Page 1 of 1

OOSKAAP KOEDOE

Posted: Wed Feb 02, 2011 2:22 pm
by Stephan
Hi

Het hierdie bul laas jaar in die Adelaide distrik geskiet met .308 so 180m,  ongelukkig al fotos wat ek het is die reeds op die bakkie geneem met selfoon. Horings was 48" die bul het n lekker dik nek gehad. Het gedink daardie koedoes het nie sulke dik nekke nie...

[imgImage][/imgImage]

Groete

Groete

Re: OOSKAAP KOEDOE

Posted: Wed Feb 02, 2011 3:16 pm
by JOHANNIC
Ek het hierdie koedoe ook op Adelaide gejag op stefaans se plaas (groenkloof)
Ek skiet noooooooit weer n koedoe in n kloof as daar nie tenminste 50 mense is om te help uitdra nie
;D ;D ;D
Hierdie foto is geneem nadat die binnegoed klaar uit was
338wm 250gr sierra ;D

Re: OOSKAAP KOEDOE

Posted: Wed Feb 02, 2011 4:08 pm
by Gerhard
Baie mooi...

Kudu jag in die berg is maklik...

Kudu uit dra...

Daai is waar die groot werk begin....  :o

Re: OOSKAAP KOEDOE

Posted: Wed Feb 02, 2011 6:19 pm
by JOHANNIC
Dit was 2 jaar terug en my bene voel nog steeds soos honeymoon ;D ;D ;D
Volgende keer spit ek die koedoe net daar en vreet hom heelemal op,uitdra noooooit weer ;D

Re: OOSKAAP KOEDOE

Posted: Thu Feb 03, 2011 10:14 am
by Witpietskiet
Waar skiet n man groot kudu bul???? ??? ???

In die pad........ ;D

Re: OOSKAAP KOEDOE

Posted: Thu Feb 03, 2011 11:21 am
by WillemS
Witpiet

Enige plek........

Waar die bakkie loop!

Re: OOSKAAP KOEDOE

Posted: Thu Feb 03, 2011 3:23 pm
by Ponkie
Witpiet

ENIGE PLEK............

AS jy natuurlik met 'n Land cruiser ry! ;D ;D

Groetnis 
Ponkie

Re: OOSKAAP KOEDOE

Posted: Thu Feb 03, 2011 4:10 pm
by frinam
As hulle wild is, in die hol, pa wil die vel heel he! ;). As hulle staan, enige plek! Duitswes groete-Frinam

Re: OOSKAAP KOEDOE

Posted: Thu Feb 03, 2011 6:48 pm
by kolskoot
Nou hiers vir jou 'n ding!!

Daar word al vir hoeveel jare gepraat oor die oos-kaap koedoes en transvaalse koedoes.

Ek het vir 2 jaar in die oos-kaap gePH en met verskeie groepe daar gejag , meestal in die jansenville , pearston area. My gunsteling jagplaas het aan 'n mater van my behoort , nl. UMTSALANE. Daar het ek in een jaar 9 koedoe bulle van 49 + duim gejag met kliente . MAAAAAAR die grootste een het  my pa geskiet , ek het hom na die jagseisoen soontoe gevat , net voordat die grond verkoop is. Daar was 'n bul wat ek gereeld in die af seisoen gesien het , maar nooit met jagters kon geskiet kry nie en ek wou he my pa moes hom skiet . Die heel laaste dag van die jag , toe se die 2 grotes mekaar die stryd aan en die kurktreker val voor 'n 300winmag.

Die bul moes ek cape in die kloof waar hy geval het , want heel uitdra was nie 'n opsie nie!!!! Het hom net daar en dan gemeet.............................. 53 1/4" links en 53 5/8" regs!! As iemand my net sal wys hoe om foto's op te laai dan post ek hom vir julle.

Wat ek eintlik hiermee wil se is dat die oos-kaap ook groot  drom nek , sowel as kurktreker horings kan oplewer en mens maar gerus daar 'n draai kan maak!!