nog so jag naweek gehad AHS

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
william007
Hero Member
Hero Member
Posts: 775
Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm

nog so jag naweek gehad AHS

Post by william007 »

Goeie more
deel net weer n lekker jag wat ek gehad het met n pa en sy 2 seuns hier op die naweek.
Ek het hulle vrydag op die skiet baan gehad en hulle laat voel hoe die gewere skiet ,die jong manne het nog nie geskiet nie en het nog nie gejag nie.

Hulle het toe sommer goed gedoen daar op die baan en ons is toe plaas toe.N mens kon sommer sien die jong manne was baie opgewonde.
Vrydag aand lekker vuur gemaak en jag stories gepraat om die vuur en ook so die manne vertel van skoot plasing omdat dit hulle eerste is.

Ons is saterdag oggend 7uur veld toe waar dit toe lekker koel is met 9 grade en gedink die dag gaan die weer mooi saam speel maar het toe later uit gevind dit gaan toe nie so wees nie ,die middag toe draai die kook op 42 grade

Maar die jag het aan gegaan en die vleis gou in die koelkammer gekry.

Die manne het sommer heel goed gedoen 1 skoot dood skoot
johan het sommer op sy eerste Blesbok n trofee ook geskiet met 17 duim horings.

Het die manne baie geniet en dis lekker om die jong span in die veld te sien.
Nog n paar opkomende jagters.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
william007
Hero Member
Hero Member
Posts: 775
Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm

Re: nog so jag naweek gehad AHS

Post by william007 »

Hier is Johan met sy trofee bok.
En Pa Chris het toe ook besluit op n springbok te skiet.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: nog so jag naweek gehad AHS

Post by Boesman10 »

Dit is nou netjies man. @William - ek sien jy is in die Vredendal area. Was hierdie jag daar rond? Lyk bietjie meer na die Karoo se wereld. Het jy 'n jagplaas en kan jy pryse deel?
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
User avatar
william007
Hero Member
Hero Member
Posts: 775
Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm

Re: nog so jag naweek gehad AHS

Post by william007 »

Baie dankie Boesman ,dit was daar in calvinia se wereld dis so 180km van vredendal af.
Ons het n plaas op vredendal(skoon pa) maar dis maar hoofsaklik trofee diere ,daar word van tyd tot tyd daar gewonne bokke geskiet (nie trofee nie) maar nie baie nie.

Die plaas op calvinia het ek vol konsesie ja en doen al die wild daar.
Daar is so iets van alles springbok ,swartspringbok,blesbok,gemsbok,blouwildebees,swartwildebees,rooihartbees,kameelperd,wilde varke,sebras ens.

Ons gaan Jan 2015 die nuwe pryse uit sit.
ons is tans vol bespreek vir die jaar.

Ek sal Jan die pryse beskikbaar stel en dan kan julle kyk daarna as julle belangstel.Ons begin met die jagte so van April maand af (as dit gereen het)

Maar ek hou op hoogte.
User avatar
ThinusD
Full Member
Full Member
Posts: 167
Joined: Fri Aug 01, 2014 2:27 pm

Re: nog so jag naweek gehad AHS

Post by ThinusD »

Jis baie geluk op n suksesvolle jag en met die manne se eerste Jagtog wat goed af geloop het. dis mos hoe dit gedoen word! ;D Dis een mooi Blesbok ram daai. As ek mag vra, hoeveel het hy uit geslag?

Ek hoor stories dat n paar manne al Blesbokke gesien hier by 60Kg draai. Ek soek nog so n Oubaas.
Weereens geluk!
Groete
Thinus Diedericks
308 MUSGRAVE, .270WIN IRIS


[i]"We would accomplish many more things if we did not think of them as Impossible"[/i]
User avatar
william007
Hero Member
Hero Member
Posts: 775
Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm

Re: nog so jag naweek gehad AHS

Post by william007 »

Baie dankie Thinus ons het hom nou so 2 dae later geweeg,toe weeg hy 43kg en die ander een het 39kg.
ja kyk ek het al gehoor van 50kg maar 60kg dis baie swaar het nog nie so bok geskiet nie ,sal glad nie om gee vir so een nie.

Ja daai een Blesbok is n baie mooi trofee 17 duim horings.
Post Reply