Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Het hierdie bul laas jaar in die Adelaide distrik geskiet met .308 so 180m, ongelukkig al fotos wat ek het is die reeds op die bakkie geneem met selfoon. Horings was 48" die bul het n lekker dik nek gehad. Het gedink daardie koedoes het nie sulke dik nekke nie...
[img][/img]
Groete
Groete
Last edited by Stephan on Wed Feb 02, 2011 2:35 pm, edited 1 time in total.
Ek het hierdie koedoe ook op Adelaide gejag op stefaans se plaas (groenkloof)
Ek skiet noooooooit weer n koedoe in n kloof as daar nie tenminste 50 mense is om te help uitdra nie
Hierdie foto is geneem nadat die binnegoed klaar uit was
338wm 250gr sierra
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by JOHANNIC on Wed Feb 02, 2011 3:18 pm, edited 1 time in total.
Daar word al vir hoeveel jare gepraat oor die oos-kaap koedoes en transvaalse koedoes.
Ek het vir 2 jaar in die oos-kaap gePH en met verskeie groepe daar gejag , meestal in die jansenville , pearston area. My gunsteling jagplaas het aan 'n mater van my behoort , nl. UMTSALANE. Daar het ek in een jaar 9 koedoe bulle van 49 + duim gejag met kliente . MAAAAAAR die grootste een het my pa geskiet , ek het hom na die jagseisoen soontoe gevat , net voordat die grond verkoop is. Daar was 'n bul wat ek gereeld in die af seisoen gesien het , maar nooit met jagters kon geskiet kry nie en ek wou he my pa moes hom skiet . Die heel laaste dag van die jag , toe se die 2 grotes mekaar die stryd aan en die kurktreker val voor 'n 300winmag.
Die bul moes ek cape in die kloof waar hy geval het , want heel uitdra was nie 'n opsie nie!!!! Het hom net daar en dan gemeet.............................. 53 1/4" links en 53 5/8" regs!! As iemand my net sal wys hoe om foto's op te laai dan post ek hom vir julle.
Wat ek eintlik hiermee wil se is dat die oos-kaap ook groot drom nek , sowel as kurktreker horings kan oplewer en mens maar gerus daar 'n draai kan maak!!