nog so jag naweek gehad AHS
Posted: Mon Oct 20, 2014 9:10 am
Goeie more
deel net weer n lekker jag wat ek gehad het met n pa en sy 2 seuns hier op die naweek.
Ek het hulle vrydag op die skiet baan gehad en hulle laat voel hoe die gewere skiet ,die jong manne het nog nie geskiet nie en het nog nie gejag nie.
Hulle het toe sommer goed gedoen daar op die baan en ons is toe plaas toe.N mens kon sommer sien die jong manne was baie opgewonde.
Vrydag aand lekker vuur gemaak en jag stories gepraat om die vuur en ook so die manne vertel van skoot plasing omdat dit hulle eerste is.
Ons is saterdag oggend 7uur veld toe waar dit toe lekker koel is met 9 grade en gedink die dag gaan die weer mooi saam speel maar het toe later uit gevind dit gaan toe nie so wees nie ,die middag toe draai die kook op 42 grade
Maar die jag het aan gegaan en die vleis gou in die koelkammer gekry.
Die manne het sommer heel goed gedoen 1 skoot dood skoot
johan het sommer op sy eerste Blesbok n trofee ook geskiet met 17 duim horings.
Het die manne baie geniet en dis lekker om die jong span in die veld te sien.
Nog n paar opkomende jagters.