Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Britsman,
Dis n 9,3x62 op n DWM Mauser aksie en n Vector loop. Die scope het ek laas week opgesit om te kyk hoe hy sal werk op die geweer. Dis n Burris 4-14x42 Fullfield II met Balistic Plex reticle.
Jannie
Daai stoel het my sake gewerk asook my vingers, en so ook die slaai dieet... Toe ek nie meer my arms en hande kon oplig om by die keybord uit te kom nie, het my vrou besef dis tyd dat sy my begin vleis voer. Nou ja hier sit ek weer my ou self saam julle klomp perre.
Net 'n aanmerking op die stoel. Ek bou hom nie net prakties nie, maar hy is sag op die oog ook. As ek my bakkie in die veld stop met die stoel agter op gaan die jakkalse oor hul voete val soos hulle nader hardloop om naa die aantreklike kontrapsie te kyk. Dan klop ek hulle sommer so op kort afstand. Skakel die gesukkel met roep apperaat en ander kontrapsies uit... Dis 'n kwessie van klim op en begin skiet.
Ek moet hom nog net toets...maar volgens my ingewikkelde wiskundige berekeninge behoort hy te werk.
Freek
daai klink mos na besigheid.
Jy gaan seker n heatertjie vir die sitvlak en n koffie masjien ook inbou, dit kan mos koud word agter op die trok.
Nou dat ek daaraan dink, die blesbokke gaan mos ook van daai stoel kan hou soos jy hom beskryf.
Ja gee kans, die foto's is oppad. Ek kan nie die girl afneem sonder kle(u)re nie, dis mos on bedaagsaam . Binnekort ou maat, binnekort is die foto reeks hier op hierdie einste site...
Vertel my gou, dink jy ek kan so 'n stoel vir julle boog skieters patenteer? Ek maak net 'n klein veranderinkie op die rifle rest sodat hy 'n boog kan vat. Kan mos goed werk vir daai lang afstand skote wat julle so gereeld skiet...