So laaste enetjie vir die seisoen

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Pierre van der Horst
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Thu Mar 24, 2011 1:21 pm

So laaste enetjie vir die seisoen

Post by Pierre van der Horst »

Dagsê manne en dames,

Ek het Sondag oggend op Brakbult (Thabazimbi) die Eland Koei geskiet. Wat 'n fantastiese jag. Ons is net na 6 in die veld, en het sommer vinnig 'n trop Elande gekry. Was op 'n stadium minder as 5 meter van 'n koei af, maar daar was ongelukkig nie skietbare diere in die trop nie.

So vat ek en my betroubare gids Thomas die pad, en soek verder. By die klein land kom ons op 'n trop Koedoes af, maar hulle weet hulle is nie op die inkopie lys nie, en kyk maar net vir ons soos ons verbybeweeg.

Na 4 ure se stap, is ons amper op die noord grens, en Thomas raak opgewonde soos 'n kind wat lekkergoed sien. Hy gaan staan skielik doodstil en fluister "Daar's die donkie onder die boom baas". Hulle verwys na die ou koeie as donkies op die plaas.

Sy staan teen so 45 grade en kyk weg van ons af. Ek lê aan met my ou getroue bosmaat, en die skoot klap. Sy trippel so stadig weg, en ek is agterna. By die boom waar sy gestaan het kry ek bloed, en ek weet dis nou net 'n kwessie van tyd.

Ek gewaar haar so 40 meter van my af, in 'n digte bos, maar kan nie 'n skoot inkry nie. Ek beweeg na haar linker kant toe om 'n skoot te kry, en net voor sy oop is hoor sy my en vat die pad. EK kan nou dien dat haar regter skouer nie meer wil saam speel nie. Sy het so 10 tree gestap, en omgekyk. EK het die doodskoot net onder haar oor, ingestuur, en sy is net daar en dan dood.

Die koel is agter die linker ribbes in die maag in, het die longe getref, en die regter skouer gebreek. Die koel is ook daar herwin, en het 199.7 Grein behou van die oorspronklike 200 Grein.

Wapen: Steyr Mannlicher
Kaliber: 30 - 06
Koel: 200 Grein Rhino
Dop: Winchester
Dryfmiddel: 41 Grein S335
Slagdop: PMP Large Magnum
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: So laaste enetjie vir die seisoen

Post by Smiley »

Mooi gedoen daar Pierre, geluk!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: So laaste enetjie vir die seisoen

Post by BRNO (Pierre) »

Baie mooi Pierre! Sommer so half jaloers op julle manne wat nog so laat in die jaar gaan bokke plattrek!
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: So laaste enetjie vir die seisoen

Post by Riaan Beeslaar »

Baie mooi Pierre
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: So laaste enetjie vir die seisoen

Post by jamalley »

Baie mooi Pierre, self die afgelope "braaidag" uitgegaan vir 'n varkies hier in ons distrik, maar hulle weet die seisoen in die Vrystaat is nog oop- en nodeloos om te se was my hele oefening verniet
Jakkie 321
Hero Member
Hero Member
Posts: 636
Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm

Re: So laaste enetjie vir die seisoen

Post by Jakkie 321 »

Pierre lekker man so word dit mos gedoen.

Groette
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage

Jakkie 321
Reinhard Hassel
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: So laaste enetjie vir die seisoen

Post by theedge »

Mooi gedoen maat geluk
Marius Botha 10
Full Member
Full Member
Posts: 110
Joined: Mon Oct 24, 2011 3:20 pm

Re: So laaste enetjie vir die seisoen

Post by Marius Botha 10 »

Lekker man Pierre. Hoekom is dit die laaste, die jaar het dan nog meer as 2weke oor :laugh: :laugh:
Post Reply