Rooibok Ram
Posted: Tue Jul 08, 2014 5:57 pm
Hi manne,
Het bietjie die naweek gaan jag by Ellisras opsoek na Rooibokke. Soos dit partykeer maar gan sukkel ek toe twee en half dae voor ek n skoot op een kon kry en besluit toe om n ander strategie te probeer die Saterdag middag. Daar is n lang reguit pad wat in die middel van die plaas deur loop, en ek besluit toe ek gaan in die pad le en wag vir iets om verby te kom.....ek los toe die 30-06 in die kamp en vat my .243 saam omdat ek n langer skootjie verwag het
Dit was nie 10 minute nie toe wys die ram homself......rangefinder se 333 meter! Ek haal diep asem en le soos n wafferse sniper plat op my maag en bekyk die storie! Ek besluit toe dat n blad skoot dalk moeilikheid gaan wees omdat die .243tjie dalk die bok n entjie kan laat hardloop en die bos is vrek ryg......raait so oortuig ek myself om vir n kopskootjie te gaan en hier is die eind resultaat!
Het lanklaas so lekker gevoel toe die bok val en dit sal amptelik my langste skoot in die bosveld wees hierdie