Page 1 of 1
Manne het weer biekie gejag saam Abanakwe Hunting safaris
Posted: Mon Jun 30, 2014 8:37 am
by william007
Het die naweek n paar manne op die jag gevat weer eens die wind ons vrek gewaai en dit was baie koud
Die manne het n paar mooi ramme geskiet die gemiddelde gewig op die ramme was 22kg en die swaarste ram 24kg en die ooi bokke was 18 en 19kg wat baie goed is en die bokke was sommer spek vet
Hulle het maar ver skote gehad ,maar alles het baie goed af geloop
Hier is so paar fotos van die jag jammer dis sommer so van my foon af geneem
Re: Manne het weer biekie gejag saam Abanakwe Hunting safari
Posted: Mon Jun 30, 2014 8:38 am
by william007
soomer so foto van lekker vuurjie die aand
Re: Manne het weer biekie gejag saam Abanakwe Hunting safari
Posted: Mon Jun 30, 2014 9:05 am
by william007
Die manne het 8 bokke in totaal geskiet
Re: Manne het weer biekie gejag saam Abanakwe Hunting safari
Posted: Mon Jun 30, 2014 9:39 am
by win270
Goed gejag. Dis altyd moeilik as die wind sterk is en die arms bewe omdat dit so vrek koud is!! Ek hou ook van die idee om die pense net daar in die veld uit te haal en nie te wag totdat die bok by slagplek afgelaai word nie, al is dit minder as uur na die doodskoot.
Re: Manne het weer biekie gejag saam Abanakwe Hunting safari
Posted: Mon Jun 30, 2014 10:18 am
by william007
Ja nee Win dit is maar moeilik so met die wind maar die manne het goed gedoen
Ja ons haal maar die pens uit in die veld en sny die aar laat die bok skoon bloei ,en dit is net baie gemakliker by die slag plek.
Baie keer omdat die plaas so groot is en die slag plek ver is vat n mens betykeer lank want ons jag van die oggend tot die aand 6uur en dan hou ek nie daar van as die bok die hele tyd met sy pens hang hier by die bakkie nie.
Re: Manne het weer biekie gejag saam Abanakwe Hunting safari
Posted: Mon Jun 30, 2014 2:45 pm
by Roger
Knap gedaan!