Page 1 of 1
Jakkalsjagter = Veediefstal
Posted: Mon May 30, 2011 2:59 pm
by 222
Nie 'n lekker onderwerp nie maar ek glo dat mens dit maar moet deurgee. So loop die storie:
Staan Saterdag by die rugby (skole) en gesels met paar manne. Soos dit maar gaan skaap, lammery, vrektes agv koue en ondier.
Jong s? een man ek sal jou kontak en dan moet jy asseblief kom help, wat vra jy? Gee hom al die besonderhede.
"Geen blerrie Jakkalsjagter kom weer op my plaas nie bulder een man."
Kom dit toe uit dat daar 'n man is wat van een of ander rigting kom en elke keer as hy by die boere geskiet het is daar binne die volgende week of 2 paar skaap wat weg is. Polisieman beaam dit, kon nou al 'n defenitiewe patroon plot met die man se jagtery en skaapwegraak. Een man s? toe dat die man niks vra nie en hoekom sal hy dan iets vra as hy paar skaap verniet kan kry? Probleem is dat daar GEEN bewys teen die persoon is nie.
Ek dink dat hier nou meer skade gemaak word as enige iets anders. Die manne wil nie name genoem het nie.
Groete
Re: Jakkalsjagter = Veediefstal
Posted: Mon May 30, 2011 3:04 pm
by BLOK
Sssssss
Hier kom n leleke debat.
Re: Jakkalsjagter = Veediefstal
Posted: Mon May 30, 2011 3:07 pm
by Beretta
Re: Jakkalsjagter = Veediefstal
Posted: Mon May 30, 2011 3:07 pm
by 222
BLOK wrote:
Sssssss
Hier kom n leleke debat.
Het dit nie so bedoel nie, SORRY

Re: Jakkalsjagter = Veediefstal
Posted: Mon May 30, 2011 3:12 pm
by BLOK
Kripel twe!
Nee niks leliks nie, dis reg van jou om dit onder die manne se aandag te bring, die sonnebok moet verwyder word want baie manne doen jakjag vir n lewe en dis donners soos daai wat die hele bedryf n slegte naam gee. Voor ons ons oe uitvee begin dit op jagplase ook en dan is al wat n plaasboer is sommer moeilik.
Blok
Re: Jakkalsjagter = Veediefstal
Posted: Mon May 30, 2011 3:14 pm
by Jagtersdok
Ek stem en ek doen nie eers die jak jag ding nie.
Maar dis soos enige deel van die lewe, daar is altyd vrot appel of twee, die appels moet maar net ontslae van geraak word
Re: Jakkalsjagter = Veediefstal
Posted: Mon May 30, 2011 3:35 pm
by Louis102
222
Die jagter, as dit waar is, se tjank moet mos vasgetrap word, hoe dan?
Die boer klink my ook egter maar aan die slapgat kant. Ek weet nie hoe 'n jagter sonder dat jy by is, op jou grond toegelaat word, terwyl sulke belangrike werk gedoen word nie.
"'n Huurling is geen herder nie" - Johannes 10 vers 12
Louis
Re: Jakkalsjagter = Veediefstal
Posted: Mon May 30, 2011 3:40 pm
by baboonstalker
Die ou jakkals!
Die antwoord is vir my net so duidelik soos die man se patroon!
Re: Jakkalsjagter = Veediefstal
Posted: Mon May 30, 2011 3:51 pm
by 222
Louis102 wrote:
222
Die jagter, as dit waar is, se tjank moet mos vasgetrap word, hoe dan?
Die boer klink my ook egter maar aan die slapgat kant. Ek weet nie hoe 'n jagter sonder dat jy by is, op jou grond toegelaat word, terwyl sulke belangrike werk gedoen word nie.
"'n Huurling is geen herder nie" - Johannes 10 vers 12
Louis
1) Stem saam - ek gaan verseker my bes probeer om uit te vind wie die man is.
2) Het hom dit laat verstaan ook (dat hy slapgat is). Het hom ges? dat ek WEIER om op enige plek op 'n boer se plaas te skiet sonder dat hy by is behalwe by my buurman.
3) Het die boer ook ges? dat hy maar eerder bietjie verwysings moet kry alvorens hy dit weer doen, waarop hy my vra waar doen hy navraag en as hy pyne het by wie kla hy? Ek gee hom toe my nommer en s? hy kan my maar pla ek sal dit deurgee en die skuldige(s) sal verseker vasgevat word.
Mooi loop
Gerrie
Re: Jakkalsjagter = Veediefstal
Posted: Mon May 30, 2011 4:02 pm
by Boertjie
Ek jag op verskillende boere se plase,en as hy nie iemand saamstuur of self saamgaan nie,gaan ek nie in sy veld in nie.Want kort voor lank hoor jy dat wild of iets geskiet het.As jy een keer so n naam het hou jy hom.
Jy vat nie iemand saam om die boer te beskerm nie,maar jouself.
Ek vra ook altyd vir iemand wat kan bestuur,want dan sit ek self agter op om te lig.n PLaaswerker of die boer weet nie hoe n jakkals oog in die aand lyk nie.
Boertjie
Re: Jakkalsjagter = Veediefstal
Posted: Mon May 30, 2011 5:28 pm
by tafjak
Gerrie
Waar in die land(provinsie en distrik) het dit gebeur. Ek hoop nie dit is in die weskaap en naby Albertinia nie.
Mooiloop
Re: Jakkalsjagter = Veediefstal
Posted: Mon May 30, 2011 5:43 pm
by 222
Taffie
Nee is hier in my w?reld rond. EK sal jou PM
Re: Jakkalsjagter = Veediefstal
Posted: Tue May 31, 2011 4:26 pm
by BOKRAM
Kan seker nie vir algemeen nie.................maar baie van daai ouens sit sondag in die voorste bankie

Re: Jakkalsjagter = Veediefstal
Posted: Tue May 31, 2011 4:31 pm
by Ambessa
Hallo almal
Eisjh...
...klink baie soos jakkalsstreke...
Ambessa