Page 1 of 2

My nuwe troeteldier

Posted: Tue Apr 22, 2014 9:40 am
by Ian
Ek en my seun ry Donderdagaand 'n draai en stop by die plaashuis en hy sien die Bobbejaan spinnekop by die agterdeur. Ek het dit laas gesien in 1990 by Madimbo en dit is seker een van die mooiste diere met agt bene.

Re: My nuwe troeteldier

Posted: Tue Apr 22, 2014 9:42 am
by VdWalt
Nie my liefling nie ... maar ek kan die mooi in hom sien. (Word hulle nie baie groter nie?)

Re: My nuwe troeteldier

Posted: Tue Apr 22, 2014 11:20 am
by F.L.A.S.H
ek los net daar briek merke

Re: My nuwe troeteldier

Posted: Tue Apr 22, 2014 11:24 am
by Jaco B
Eish.
Hou maar verby dankie.

Re: My nuwe troeteldier

Posted: Tue Apr 22, 2014 12:01 pm
by RUPERT
As hy dood is is hy ook mooi vir my.

Re: My nuwe troeteldier

Posted: Tue Apr 22, 2014 12:02 pm
by Hein22
...beauty is in the eye of the beholder... Ding soos daai hoort buite in die veld en nie in my huis nie EN beslis nie bo-op my nie!! ;)

Re: My nuwe troeteldier

Posted: Tue Apr 22, 2014 2:06 pm
by Giepie
Pragtig!

Re: My nuwe troeteldier

Posted: Tue Apr 22, 2014 2:52 pm
by mariusr
Blykbaar beskermde wild spesie mag hom nie skiet nie! He he! Sal ook maar verby hou dat daai harige ding op my loop!? Dankie!!!

Re: My nuwe troeteldier

Posted: Tue Apr 22, 2014 3:13 pm
by Giepie
Nou die dag met die baie reën 'n mooi groot reënspinnekop in die huis gekry. Gelukkig is my vrou noe nie bang vir spinnekoppe nie, dit is net grillerig vir haar, maar moet nie 'n sprinkaan naby haar bring nie.

Een van die mooiste spinnekoppe wat ek nog gesien het was 'n gehoringde bobbejaanspinnekop in Botswana. Sou maklik my hand kon vol lê. Ek het dit liewers nie probeer nie want sy was nogal agressief.

Re: My nuwe troeteldier

Posted: Tue Apr 22, 2014 3:37 pm
by GERT vd M
F.L.A.S.H wrote:ek los net daar briek merke
Klaar geklak

Re: My nuwe troeteldier

Posted: Tue Apr 22, 2014 8:44 pm
by Dweetster
Het self lanklaas so n mooi jagter gesien. Hulle is besonderse diere.

Re: My nuwe troeteldier

Posted: Tue Apr 22, 2014 11:03 pm
by stan man
ek kry hulle nogal in die rante op ons een veepos.
gelukkig is my oudste seun mal oor snaakse troetel diere.hy en jakkalsgat (boeta)se seun het elkeen vir hulle n tarrentoela as n troetel spinnejater en dan het my seun ook nog van eva se ondergang in n glaskas in die gaste kamer.
seker maar die dat daar nooit iemand by ons wil oorslaap nie. ek moet se dit lyk nogal erg as n meter lange slang jou bekyk deur n 5mm glas venster as jy jou koppie optel uit die bed uit.

Re: My nuwe troeteldier

Posted: Wed Apr 23, 2014 12:32 am
by alecjohnson
Liewer jy as ek!

Re: My nuwe troeteldier

Posted: Wed Apr 23, 2014 5:50 am
by Tarzan
Baie mooi. Hoop darem nie die manne wat gril of skrikkerig is vir hulle, maak hulle tot niet nie. Hulle is nie gevaarlik nie. Ek sien ook te min sulke goed die laaste tyd.

Re: My nuwe troeteldier

Posted: Wed Apr 23, 2014 6:56 am
by Tarzan
Kan iemand die een identifiseer

Re: My nuwe troeteldier

Posted: Wed Apr 23, 2014 7:05 am
by VdWalt
Tarzan wrote:Baie mooi. Hoop darem nie die manne wat gril of skrikkerig is vir hulle, maak hulle tot niet nie. Hulle is nie gevaarlik nie. Ek sien ook te min sulke goed die laaste tyd.
Ek bly binne die huis en hy buite - saam bly ons nie binne nie, dan wen die doom. Ons het genoeg reen
spinnekoppe by ons dat ek jou kan verseker hulle populasie is nog heel gesond.

Re: My nuwe troeteldier

Posted: Wed Apr 23, 2014 7:16 am
by NicoSmit
my beste vriend

Re: My nuwe troeteldier

Posted: Wed Apr 23, 2014 7:19 am
by Giepie
Tarzan wrote:Kan iemand die een identifiseer
Hoe groot is hierdie spinnekop? Volgens die groot oge moet dit familie van die springspinnekoppe wees.

Nico, daai goed werk nie op spinnekoppe nie. Jy spuit hom so baie dat hulle daarin verdrink. Die insek kontak gif werk nie op spinnekoppe nie, ander soort vel.

Re: My nuwe troeteldier

Posted: Wed Apr 23, 2014 7:22 am
by NicoSmit
Hier die een is dodelik

Re: My nuwe troeteldier

Posted: Wed Apr 23, 2014 7:34 am
by Giepie
Ai, "onbekend maak onbemind." ;D

Was ook vroeer iemand wat hulle doodgemaak het as ek hulle sien, toe begin ek meer natuur bewus raak en lees toe op oor hulle. Nou is dit 'n ander saak. Waar hulle vir my 'n bedreiging is sal ek eerder hulle probeer verwyder. Ek kry wel knopies by my garage deur, onder in die handvatsel, daar sal wel doodmaak, te groot risiko.

Re: My nuwe troeteldier

Posted: Wed Apr 23, 2014 7:37 am
by Tarzan
Giepie wrote:
Tarzan wrote:Kan iemand die een identifiseer
Hoe groot is hierdie spinnekop? Volgens die groot oge moet dit familie van die springspinnekoppe wees.
Hys so 3cm lank

Re: My nuwe troeteldier

Posted: Wed Apr 23, 2014 7:38 am
by Tarzan
Giepie wrote:Ai, "onbekend maak onbemind." ;D

Was ook vroeer iemand wat hulle doodgemaak het as ek hulle sien, toe begin ek meer natuur bewus raak en lees toe op oor hulle. Nou is dit 'n ander saak. Waar hulle vir my 'n bedreiging is sal ek eerder hulle probeer verwyder. Ek kry wel knopies by my garage deur, onder in die handvatsel, daar sal wel doodmaak, te groot risiko.
Ek stem. Verwyder ook eerder

Re: My nuwe troeteldier

Posted: Wed Apr 23, 2014 7:40 am
by Marc
Dis nou nice Ian, ek self het lanklaas een gesien. Dit bly darem maar 'n besonderse gogga :)

Re: My nuwe troeteldier

Posted: Wed Apr 23, 2014 10:20 am
by Dawie Malan
Ian

Baie mooi Bobbe daai. Ek sal 'n mens se hok skud wat daai spinnekoppe doodmaak.

Groete

Dawie

Re: My nuwe troeteldier

Posted: Wed Apr 23, 2014 11:02 am
by Giepie
Tarzan wrote:Kan iemand die een identifiseer
Ek het die foto vir my seun gestuur, hy moes van dit leer. Hy dink dit is 'n fluweelspinnekop, Erisidae.

As julle meer wil weet, kyk hier.
http://ednieuw.home.xs4all.nl/Spiders/E ... esidae.htm