Swartwildebees

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Swartwildebees

Post by HennieC »

Dag mense
Ek het Saterdag geleendheid gehad om 'n swb te piets.
Ek het 130gr Impala punte teen 2658f/s uit my 30something om mee te skiet.
Op die plaas aan gekom het ons die geweer gou getoets of die koele skiet waar hulle moet. Die wind was nogal sterk daar in die vlaktes
Toe ons met die bakkie in die kamp in ry toe word daar gesê vandag gaan moeilik wees, die swb begin al te draai en hardloop sodra hulle die bakkie gewaar.
Daar word toe besluit om my in die veld af telaai soos vir 'n voor sit jag.
Na 'n uur se plat lê en bokke keer met die bakkie word ek gehaal en geskuif na ander plek se voor sit of lê. Hier klim ek in 'n ystervark gat in die veld en wag.
Ek het vir so 20 minute gewag toe kom hardloop die beeste so op 250meter verby my sonder om te stop. Die bakkie moes hulle gaan haal by die gemsbok kamp en 'n uur later kom draf hulle tot by my se weg kruip plek en gaan staan en loer vir die bakkie.
Die een wat vir my 'n mooi skoot biet staan 200 meter en ek laat loop vir die blad. Die swb gee so snaakse sprong na agter en dis deur die bobeen. Oeps nou moet ons my kwesbok soek in die trop. So is dit op en af in die kampe agter die swb aan.
Ek word af gelaai by 'n punt om te wag as die bokke weer verby kom. Na so 30 min word ek gehaal en vertel my bok staan in die kamp se hoek.
Ons ry nader en ek sien dit lyk nie soos die swb wat ek na geskiet het nie maar die mense sê daar is bloed op die been ek sê nee en hulle sê dit is. Skiet hom jy sal sien toe moet ek skiet. Afstand meet 360 meter, op die afstand het die wind nie mooi gemaak nie en die skoot is deur die pens. Daar gaan die swb handbriek kabel mors af. Na 'n lang gesukkel kom ons naby genoeg en ek kry kans op 330 meter en skiet die swb. Toe ons die bok bekyk toe wys ek die manne dis nie my swb nie die bloed wat hulle gesien het is op die onder been van 'n draad krap merk maar nou is my kwes bok nog in die trop.
Hier is die foto van my met die verkeerde bok.

http://i1305.photobucket.com/albums/s554/henniec/utf-8BSU1HLTIwMTQwNzI2LTAwNDgzLmpwZw_zps188b2c9e.jpg

Ons het die swb gaan af laai vir slag en toe my maat se 338 gekry. Die beeste wou nie onder 400 meter meer stilstaan nie.
Gelukkig het ons my kwesbok gekry en is hy met die 338 op 'n baie lang afstand met 'n kopskoot plat getrek.

Hier is 'n foto waar die swb so 800 meter van ons af hardloop in die vlaktes.
http://i1305.photobucket.com/albums/s554/henniec/utf-8BSU1HLTIwMTQwNzI2LTAwNTAyLmpwZw_zpsd3d6e763.jpg

My maat wat 'n baie goeie mens is en 'n hart van goud het, het vir my gesê om nie te betaal vir die verkeurde bok nie dit was hy wat die "call" gemaak het. Ek het maar baie verlee gevoel oor dit om rede dit nog steeds ek was wat die skiet werk gedoen het.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Swartwildebees

Post by Christo »

Ek deel jou gevoel Hennie. Die vakansie 'n Eland geskiet en die guide "call" toe 'n kwesskoot. Die plek waar ons gestaan het en waar die bokke gestaan het het 'n baie klein venster gehad om dear te kyk. Hy het 'n koei gewys waar 2 bokke staan en gesê ek moet die regterkant se een skiet. Uit my sigveld was ook 2 bokke en ek skiet toe die regterkantste bok.

Lang storie kort maak toe ons by die kwesbok kom wat ek so 15 sekondes na eerste skoot doodgekry het is ddar nie nog 'n skoot in die koei nie. Na gestry is ons toe terug na die eerste posisie en daar lê nog 'n Eland, jongerige BUL, met ander prys as koeie en kleiner size.

My hart was nie lekker daaroor maar ek het die skoot geskiet en staan pa daarvoor.

Ons wou 2 koeie skiet, ek het net my ander seun sy geleentheid ontneem oor die voorvalletjie.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Swartwildebees

Post by grumpy »

Lekker storie. Dink die wind was te sterk vir daai punt gewees om die regte plek te tref. Ek dink jy het n 375 Ruger nodig!! ;)
User avatar
gillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 957
Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am

Re: Swartwildebees

Post by gillie »

Darem het jy hom gekry Hennie. Geluk

Laat my dink aan die verkeerde kameelperd wat uitgewys is as die gekwesde een. Nodeloos om te sê, die ouens was nie dik van die lag om TWEE kameelperde te moet slag nie
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: Swartwildebees

Post by HennieC »

Jis Gillie nou voel ek nie meer so sleg nie kameelperd is baie meer werk en dan praat mens nie eers van die prys nie :):
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Swartwildebees

Post by NicoSmit »

Baie mooi bok daai jammer oor die misverstant dit vat so bietjie van die lekker weg
Post Reply