Douglas Weltevrede Jag 2014

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Douglas Weltevrede Jag 2014

Post by Marc »

So kry ek ook die geleentheid om weer 'n slag n bydrae te mag maak. Daar is darem soveel om voor dankie te se na 'n man 'n naweek in die veld kon deurbring.

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Wetevrede%202014/IMG_0337_zps6b62f5f5.jpg
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Wetevrede%202014/IMG_0340_zps62c1d534.jpg

Ek was bevooreg om saam met Jakkalsgat Safari's en paar forum manne op Weltevrede te kon gaan uitspan vir so drie dae, en wat 'n lekker afsaal was dit nie. Altyd 'n aangename ervaring om forum vriende te kan ontmoet en blad te mag skud. Ek hoop nie dit gaan te lank neem voor ons weer die vooreg mag hê nie manne. Ons het vir ons kruppel geeët en dan weer skrander geloop, 'n mooier gebalanseerde pakket kon 'n man nie voor vrae nie ;D Op my wens lysie was twee Blouwildebees koeie en 'n Springbokkie of twee.

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Wetevrede%202014/10357514_618569001583440_8948009729384469560_n_zps64926ecb.jpg

Dag een vir my was maar stil, redelik wild gewaar, lekker geloop en bietjie die spoorsny oë en ore afgestof op ander manne se bokke. Kondisies was perfek en het ek ou staatmaker .243Win aan my sy gehad. Dit was 'n seëning om met die veld te kon deel, in te kon neem maar nie te vat nie en ook nie agter los nie. Dis darem maar vrek mooi werêld met sy rooi grond wat so tussen 'n man se tone kom inkruip.

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Wetevrede%202014/IMG_0325_zps83fba74c.jpg

Dag twee het begin met 'n draai te voet by al die suipings voor sonop, met die hoop op 'n teken van vars bloed wat moontlik agtergelaat sou wees van die vorige dag se kwesbok. Ek, Jaco en Hein is in min of meer dieselfde rigting weg en het later mekaar by die windpomp gekry. Ons is saam die veld in steeds opsoek na enige teken van die gekweste bok.
Nou kyk as ek sê ons het twee wilde Springbokkies raakgeloop daardie oggend meen ek nie half wild nie...daai manne het nie kom blomme pluk nie. Hulle is weg na ons ontmoeting in dieselfde toestand as wat hulle daar opgedaag het. Net 'n jagter met 'n gebuigde ego en 'n gemoed wat weet dat daai skoot nooit "aan" was nie. Optel Gemsbok skedel is nie 'n triggerstick nie :-[

Die wind het begin opgestaan teen laat more en was dit handskoene af tyd. Ek het juis bietjie die Lapua saamgevat om te proe hoe smaak die Kalahari en dit het gelyk of vandag die dag sou wees wat hy sy eerste "jag" bloed sou trek. Ek en Jaco is alleen die kamp uit met sy bakkie. Ons het nie 'n kilometer gevorder nie toe daar ewe verras twee jong Blouwildebees bulle uitstap in die pad, skaars 100m van die bakkie af. Toe ons stop haak hulle natuurlik six high en maak 'n lyn vir die randt. Die area was lekker oop en ons was vol moed dat hulle sou staan. Jaco het die bakkie perfek maak staan en die wag was aan, rangefinder en iPhone byderhand, al die somme was reeds reg, al wat ons kort is afstand. 150...200...250...300m...hulle loer vir ons en Jaco se stem kom opgewonde vanuit die kajuit, hulle gaan nou staan maak reg. 360...362m en daar staan hulle, die sekondes tik af soos ure en ek bid vir nog bietjie tyd. rrrrrr tik tik tik antwoord die Nightforce en ek lê aan, dis 'n quatering skoot en ek prober die blad mis sonder om die vitals ook prys te gee.....booom dup en daar gaan hy. Dit was raak raak maar tog twyfel 'n man mos altyd, 30..50..80 en nou begin 'n man wonder oor koeel gedrag en al daai duiwels dinge. Volgende oomblik is die brandstof klaar en val hy gat oor kop mors dood neer. Uit pure verbasing steek sy maat vas 5 tree van hom af en vang ons heel omkant. Sal ons nog een neem...ja of nee...die Leica reken 460m en daar gaan hy. ‘n Vinnige foto sessie volg met groot ‘n glimlag o groot man kry eintlik hoofpyn soos die spiere saamgetrek bly.

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Wetevrede%202014/P1020749_zpsd34974bf.jpg

Ons kon die Volstuisie aankeer op Mamma se aandring so katspoeg oor die 300m merk met ‘n mooi loop plank dwars in my skoot in storetjie.

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Wetevrede%202014/1526183_618569094916764_4494598213669570365_n_zps7873c8d7.jpg

Die middag se kant soek ons weer bloed van een van die ander manne se bokke en ry al deur die ruigtes opsoek na tekens van die trop. Ons het net om ‘n draai gery toe Carel die Gemsbokke links van ons in gewaar, hulle was so 100 of wat meter van ons af en mens kon net net hulle nekke en koppe uitmaak. Heel regs het ‘n bitter mooi bul se horings my oë gevang en Carel se woorde “daar staan ‘n groot bul hier heel regs” was skaars koud toe die 338 blaf en die bul net daar in mekaar sak.

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Wetevrede%202014/10482604_618569154916758_3958004688573302798_n_zps5c5a4430.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Wetevrede%202014/10372056_618568834916790_2219508685305095659_n_zps09f70ff1.jpg

Ons het die middag nog baie ander wild gesien maar geen teken van die rooibokke waarna Carel gesoek het nie. Dit was ‘n perfekte jag, niks soos ek hom beplan het nie en met sout van hierdie aarde tiepe mense aan my sy. Hoe vra ‘n man dan vir meer ……

Die kamp
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Wetevrede%202014/IMG_0341_zps42e78c6c.jpg

Tannie Anna is 'n soet wittetjie met die skop van sewe soorte byt goed, sy vat nie 'n man fliek toe nie ;D

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Wetevrede%202014/IMG_0346_zps53b78d22.jpg

'n Troon met 'n uitsig

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Wetevrede%202014/IMG_0354_zps8cd7a898.jpg
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Wetevrede%202014/IMG_0376_zps66c0ea3e.jpg

En daar was geeët....uit die boonste gestoeltes uit !

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Wetevrede%202014/IMG_0417_zps0cb3b753.jpg
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Wetevrede%202014/IMG_0406_zpsdf49ea4c.jpg
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Wetevrede%202014/IMG_0371_zps1578448d.jpg
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Wetevrede%202014/IMG_0360_zpsbcf33227.jpg
Buffel fillet met slak kaas sous
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Wetevrede%202014/IMG_0352_zps5c68fb65.jpg
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Wetevrede%202014/IMG_0351_zps3aeabd4e.jpg
Last edited by Marc on Wed Jun 18, 2014 10:46 pm, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Douglas Weltevrede Jag 2014

Post by DWB »

Mooi man! Smaak my julle manne het nie honger gely nie!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Douglas Weltevrede Jag 2014

Post by Frederik »

Lekker man lyk of julle dit baie geniet het en die 338 het darem nou bloed getrek ook.
User avatar
Wismit
Hero Member
Hero Member
Posts: 576
Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm

Re: Douglas Weltevrede Jag 2014

Post by Wismit »

Sjoe dit lyk regtig lekker - ons beurt kom oor 3 weke. Maar as daar nou een ding is wat ek HAAT soos pes, dan is dit om `n "longdrop" toilet te gebruik !!!!

W.S
Last edited by Wismit on Wed Jun 18, 2014 7:36 pm, edited 1 time in total.
User avatar
JuanPaul
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Mon Jan 23, 2012 8:57 am

Re: Douglas Weltevrede Jag 2014

Post by JuanPaul »

Mooi gemaak daar Marc!!!
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Douglas Weltevrede Jag 2014

Post by JPS »

Wel gedaan Marc

Jis mar jy lieg nie as jy se julle het geeet nie ;D
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Douglas Weltevrede Jag 2014

Post by Pappabeer »

Baie lekker vertel en mooi geskiet Marc. Dit lyk of julle n fees gehad het.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Douglas Weltevrede Jag 2014

Post by Marc »

Dankie manne, dit was n bitter lekker jag ervaring en loshande in my top 5 O0 dit was so lekker ek beplan om in Augustus terug te gaan en nog n paar kilojoules te vebrand in Weltevrede se sand.
Wismit wrote:Sjoe dit lyk regtig lekker - ons beurt kom oor 3 weke. Maar as daar nou een ding is wat ek HAAT soos pes, dan is dit om `n "longdrop" toilet te gebruik !!!!

W.S
Daar is n state of the art spoel met die trek van handvatsel watsim troon ook ;) en lekker groot warm water stort met n wasbak. Die longdrop is n opsionele ekstra ><)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7547
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Douglas Weltevrede Jag 2014

Post by Wouter Roets »

Mooi man Marc en Jakkie

Baie geluk met die vuurdoop van die 338! Daai foto's van die kos het my maag nou erg aan te grom. Ons gaan self na daai wereld toe volgende naweek so kan ook nie meer wag nie.

Groetnis
Wout
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Douglas Weltevrede Jag 2014

Post by BRNO (Pierre) »

Wouter Roets wrote:Mooi man Marc en Jakkie

Baie geluk met die vuurdoop van die 338! Daai foto's van die kos het my maag nou erg aan te grom. Ons gaan self na daai wereld toe volgende naweek so kan ook nie meer wag nie.

Groetnis
Wout
Liewe hel. Jy sit seker n foto van jouself op die bedkassie aan die begin van die jagseisoen sodat jou vrou jou net weer in September herken wanneer jy die huis instap.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Douglas Weltevrede Jag 2014

Post by Marc »

Dankie Wouter, ek sou die afstande graag bietjie wou rek maar 'n man moet dankbaar wees vir wat aan jou gegee is. My eerste skoot op die Grootvoël was so 553m maar die wind het ander planne gehad met my daai dag ;D

Geniet jou tip, dis darem maar 'n mooi op sy eie tiepe van wêreld daai, ek verlang my vrek na die plekkie
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7547
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Douglas Weltevrede Jag 2014

Post by Wouter Roets »

Pierre

Daar is mos absoluut niks fout om agt uit die sewe dae van die week te jag nie! ;D ;D ;D Ek is darem op die volmaan naweke by die huis.

Marc die afstande sal verseker kom met die tyd. Hoe het daai glase hulself toe gedra? Hoef seker nie te vra nie want het al klaar n idiee wat die antwoord gaan wees. ;) Wat se koeels het jy toe gebruik op die jag en hoe het hulle gemaak?

Groetnis
Wout
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Douglas Weltevrede Jag 2014

Post by Marc »

Wouter my Berger skip het gesink in die Kaap se baai iewers man :'( so ek moet maar deesdae terugval op die 250gn Scenars.

Die skoot was 'n quatering een en moes ek op die rand van die linker blad vat om die hart en longe te kon bykom, met die beplanning van die skoot het ek gehoop om dalk net net die scapula te tref of hopelik self die blad heel te kon mis. Met die nabetragting vind ons toe uit dat die skoot dood op die skouer gordel was waar die scapula en humerus mekaar ontmoet, nodeloos om te sê die skade in daai area was redelik rof. Met die ingang is twee ribbes ook gebreuk en is die longe en hart in vlarde gewees van al die stukkies been, koper en been. Die slagter kon hierdie stukkie vind waar dit in die blaarpens vasgesit het. Ek was verstom met die penetrasie vermoe van die koeel aangesien hy glad nie hiervoor gemaak is nie. Op die volstuis was dit 'n lyfskoot wat die lengte penetreer het en niks is gevind nie. Die gemsbok was 'n baie hoe nek skoot net onder die atlas en het die koeel ook ten volle penetreer, niks is herwin nie.

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Wetevrede%202014/IMG_0389_zps7622d44f.jpg

Ek sal nog die oorksot gaan weeg maar ek het min hoop dat hy 100gn gaan maak

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Wetevrede%202014/IMG_0388_zps1954ad40.jpg

Beste van alles is dat die BWB nog maklik 'n 100m afgele het met daai vlarde hart en longe voor hy uit brandstof uit gehardloop het. Soos Jaco se 'n BWB word siek gebore :o

Die glase die glase die glase, daai ATACR is elke liewe sent werd O0 Ek sê die nou met 'n baie swaar hart, maar my MK4 het nie 'n kans teen hom nie :-[
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7547
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Douglas Weltevrede Jag 2014

Post by Wouter Roets »

Dankie vir die terugvoer Marc

Ja blou wildebees bly maar n wetter. Onthou so ruk terug het hulle een in Botswane of Zim met n 50 Browning deur die hart geskiet met n frontal skoot waarna hy vir 600m nog geharloop het voordat hy besef het hy is dood.

Groetnis
Wout
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Douglas Weltevrede Jag 2014

Post by tau »

Mooi Marc.

Net gister vertel ek 'n pel van my eerste BWB wat ek so mooi geskiet het op 60m met my 7mm RM, toe hol hy weg en gaan staan op 300m en kyk vir my. Die gids se woorde sal ek nooit vergeet nie. Toe ek aanle om weer te wil skiet skreeu hy, "baasie nee moenie skiet nie hy is klaar dood hy weet dit nog net nie". Ek skiet toe nog 'n skoot waarna hy morsdood neer val. Kom daar en soek my eerste kwes skoot aangesien die tweedeskoot mos die duidelike mooi hartskoot is was vir ons le en kyk. Dit is toe dat die gids my wys die eerste skoot was van die regterkant af die tweedeskoot vanaf links.

So as 'n .338 LM met 250gr koeels hom nie plat skiet nie weet ek nie meer nie! Siek gebore mt 'n lood tekort.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Douglas Weltevrede Jag 2014

Post by Geno »

Lekker storie Marc!
Julle man het mooi gemaak!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Douglas Weltevrede Jag 2014

Post by Jakkalsgat »

Marc

Jou ou spogter, sien nou eers jy het amper my slaksous verbrand.

Groete
Jaco
Flip Fouche
Hero Member
Hero Member
Posts: 584
Joined: Mon Nov 29, 2010 5:26 pm

Re: Douglas Weltevrede Jag 2014

Post by Flip Fouche »

Jaco

Hoe lyk die springbokke daar op Weltevrede ? Gaan n draai daar maak.

Groete

Flip
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Douglas Weltevrede Jag 2014

Post by Jakkalsgat »

Flip

Daar is nie veel Springbokke nie en die wat daar is, is nie baie groot nie.

Groete
Jaco
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Douglas Weltevrede Jag 2014

Post by Marc »

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Wetevrede%202014/Snapshot22014-06-1812-43PM_zps09970754.png

Die manne het bietjie hulle hand op 'n gong ook probeer
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Douglas Weltevrede Jag 2014

Post by Marc »

En so is ek bevooreg genoeg om nog 'n draai te loop en Weltevrede se rooi suiker tussen my tone te voel.

Ons het die naweek van die 8 Augustus weer 'n draai by Jaco gaan maak nadat ek vriende van my van ons Jakkals jag vertel het en hulle absoluut aangedring het daarop dat ek hulle soontoe moet neem voor die 2014 seisoen verstryk het. Nou kyk 'n man nooi my nie twee keer vir n jagtrip nie, veral nie as ek reeds die heuning geproe het nie ;D

Ek het my Savage weer ingelaai en al die toepaslike bybehore, vol hoop dat ons die keer hopelike die 500m merk gaan breek.

Tussen ons was Eland, Koedoe, Blouwildebees en Gemsbok op die lysie. Soos julle sal sien is alles behalwe Blouwilde bees gekry en kan ek beaam dat die "wilde" in hulle naam nie verniet daar geplaas was nie :laugh: 'n Man moet eerder met n begroting as n wenslys gaan jag ><)

Dag een het nie bokke opgelewer nie en daai aand ontvang Douglas omgewing manna uit die Hemel, 32mm reen ons net tot in ons onderbroeke maar diep diep dankbaar. Dag twee is die veld reeds vol geel en pers blommetjies en 'n man se hart klop dankbaar warm in hierdie harde wereld waar jy jou nou bevind. Ons het besef dat dit die einde van die seisoen is en dat ons moontlik bietjie meer gewaagd as normaal gaan moet jag. Die Eland het ons mooi laat verstaan dat hulle draf skoentjies aan is en daar was een spesifieke koei wat gedink het sy is n Blesbok ooi. Sy het net eenvoudig geweier om stil te staan en die res van die trop was altyd so 20m agter haar.

Ons besluit toe dat sy gaan val, ongeag haar grote en of sy 'n maklik/mooi skoot gaan gee. Sy sal moet val indien ons enige kans wil he om 'n rustiger "mooier" skoot op 'n ander Eland sou wou maak. So gese so gedaan. Ons kry die trop en hulle is besig met hulle manawales, gelukkig is ons nou in die harde kalk veld en dis mooi oop en plat. Die erdvark was ook die hoekie van die plaas genadig >:D Jaco het hulle in gery en afgesny, die trop het omgedraai, vir 'n spilt sekonde gestaan, stadig begin maak en weer gedraf in die rigting van waar hulle kom. Ons het hulle weer ingehaal met die bakkie en so 100m van die trop af gestop. Hulle het teen n hoek weg van ons af gedraf teen 'n lekker konstante spoed. Ek het geweet dit gaan sukkel wees en was reg vir die skoot, ekt die voorbok (wat soos altyd 20m voor die ander was) met 'n half meter gelead en so vinnig gelet dat die horings reguit vertoon. (Daar was n groot bul met monster V horings ook in die trop) Jaco was blykbaar nog besig om te probeer sê die voorste bok is 'n b....toe laat loop ek die skoot so op 250m. Die dier het die skoot mooi gevat en ek het vinnig gelaai om seker te wees ek kan opvolg indien nodig. 50m verder begin die Eland struikel en slaan morsdood neer sonder om eens te probeer opstaan.

Die res van die trop draai in die tussen tyd links en hardloop reg voor die bakkie verby en gaan staan sowaar stil op 'n geskatte 450m. Soos blits gee ek die geweer vir Gerhard en doen die nodige vetselling terwyl hy reeds aanlê. Daar was nie tyd vir rangefinders ens nie en ek het gedraai wat ek kon onthou vir daai afstand op 'n vroere probeerslag. Ek het skaar my hand van die turret af gehaal toe die skoot kom en die Eland se rug behoorlik in n boog trek soos sy spring. Sy verdwyn agter 'n bos en ons hou dop en hou dop. Heel regs lyk of n koei wil struikel en na wat voel soos 'n ewigheid gaan sit sy soos 'n dier wat 'n brein skoot geneem het. Dood op haar voete. Dit was 'n perfekte skoot.

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Weltevrede%20Aug%202014/IMG_0830_zps225531e4.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Weltevrede%20Aug%202014/IMG_0843_zps289b13b4.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Weltevrede%20Aug%202014/IMG_0916_zpsc4c4742f.jpg

Hierdie was loshande DIE vetste bok wat ek nog gesien het, sy het maklik 2.5-3cm vet op haar brisket gehad, sy was nou letterlik blink vet ;D

Jaco klim baie stadig uit die bakkie en kyk met so regte grin op sy bakkies na my en maak sy sin klaar ....die voorste bok was 'n bul....en my moed sak in my skoene. Ek was oortuig daarvan dit was daai simpel koei. Soos ons stop en afklim begin die onverskonings lui, dis 'n prag bul, nie die hoof bul nie (Hy staan uit soos 'n...) maar 'n prag bul. 'n Man moet mos weet en as 'n man wat weet se jy kan maar meet, dan kan 'n man mos maar meet. 36 en katspoeg duim, dit is 'n hengse geskenk uit die veld en weet ek nou nog nie hoe se mens dankie nie.

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Weltevrede%20Aug%202014/IMG_0883_zpsda62175b.jpg

En ja n Skuzuus kan 'n Eland vat >:+

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Weltevrede%20Aug%202014/IMG_0905_zpseb3b4738.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Weltevrede%20Aug%202014/IMG_0909_zpse5194470.jpg

Laat die middag neem Jakes (Nog n jag maat) 'n skoot op n mooi Gemsbok koei en sy maak vir die Suide. Die skoot was mooi raak maar die son het ons gewen. Ons kry haar toe die volgende oggend dou voor dag onder n bos so 500m van waar sy die skoot ontvang het, dit was laag en amper deur die brisket. Mens kan nie glo hulle is so taai nie en tiepies van Gemsbok was daar nie 'n druppel bloed te vinde nie.

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Weltevrede%20Aug%202014/IMG_0921_zps97f8848a.jpg

Thinus se hart was op 'n mooi Koedoe wat op dag twee na kilometers se loop begin lyk het na 'n Blouwildebees toe 'n Waterbok Koei en teen dag drie al sommer 'n Eland koei geword het. Soos dit mos werk met Koedoes word ons totaal omkant gevang met 'n mooi bul wat le en slaap binne 'n bos. Daars mos 'n ou gesegde wat lui dat 'n Koedoe vir jou gegee word. 'n Mooi kop skoot onder 30m was die ou man se rustige einde.

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Weltevrede%20Aug%202014/IMG_0947_zps34714816.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Weltevrede%20Aug%202014/IMG_0962_zpsf9f98606.jpg

Vir die manne wat al op Weltevrede was en die legendariese storie van ou Grootvoël ken was die eintlik 'n hartseer rondte. Soos ons hom mos maar ken het hy weer vir Jaco probeer wys wie is baas terwyl hulle by die bakkie gewag het en ons agter Waterbok aan was op die voet. Gerhard se dit het so vinnig gebeur en daai voël het gekom of hy gestuur was. Dit was 'n mooi skoot reg van voor en hy was dood voor hy die grond getref het. Ek voel eintlik nou skuldig dat ons nie die aand 'n oomblik van stilte vir die man gehad het nie, hy as n karakter op sy eie.

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Weltevrede%20Aug%202014/IMG_0956_zps4a47cc0c.jpg

O ja en ons het alweer geeet en geeet en geeet >:D

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Weltevrede%20Aug%202014/IMG_0929_zps05d7a128.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Weltevrede%20Aug%202014/IMG_0918_zpsaf588984.jpg

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Weltevrede%20Aug%202014/IMG_0965_zps2468f689.jpg

Die groep gaan van nou af 'n jaarlikse instelling daarvan maak om Weltevrede te wees na lekker paar dae in die veld

http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/Weltevrede%20Aug%202014/IMG_0896_zps04c870c4.jpg
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Douglas Weltevrede Jag 2014

Post by BRNO (Pierre) »

Hel dit lyk darrem asof dit wraggies n super fees van jag en eet en skiet en alles was. Marc, jy skryf n mooi verhaal. Dankie vir die deel!
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Douglas Weltevrede Jag 2014

Post by Marc »

Dankie Pierre, nou weet julle waar ek as die laaste twee weke, ek werk nogsteeds vleis ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Douglas Weltevrede Jag 2014

Post by BRNO (Pierre) »

Marc wrote:Dankie Pierre, nou weet julle waar ek as die laaste twee weke, ek werk nogsteeds vleis ;D
++>: ++>: ++>: Spit my broer, spit!!!
Veiligheid eerste manne!
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2342
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Douglas Weltevrede Jag 2014

Post by henried »

Goed gedoen, baie geluk, lyk te lekker.
Post Reply