Lekker gejag by Hoeksfontein - Pearston.
Posted: Tue May 20, 2014 6:44 pm
Het so paar weke terug die voorreg gehad om saam met 'n paar goeie vrinne by Bennie van Niekerk van Hoeksfontein te gaan jag.
Vinnig gestem die oggend en gou die 750 km aangevat.
Lekker nat en koue aankoms:
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/HOEKSFONTEIN/DSC06042_zps8ccb9baf.jpg
maar 'n WARM verwelkoming by 'n bitter lekker set-up - lapa, verblyf, bar ens. en moes Bennie se tradisionele verwelkomingsmengsel trotseer:
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/HOEKSFONTEIN/DSC06044_zps6b2c92d9.jpg
Die plaas bied 'n wye verskeidenheid van terrein en daar is hard gejag in daardie berge en ruie bosse. Kon op die eerste dag die mooi Takbok skiet na 'n paar uur se klim en klouter. Hierdie was in 'n tipe reenwoud effek deel op die plaas en met 'n ligte motreentjie wat val was dit nogal spesiaal en 'n groot voorreg om die ou meneer te kon jag. Het so bietjie gevoel soos dalk iets in die Scottish Highlands iewers.
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/HOEKSFONTEIN/PETRIETAKBOK_zps3acd77d2.jpg
Soos hy geval het:
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/HOEKSFONTEIN/IMG-20140508-00816_zpsd3804211.jpg
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/HOEKSFONTEIN/DSCF0497_zps9d91c850.jpg
Hier kan 'n ou so idee kry van die terrein en weer:
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/HOEKSFONTEIN/IMG-20140508-00819_zpseebe21d0.jpg
Tweede dag is ons die oggend voor 5 op om die pad te vat na 'n plaas tussen Somerset-Oos en Paterson iewers om Vlakvarke te jag. Gou diesel gooi op Somerset met die Bosberg in die agtergrond.
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/HOEKSFONTEIN/DSC06045_zps71e53dc4.jpg
Nou maar kyk daar is varke vir Afrika op die plaas(hulle is eintlik maar 'n pes/plaag daar en word voor die voet geskiet)en ons het 'n baie lekker dag gehad en varke geskiet van 20m in digte bos tot 220m in die vlak, staande, in die hardloop, opdraand, afdraand - dit was 'n baie opwindende dag van Vlakvark jag. Darem so mooietjie ook raak gebewe:
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/HOEKSFONTEIN/VLAKVARK_zps80610fe8.jpg
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/HOEKSFONTEIN/IMG_1389_zps474133ef.jpg
Laaste dag oppad na die boonste deel van die plaas - so idee van die mooigeit daar: (die view en glad nie die troepe nie)
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/HOEKSFONTEIN/DSC06048_zps4ceaf33c.jpg
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/HOEKSFONTEIN/DSC06049_zpsc02801a5.jpg
Bo in die berge kon ek na 'n lekker bekruipslag die Blesbok skiet. Skoot was oor 'n vallei/kloof en my een vriend wat agter gebly het toe ons begin stalk het, het sommer die bokke deur sy scope sit en dophou en het die bok deur sy scope sien val toe die skoot klap, wat nogal opwindend was en iets om te sien volgens hom.
Ek weet nie of die fotos "justice" doen aan die uitsigte van daar bo nie:
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/HOEKSFONTEIN/20140510_053613_zps985bf43f.jpg
Die Blessie was seker al 10 minute dood, maar gee toe tot my swak senuwees nog so een laaste skop toe die kamera skoot klap:)
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/HOEKSFONTEIN/20140510_053512_zpsd9dc47e9.jpg
Soos gewoonlik het die 750km terug bietjie langer gevoel as die gaan.
Ek sal Hoeksfontein verseker aanbeveel - mooi plaas met verskeidenheid terrein, lekker gemaklike verblyf en kuier areas, goed toegeruste kombuis met alles wat 'n man nodig het. Bennie hulle vat hulle jag ernstig op en wat vir my great was, as hulle gesĂȘ het ons ry 05:30 of 07:00 of watookal, dan was hulle betyds daar en reg vir ons, wat vir my persoonlik nogal 'n belangrike ding is.
Groetnis.