Lekker gejag by Hoeksfontein - Pearston.

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Lekker gejag by Hoeksfontein - Pearston.

Post by GreyGhostGear »

Het so paar weke terug die voorreg gehad om saam met 'n paar goeie vrinne by Bennie van Niekerk van Hoeksfontein te gaan jag.
Vinnig gestem die oggend en gou die 750 km aangevat.

Lekker nat en koue aankoms:
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/HOEKSFONTEIN/DSC06042_zps8ccb9baf.jpg

maar 'n WARM verwelkoming by 'n bitter lekker set-up - lapa, verblyf, bar ens. en moes Bennie se tradisionele verwelkomingsmengsel trotseer:
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/HOEKSFONTEIN/DSC06044_zps6b2c92d9.jpg

Die plaas bied 'n wye verskeidenheid van terrein en daar is hard gejag in daardie berge en ruie bosse. Kon op die eerste dag die mooi Takbok skiet na 'n paar uur se klim en klouter. Hierdie was in 'n tipe reenwoud effek deel op die plaas en met 'n ligte motreentjie wat val was dit nogal spesiaal en 'n groot voorreg om die ou meneer te kon jag. Het so bietjie gevoel soos dalk iets in die Scottish Highlands iewers.
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/HOEKSFONTEIN/PETRIETAKBOK_zps3acd77d2.jpg
Soos hy geval het:
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/HOEKSFONTEIN/IMG-20140508-00816_zpsd3804211.jpg
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/HOEKSFONTEIN/DSCF0497_zps9d91c850.jpg
Hier kan 'n ou so idee kry van die terrein en weer:
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/HOEKSFONTEIN/IMG-20140508-00819_zpseebe21d0.jpg

Tweede dag is ons die oggend voor 5 op om die pad te vat na 'n plaas tussen Somerset-Oos en Paterson iewers om Vlakvarke te jag. Gou diesel gooi op Somerset met die Bosberg in die agtergrond.
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/HOEKSFONTEIN/DSC06045_zps71e53dc4.jpg
Nou maar kyk daar is varke vir Afrika op die plaas(hulle is eintlik maar 'n pes/plaag daar en word voor die voet geskiet)en ons het 'n baie lekker dag gehad en varke geskiet van 20m in digte bos tot 220m in die vlak, staande, in die hardloop, opdraand, afdraand - dit was 'n baie opwindende dag van Vlakvark jag. Darem so mooietjie ook raak gebewe:
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/HOEKSFONTEIN/VLAKVARK_zps80610fe8.jpg
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/HOEKSFONTEIN/IMG_1389_zps474133ef.jpg
Laaste dag oppad na die boonste deel van die plaas - so idee van die mooigeit daar: (die view en glad nie die troepe nie)
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/HOEKSFONTEIN/DSC06048_zps4ceaf33c.jpg
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/HOEKSFONTEIN/DSC06049_zpsc02801a5.jpg

Bo in die berge kon ek na 'n lekker bekruipslag die Blesbok skiet. Skoot was oor 'n vallei/kloof en my een vriend wat agter gebly het toe ons begin stalk het, het sommer die bokke deur sy scope sit en dophou en het die bok deur sy scope sien val toe die skoot klap, wat nogal opwindend was en iets om te sien volgens hom.
Ek weet nie of die fotos "justice" doen aan die uitsigte van daar bo nie:
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/HOEKSFONTEIN/20140510_053613_zps985bf43f.jpg
Die Blessie was seker al 10 minute dood, maar gee toe tot my swak senuwees nog so een laaste skop toe die kamera skoot klap:)
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/HOEKSFONTEIN/20140510_053512_zpsd9dc47e9.jpg

Soos gewoonlik het die 750km terug bietjie langer gevoel as die gaan.
Ek sal Hoeksfontein verseker aanbeveel - mooi plaas met verskeidenheid terrein, lekker gemaklike verblyf en kuier areas, goed toegeruste kombuis met alles wat 'n man nodig het. Bennie hulle vat hulle jag ernstig op en wat vir my great was, as hulle gesê het ons ry 05:30 of 07:00 of watookal, dan was hulle betyds daar en reg vir ons, wat vir my persoonlik nogal 'n belangrike ding is.
Groetnis.
Last edited by GreyGhostGear on Wed May 21, 2014 8:27 am, edited 2 times in total.
Adaan
Full Member
Full Member
Posts: 102
Joined: Thu Apr 22, 2010 5:57 pm

Re: Lekker gejag by Hoeksfontein - Pearston.

Post by Adaan »

Mooi man!

Daai regter tand van daai vlakvark het nogal ongewone vlekke op,
wat dit vir my nogal mooi maak.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Lekker gejag by Hoeksfontein - Pearston.

Post by VdWalt »

Stunning! Baie geluk met die mooi bokke en vark.
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Lekker gejag by Hoeksfontein - Pearston.

Post by JTM »

Jislaaik baie nice hoor. Verlang ek terug Pearston toe. As kind baie vakansies daar gewees by my Ouma. Wens ek kon okk terug gaan vir so mooi jag.
Jannie Welman
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Lekker gejag by Hoeksfontein - Pearston.

Post by win270 »

Dit lyk na 'n wonderlike jag. Julle was gelukkig om soveel plat te kon trek en ook soveel van die natuur en die mense se gasvryheid te geniet.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Lekker gejag by Hoeksfontein - Pearston.

Post by Chevvy SS »

Lyk na 'n heerlike jag!

Die pryse daar asb?
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Lekker gejag by Hoeksfontein - Pearston.

Post by GreyGhostGear »

Chevvy SS wrote:Lyk na 'n heerlike jag!

Die pryse daar asb?
Kan nou nie alles onthou nie, maar jy kan vir Bennie email - details is op hulle website.
Die jaar is hulle verblyf/dagfooi R350 en dit sluit alles in van hout/voertuie/afslag - alles. Net die bediende is ekstra indien benodig.
Bv. Rooibok ooie is R600, Springbok ooi R450 ens. Sy jong manlike diere ook billik, maar groter manlike diere raak redelik duur, omdat hy trofeejag ook doen.
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2341
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Lekker gejag by Hoeksfontein - Pearston.

Post by henried »

Baie geluk, baie mooi diere.

Ai, daai takbok roer my.... :)
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Lekker gejag by Hoeksfontein - Pearston.

Post by BRNO (Pierre) »

Petrie, julle het baie mooi gemaak! Baie geluk op n baie mooi en suksesvolle jag. Daai takbok is werklik spesiaal, en die varkie het darrem ook n mooi smile aan hom.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
william007
Hero Member
Hero Member
Posts: 775
Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm

Re: Lekker gejag by Hoeksfontein - Pearston.

Post by william007 »

hello Grey dis baie mooi bokke baie geluk,dit lyk vir my Sakkie du Rust het julle daar op die jag gevat lyk soos sy bakkie daai hy het laas jaar by my 5 sebras kom jag hier op Niewoudville

Weer eens baie geluk
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Lekker gejag by Hoeksfontein - Pearston.

Post by GreyGhostGear »

william007 wrote:hello Grey dis baie mooi bokke baie geluk,dit lyk vir my Sakkie du Rust het julle daar op die jag gevat lyk soos sy bakkie daai hy het laas jaar by my 5 sebras kom jag hier op Niewoudville

Weer eens baie geluk
Ja, well spotted, Sakkie help vir Bennie daar..
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Lekker gejag by Hoeksfontein - Pearston.

Post by NicoSmit »

My geboorte dorp daai Somerset Oos
Jakkie 321
Hero Member
Hero Member
Posts: 636
Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm

Re: Lekker gejag by Hoeksfontein - Pearston.

Post by Jakkie 321 »

Baie mooi gejag en ja dit is n prag area daai.

Groette
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage

Jakkie 321
Reinhard Hassel
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Lekker gejag by Hoeksfontein - Pearston.

Post by theedge »

Baie netjies maat mooi gemaak - lekker om die storie te lees
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Lekker gejag by Hoeksfontein - Pearston.

Post by Swys14 »

Dit lyk na 'n vrek lekker jag, baie geluk!
User avatar
dawiec
Hero Member
Hero Member
Posts: 625
Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am

Re: Lekker gejag by Hoeksfontein - Pearston.

Post by dawiec »

lekker man lekker :-)
Post Reply