Skietbaan regulasies/wetgewing

Post Reply
User avatar
Ferdi Bam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 357
Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am

Skietbaan regulasies/wetgewing

Post by Ferdi Bam »

Hallo Almal,

Ek het inligting nodig mbt die plasing van motorbande op n bestaande skietbaan as n addisionele veiligheidsbuffer. Ons het n groot hoeveelheid bande waarmee ons n addisionele pistoolbaan wil bou. Die bande sal dan ook met grond gevul word. Is dit wettig en waar kan ek inligting hieromtrent kry.

My rede is dat ons nou ons jaarlikse sertifisering van die baan deur die SABS moet doen en daar het n persoon na vore getree wat beweer dat dit onwettig is om deesdae bande op skietbane te gebruik.

Groete

Ferdi Bam
Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Skietbaan regulasies/wetgewing

Post by PWV »

Ferdi
Durbanville Skietklub het begin Januarie 'n nuwe skietbaan in gebruik geneem. Baie buitebande is gebruik.
Jy kan vir Jackie Crafford skakel. Hy sal vir jou die besonderhede van die ingenieur kan laat kry wat betrokke was by die bou van die baan.
Jackie se nommer is: 084 368 3555 en e-pos is: cape@bushill.co.za
Groetnis
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Skietbaan regulasies/wetgewing

Post by Boesman10 »

Ja die nuwe Durbanville baan het sommer etlike 100de bande en dit is op geweer baan, nie die handwapen baan nie. Het nog nie daar geskiet nie maar het wel gewonder of mens enige bouncers gaan kry.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
Adrian
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Mon Nov 18, 2013 8:06 am

Re: Skietbaan regulasies/wetgewing

Post by Adrian »

Ferdi al die bane op my skietbaan het bande as kant mure en hou mure.

Het nog nooit n probleem met NRCS gehad nie.
Bite Hard, Run Fast
Post Reply