Page 1 of 1
Dis nou ook tyd vir voëljag
Posted: Tue May 20, 2014 9:10 am
by Ferdi Bam
Hi Almal,
n Foto of 2 van my GSP wat point. Ons oefen nog vandaar die collar maar sodra sy begin aandag gee aan die opleiding kom die collar af.
Groete
Ferdi Bam
Re: Dis nou ook tyd vir voëljag
Posted: Tue May 20, 2014 2:34 pm
by Beretta
Beste hond vir voel jag in die wereld geduld en liefde dan sal alles in plek val
Re: Dis nou ook tyd vir voëljag
Posted: Tue May 20, 2014 3:26 pm
by blaser
nee beretta het jy dan nog nooit n brittany gesien nie
Re: Dis nou ook tyd vir voëljag
Posted: Tue May 20, 2014 3:42 pm
by Zack Benade
Julle het nog nie my Boellie (Varkhond) gesien nie.
Hy gaan haal alles al vra ek nie vir dit nie.

Selfs die buurvrou
Op ernstig te wees.
Dis 'n pragtige hond.
Dit kan net 'n plesier wees om hom te he as jy gaan voels skiet.
Re: Dis nou ook tyd vir voëljag
Posted: Mon May 26, 2014 5:58 pm
by EduardRoos
Oulike hond, waar het jy haar gekry? Soek graag so Reun.
My Teefie!
Re: Dis nou ook tyd vir voëljag
Posted: Tue May 27, 2014 8:58 am
by Ferdi Bam
Eduard,
Baie mooi hond, lyk na jong hondjie. Sterkte met die opleiding.
Ek het haar gekoop by Slang Viljoen, ons kom al n lang pad saam. Koop nie maklik n ander bloedlyn nie, alhoewel daar ook ander goeie bloedlyne is maar die een werk net vir my.
Sy kom nou baie mooi reg en gaan n baie goeie hond word as haar baas nie soos gewoonlik momentum verloor wanneer hy weer dink nou kan hy maar onspan nie.
Groete
Ferdi Bam
Re: Dis nou ook tyd vir voëljag
Posted: Mon Aug 10, 2015 7:01 am
by Mellies
remington wrote:nee beretta het jy dan nog nooit n brittany gesien nie
+1
Ek het twee van hulle. Ook nog jonk en laf. Nou en dan is n bietjie magic wat deurkom.
Met n vleisie...
Re: Dis nou ook tyd vir voëljag
Posted: Tue Aug 11, 2015 7:38 am
by blaser
mellies
waar het jy gekoop
ek het weer die naweek met my 2 tewe gejag hulle is super jag honde
Re: Dis nou ook tyd vir voëljag
Posted: Tue Aug 11, 2015 5:55 pm
by Mellies
Oom Remington my honde kom van Alan Kloeck af.
Wens ek kon elke dag met hulle stap.
Abby en Denzel
Abby is baie rustig en werk naby my. Sy beweeg nie vEr nie. Denzel is soos n masjien. Hy sal heeldag werk.
Denzel se eerste retrieve was baie spesiaal. Ek het na kransduiwe geskiet. Twee val en hys weg. Duiwe draai. Nog twee val. Met die duiwe se derde draai val nog twee duiwe. Lang storie kort staan ek en kyk hoe hy die duiwe eerste bring wat nie heeltemal dood is nie wat nog hop en fladder op die grond...
Re: Dis nou ook tyd vir voëljag
Posted: Wed Aug 12, 2015 7:13 am
by blaser
ek dink jy het my honde gesteel
purdy doen ook daai ding met duiwe die wat leef bring sy na die hand die wat dood is sit sy op n hoop nee
Re: Dis nou ook tyd vir voëljag
Posted: Wed Aug 12, 2015 9:22 am
by Ferdi Bam
Net so terloops...... die wit GSP in die foto, Jenna, is einde November verlede jaar uit my erf uit gesteel. Dit was n slegte dag in my lewe maar nouja... Ek het weer een gekry en is hard besig om haar op te lei. Sover gaan dit goed met die opleiding.
So insident sit jou ver terug itv voëljag, al die harde werk verlore en weer van vooraf begin.
Groete
Ferdi Bam
Re: Dis nou ook tyd vir voëljag
Posted: Wed Aug 12, 2015 6:49 pm
by Mellies
remington wrote:ek dink jy het my honde gesteel
purdy doen ook daai ding met duiwe die wat leef bring sy na die hand die wat dood is sit sy op n hoop nee
Kan twee mense se twee honde so eenders lyk?
Oom Remington waar kom oom se honde vandaan?
Re: Dis nou ook tyd vir voëljag
Posted: Wed Aug 12, 2015 6:51 pm
by Mellies
Ferdi Bam wrote:Net so terloops...... die wit GSP in die foto, Jenna, is einde November verlede jaar uit my erf uit gesteel. Dit was n slegte dag in my lewe maar nouja... Ek het weer een gekry en is hard besig om haar op te lei. Sover gaan dit goed met die opleiding.
So insident sit jou ver terug itv voëljag, al die harde werk verlore en weer van vooraf begin.
Groete
Ferdi Bam
Ferdi ek wil nie eers amper dink hoe jy gevoel het toe sy gesteel is nie!
Ek werk elke maand in Polokwane vir so dag of drie. Sal by jou moet kom draai eendag!
Met n vleisie...
Re: Dis nou ook tyd vir voëljag
Posted: Thu Aug 13, 2015 7:27 am
by blaser
my honde kom van rob dods af
ja ek hou meer van my honde as van my vrou en is ongebalanseerd beskeremd oor hulle
Re: Dis nou ook tyd vir voëljag
Posted: Thu Aug 13, 2015 4:16 pm
by Ferdi Bam
Mellies,
Enige tyd welkom.Laat weet maar net as jy in die omgewing is dan maak ons n plan.
Groete
Ferdi Bam
Re: Dis nou ook tyd vir voëljag
Posted: Wed Sep 16, 2015 10:30 am
by Bees
Manne, ek bly in Potch en my honde SMEEK my om hierdie naweek 'n paar voëls in die lande bymekaar te maak. Duifjag in die sonneblomme is op hierdie stadium 'n 'distant memory' en ek hoor boere begin al sukkel met die fisante hier in die omgewing maar ken nie self boere waar ek en my twee GSPs en my haelgeweer kan gaan uithelp nie.
Is daar nie 'n groep waar ek kan aansluit hierdie naweek of 'n boer wat 'hulp' nodig het wat kan help met hierdie behoefte nie?
Goed gan manne!
Re: Dis nou ook tyd vir voëljag
Posted: Wed Sep 16, 2015 10:43 am
by Eugene
JagKlong wrote:Manne, ek bly in Potch en my honde SMEEK my om hierdie naweek 'n paar voëls in die lande bymekaar te maak. Duifjag in die sonneblomme is op hierdie stadium 'n 'distant memory' en ek hoor boere begin al sukkel met die fisante hier in die omgewing maar ken nie self boere waar ek en my twee GSPs en my haelgeweer kan gaan uithelp nie.
Is daar nie 'n groep waar ek kan aansluit hierdie naweek of 'n boer wat 'hulp' nodig het wat kan help met hierdie behoefte nie?
Goed gan manne!
Ons het baie fisante en tarentale, soveel so dat dit 'n probleem is met planttyd. Ek kan nie hierdie naweek nie, maar sal met jou praat sodra ek weer 'n kans het, dan kom jy. Maar jy gaan betaal boetie! Jou honde moet my fisante ook soek.....

Re: Dis nou ook tyd vir voëljag
Posted: Wed Sep 16, 2015 11:11 am
by Jake1
JagKlong wrote:Manne, ek bly in Potch en my honde SMEEK my om hierdie naweek 'n paar voëls in die lande bymekaar te maak. Duifjag in die sonneblomme is op hierdie stadium 'n 'distant memory' en ek hoor boere begin al sukkel met die fisante hier in die omgewing maar ken nie self boere waar ek en my twee GSPs en my haelgeweer kan gaan uithelp nie.
Is daar nie 'n groep waar ek kan aansluit hierdie naweek of 'n boer wat 'hulp' nodig het wat kan help met hierdie behoefte nie?
Goed gan manne!
Jagklong ek het al daai smeek gesien by n vriend van my se GSP,s. Ek en hy het by sy huis ingestap toe gaan retrieve die GSP sy baas se geweersak en bring hom vir ons, hy sê dit gebeur gereeld.
Re: Dis nou ook tyd vir voëljag
Posted: Wed Sep 16, 2015 1:11 pm
by DJC
Jis manne, julle honde lyk mooi! Ek het 'n Weimaraner tefie gekry, nou so 4 maande oud. Weet nie of Weimaraners ook so mooi kan leer nie? Weet julle nie van iemand in Bloemfontein omgewing by wie ek kan raad kry oor hoe om die hond mooi te leer retrieve nie, ek het geen ondervinding daarmee nie. Het nog altyd 'n staffie gehad en sy retrieve niks sy verorber net

Re: Dis nou ook tyd vir voëljag
Posted: Sun Mar 06, 2016 3:00 pm
by Jakkalsdans
Manne,julle honde is lus vir die Voëls nê!
Nou dat ek regtig daaroor dink kan ek self nie wag vir die seisoen om oop te maak nie,my vingers jeuk al lankal.
Pragtige honde wat almal het.
Re: Dis nou ook tyd vir voëljag
Posted: Sun Mar 06, 2016 6:19 pm
by tripodmvr
Juis die wek 'n bespreking oor bewaring gehadne voëljag was ook op die agenda. Die tarentale het baie laat gebroei en getalle is maar af op die jong goed. Jagters sal ernstig moet besin oor hoeveel en watter voels om te skiet.
Re: Dis nou ook tyd vir voëljag
Posted: Mon Mar 07, 2016 10:30 am
by Carl
Ek kyk gister na ons tarentale op die plaas. Daar is nogsteed groot groepe so hulle het nie gebroei nie. Dalk is daar erens kleintjies maar ek het nog niks gesien nie.