geweet het. Maar dit is altyd lekker om n punt te herwin en dis n mini trofee op sy eie.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Buffel jag die naweek op Hoedspruit

Post by DawieKotze »

Lekker Man! Lekker!! Baie geluk!

Mens is amper spyt dis verby nê?
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Buffel jag die naweek op Hoedspruit

Post by Dries101 »

DWB wrote:Dries, laai die foto van die oom se trok op dat die manne kan sien hoe lyk dit as jy nie hou van sukkel in die lewe nie :D
Dis hoe mens n buffel laai hoor ek......
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Buffel jag die naweek op Hoedspruit

Post by DWB »

Mooi man Dries, ek is mal oor daai foto!

Die manne is nie lus vir sukkel nie!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Buffel jag die naweek op Hoedspruit

Post by Piet Pille »

Netjies Dries.
Jou storie gee my hoendervleis hier in my nekvelle af!
Mooi gejag!
Post Reply