Rooibok Ram

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
CarelG
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am

Rooibok Ram

Post by CarelG »

Hi manne,

Het bietjie die naweek gaan jag by Ellisras opsoek na Rooibokke. Soos dit partykeer maar gan sukkel ek toe twee en half dae voor ek n skoot op een kon kry en besluit toe om n ander strategie te probeer die Saterdag middag. Daar is n lang reguit pad wat in die middel van die plaas deur loop, en ek besluit toe ek gaan in die pad le en wag vir iets om verby te kom.....ek los toe die 30-06 in die kamp en vat my .243 saam omdat ek n langer skootjie verwag het ++>:

Dit was nie 10 minute nie toe wys die ram homself......rangefinder se 333 meter! Ek haal diep asem en le soos n wafferse sniper plat op my maag en bekyk die storie! Ek besluit toe dat n blad skoot dalk moeilikheid gaan wees omdat die .243tjie dalk die bok n entjie kan laat hardloop en die bos is vrek ryg......raait so oortuig ek myself om vir n kopskootjie te gaan en hier is die eind resultaat!

Het lanklaas so lekker gevoel toe die bok val en dit sal amptelik my langste skoot in die bosveld wees hierdie ;D
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by CarelG on Thu Feb 05, 2015 6:44 am, edited 2 times in total.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Rooibok Ram

Post by Frederik »

Altyd lekker as 'n plan mooi uitwerk.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Rooibok Ram

Post by Piet Pille »

Netjies geskiet Carel!!
Mooi ram daardie, maar daardie selfvoldane smile is die beste deel!
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Rooibok Ram

Post by win270 »

Netjies, Carel!! 'n Boer maak 'n plan!
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Rooibok Ram

Post by douw »

Goed gedoen! Lekker lang skoot ook!
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Rooibok Ram

Post by mariusr »

Daai smile se alles! Jy kan trots wees baie mooi ram!
Sarel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm

Re: Rooibok Ram

Post by Sarel »

Daai is 'n mooi ram. Geluk!

Opvallend daar in ellisras, by die limpopo rivier, is dat rooibok ramme met dik korter horings, groter lywe het, en meer uitslag, as die met langer, dunner horings. Ook die bosbokke wat donkerder is, meer lyf het wat die wat ligter in kleur is.
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Rooibok Ram

Post by theedge »

Mooi gemaak maat
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2589
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Rooibok Ram

Post by JohanvB »

Baie Mooi en veels geluk...ek en 'n pêl kom nou uit die jagveld uit...en ja...mens hoef nie altyd te stap en soek nie...as mens net gaan sit op 'n plek...met whatsap en bbm af...en jy lê en wag...gaan daai bok verby jou kom...
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Rooibok Ram

Post by Reggie Gerber »

Netjies man

Mooi foto en mooi geskiet
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Rooibok Ram

Post by Geno »

Netjies Carel! Mooi roer ook!
Goed, beter, 6millimeter!
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Rooibok Ram

Post by FCLoretz »

Baie Geluk Carel. Baie mooi gedoen.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Post Reply