OOSKAAP KOEDOE

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
Stephan
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 56
Joined: Thu Jul 16, 2009 3:43 pm

OOSKAAP KOEDOE

Post by Stephan »

Hi

Het hierdie bul laas jaar in die Adelaide distrik geskiet met .308 so 180m,  ongelukkig al fotos wat ek het is die reeds op die bakkie geneem met selfoon. Horings was 48" die bul het n lekker dik nek gehad. Het gedink daardie koedoes het nie sulke dik nekke nie...

[imgImage][/imgImage]

Groete

Groete
Last edited by Stephan on Wed Feb 02, 2011 2:35 pm, edited 1 time in total.
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: OOSKAAP KOEDOE

Post by JOHANNIC »

Ek het hierdie koedoe ook op Adelaide gejag op stefaans se plaas (groenkloof)
Ek skiet noooooooit weer n koedoe in n kloof as daar nie tenminste 50 mense is om te help uitdra nie
;D ;D ;D
Hierdie foto is geneem nadat die binnegoed klaar uit was
338wm 250gr sierra ;D
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by JOHANNIC on Wed Feb 02, 2011 3:18 pm, edited 1 time in total.
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: OOSKAAP KOEDOE

Post by Gerhard »

Baie mooi...

Kudu jag in die berg is maklik...

Kudu uit dra...

Daai is waar die groot werk begin....  :o
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: OOSKAAP KOEDOE

Post by JOHANNIC »

Dit was 2 jaar terug en my bene voel nog steeds soos honeymoon ;D ;D ;D
Volgende keer spit ek die koedoe net daar en vreet hom heelemal op,uitdra noooooit weer ;D
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 762
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: OOSKAAP KOEDOE

Post by Witpietskiet »

Waar skiet n man groot kudu bul???? ??? ???

In die pad........ ;D
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
User avatar
WillemS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm

Re: OOSKAAP KOEDOE

Post by WillemS »

Witpiet

Enige plek........

Waar die bakkie loop!
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: OOSKAAP KOEDOE

Post by Ponkie »

Witpiet

ENIGE PLEK............

AS jy natuurlik met 'n Land cruiser ry! ;D ;D

Groetnis 
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
frinam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am

Re: OOSKAAP KOEDOE

Post by frinam »

As hulle wild is, in die hol, pa wil die vel heel he! ;). As hulle staan, enige plek! Duitswes groete-Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll  just kill you.
kolskoot

Re: OOSKAAP KOEDOE

Post by kolskoot »

Nou hiers vir jou 'n ding!!

Daar word al vir hoeveel jare gepraat oor die oos-kaap koedoes en transvaalse koedoes.

Ek het vir 2 jaar in die oos-kaap gePH en met verskeie groepe daar gejag , meestal in die jansenville , pearston area. My gunsteling jagplaas het aan 'n mater van my behoort , nl. UMTSALANE. Daar het ek in een jaar 9 koedoe bulle van 49 + duim gejag met kliente . MAAAAAAR die grootste een het  my pa geskiet , ek het hom na die jagseisoen soontoe gevat , net voordat die grond verkoop is. Daar was 'n bul wat ek gereeld in die af seisoen gesien het , maar nooit met jagters kon geskiet kry nie en ek wou he my pa moes hom skiet . Die heel laaste dag van die jag , toe se die 2 grotes mekaar die stryd aan en die kurktreker val voor 'n 300winmag.

Die bul moes ek cape in die kloof waar hy geval het , want heel uitdra was nie 'n opsie nie!!!! Het hom net daar en dan gemeet.............................. 53 1/4" links en 53 5/8" regs!! As iemand my net sal wys hoe om foto's op te laai dan post ek hom vir julle.

Wat ek eintlik hiermee wil se is dat die oos-kaap ook groot  drom nek , sowel as kurktreker horings kan oplewer en mens maar gerus daar 'n draai kan maak!!

Post Reply