Page 1 of 1

Seekoei Jag

Posted: Sat May 10, 2014 6:41 pm
by Alvar
Naand manne,

Ek het 'n seekoei wat julle kan jag vir R25 000 in die Tzaneen area. Jy kan die trofee en die vleis hou. Jy moet net jou eie verbly reël. Laat maar so 3dae toe, om om die seekoei te kry. PM my indien julle sou belangstel.

Dankie

Alvar

Re: Seekoei Jag

Posted: Sat May 10, 2014 7:35 pm
by DWB
Lekker! Volgende jaar!

Re: Seekoei Jag

Posted: Sun May 11, 2014 8:12 am
by Gert Odendaal
Deon, dink jy nie jou .404 Jeffery gaan `n "over kill" wees nie...jy moet darem die beginsel van "fair chase" toepas as dit by die jag van `n dier kom....miskien moet jy die seekoei met `n kleiner kaliber soos `n .416 Rigby skiet, dit sal net regverdig wees teenoor die seekoei... :laugh: :laugh: Daar is `n verskil van "enough gun en over kill"

Re: Seekoei Jag

Posted: Sun May 11, 2014 8:23 am
by Frederik
Alvar, stuur asb vir my al die informasie ek het dalk 'n man of twee wat sal belangstel ek neem aan die jag sal in die nag gebeur hoeveel mense is betrokke ? Wanneer verval die permit en is dit 'n koei of bul wat die probleme veroorsaak ?

Re: Seekoei Jag

Posted: Mon May 19, 2014 12:20 pm
by Alvar
Okay manne. Rasmus op die Forum het die nawwek wat verby was gaan kyk of hy die seekoei kon opspoor.

Dalk sal hy vir ons bietjie kan vertel hoe dit gegaan het. Ek was nie self saam nie.

Re: Seekoei Jag

Posted: Mon May 19, 2014 1:32 pm
by DWB
Rasmus jy sal nou moet kom bieg meneer!!!!!!!!!!

Re: Seekoei Jag

Posted: Mon May 19, 2014 9:03 pm
by DWB
Rasmus Rasmus kom in ;D

Re: Seekoei Jag

Posted: Tue May 20, 2014 9:12 am
by Rasmus
Alvar......

Sal kom vertel. Ongelukkig wou die manne nie mooi saam werk nie. Daar is egter bietjie meer vleis aan die storie.. ;)

Sodra dit bietjie stiller gaan sal ek vertel.

Hopelik as alles saamwerk sal ons later weer gaan probeer.

Alvar dankie vir die lead. Bennie en Nico is voorwaar baie gasvrye mense ons het lekker gekuier.

Groete

Rasmus

Re: Seekoei Jag

Posted: Mon May 26, 2014 1:49 pm
by Hilux01
Tik tok tik tok.... :laugh:

Re: Seekoei Jag

Posted: Sun Jun 01, 2014 6:37 pm
by DWB
Kom nou Rasmus ons wag in spanning!!!!!!!!!!!!!!